my random blog . .. . ...

. . . iewers tussen drome en herinneringe gebeur vandag . . .

God comes to us disguised as our life -Paula D'Arcy


15/11/2017

my confession vandag in Beeld:

John (skuilnaam) het al baie irritasies by my wakker gemaak. Hy lyk altyd of ander swaar ding op hom druk. Ek het al dikwels as ek hom sien gevoel, ek wens die ou wil net homself regruk.
     Nou die dag vertel my sy storie.
     Hy is iewers op die platteland in Mosambiek gebore. Waar weet hy tot vandag toe nie. John was nie in 'n skool nie, want hy moes op die landerye werk. Sy pa het erg gedrink en dan geweldadig geraak. Op 'n dag, toe John agt jaar oud was, het sy pa hom in die gesig gekap met 'n panga. Die bure was ontsteld en het sy broer gekontak wat in Suid-Afrika werk.
     Die broer het hom oor die kind ontferm en hom hom in Mosambiek gaan haal om by hom te woon. Waar weet hy nie, want sê John, hy was net 'n kind en kon nie eens lees nie, en hy was net 'n dag by hulle.
     Daar was 'n fiets by sy broer se huis en hy het 'n ent gaan ry. Binne 'n uur het hy heeltemal verdwaal. John sê hy het verbouereerd geraak toe dit donker word. Later gaan sit hy moedeloos op 'n sypaadjie.
     Eers laat die aand kom 'n man en 'n vrou op die huilende kind af. Hulle probeer met hom praat, maar hy verstaan hulle nie en hulle verstaan hom nie. Die probleem was dat John geen Suid-Afrikaanse taal kon praat nie. Hy sê hy kon nie eers Portugees soos meeste Mosambiekers praat nie want hy was nooit op skool nie.
      Die mense het hom na die polisiestasie geneem. Die soektog na sy broer het niks opgelewer nie. Hy kon slegs die name van sy pa, ma en broer as inligting gee, geen adres, geen woonbuurt, geen telefoonnommer.
     Die welsynsdienste het betrokke geraak. Hy is na 'n skuiling vir straatkinders. Twee jaar later is hy na 'n plek van veiligheid waar hy vir die eerste keer skool toe is.
     Teen die tyd was hy egter ver agter die ander kinders. Hy moes vir die eerste keer leer lees en skryf.
     Daar was min van sy selfbeeld oor. Al wat hy oor homself geweet het was dat sy eie pa hom wou doodmaak, dat hy in 'n vreemde land is en dat hy nêrens inpas nie. Geen kinderhuis wou hom hê nie, want op daardie stadium was hy te oud. Toe hy agtien word moes hy uit die plek van veiligheid.
     Vandag is John twintig. Suid-Afrika maak dit nie vir hom maklik om hier te bly nie en hy het geen paspoort nie. Hulle sou hom kon deporteer terug Mosambiek toe, maar hy het geen kontak met enige familie daar nie en weet die eens wat die naam van sy geboortedorp is nie. Hy doen los werkies en lees boeke om sy leesspoed te bevorder.
     Terwyl ander mense van sy ouderdom droom van universiteitsgrade, huise, motors en gesinne van hulle eie is sy droom om eendag matriek te skryf, 'n paspoort te hê en 'n vaste werk.
     Dis maklik om iemand soos John te oordeel as jy verby hom ry, maar laat die een wat sy eie ouers gekies het, die een wat self die tyd en plek van sy geboorte bepaal het, die eerste klip gooi.
JacoStrydom/Rubriek/Beeld/Netwerk24/15/11/2017


05/11/2017
this world is more real than I ever imagined




01/11/2015
Ons het daai aand sommer buite op die dek langs die rivier geslaap. 'n Ster het verskiet, soos nog nooit tevore nie. Hy het stadige streep deur die swart lug getrek, amper van horison tot horison. Mathilda en Katinka het dit ook gesien.
   Die volgende oggend was alles anders.
   In Frankfort het ’n jong boer 'n swart vrou in 'n kar voor my gegroet, maar toe ék probeer groet, kyk hy vinnig weg. Seker 'n honderd meter verder staan dieselfde ou weer, die keer aan die anderkant van die pad - en hy lyk 'n paar jaar ouer. (ek het nie weer probeer groet nie)
   Op pad huis toe, tussen Villiers en Heidelberg, was daar oral buitengewoon groot dwarrelwinde op droë mielielande.
   Naby Johannesburg het ek die R21 Pretoria toe gevat. 'n Ent duskant die lughawe was 'n enorme rookkolom wat tot teen die wolke opstyg.
   “Kyk, dit lyk soos mense,” het Katinka gesê en met haar vinger gewys na twee figure wat naby rookkolom sweef. Eers toe ons nader kom sien ons dis twee swart engele - seker Afrika engele.
   Die volgende oggend vroeg moes ek en die kinders weer lughawe toe ry, die keer om Marina te gaan haal. Die lug was blou en vol kleinerige wolke met lang punte na onder, soos tregters. Het gelyk asof hulle besig was om die aarde toe te val.
   Marina was vir 'n paar dae in Londen. Sy kon nie uitgepraat raak oor haar ervarings daar nie. Toe ek en die kinders die wolke vir haar uitwys, het sy dit nie vreemd gevind nie en net aanhou praat oor haar wonderlike reis en die mooi musiek wat hulle Londen gehoor het.
(Dinge is blykbaar nog heel normaal in Londen)




21/09/2010

noudiedag in Indië . . .


. . . het 'n droom gehad oor een van daai vrolike Indiese kinders op die strate van Varanasi. 
     Sy het uit 'n donker vuil stegie verskyn - soos ʼn engel - nader gestap en vreemd na my gekyk. Iets het haar duidelik ontstel.
     Eers toe sy naby genoeg was kon ek sien dat sy MY jammer kry. Sy wou huil. Haar oë het gehuiwer. Dit het gelyk asof sy iets wou sê. 

     Die kind wou my help - besef ek -  maar weet duidelik nie waar om te begin nie.    
     Dit was asof sy geweet het ek sou nooit gelukkig wees sonder 'n klomp materiële goed nie; haar eenvoudige blydskap, in daai vuil stegie, was onmoontlik vir iemand soos ek.
     Toe glimlag sy maar net vriendelik vir my - en ek glimlag terug, in 'n swak poging om my verleentheid weg te steek . . .




  21/06/2017
the problem was not that the slaves wanted to be free,
but that they dreamed of being slave masters themselves . .  

. . . one of the great challenges in life is to resist evil without becoming evil . . .


 
we so often become what we hate . . .





23/03/2014
jou linkerhand mag nie tweet wat jou regterhand doen nie





01/06/2017
Van die kritiek wat ek soms kry is die vraag waarom ek instem om te skryf vir publikasies wat staan vir dinge waarmee ek hoegenaamd nie saamstem nie, wie se teologie en politieke siening byvoorbeeld van myne verskil? (ek is tans rubriekskrywer vir Beeld, Maroela Media, Finesse . . het ook al vir Kerkbode en allerhande ander tydskrifte, koerante en goetertjies . . )
   My antwoord is dat as ons net gaan praat met dié mense met wie ons saamstem, daar te min gepraat gaan word in hierdie land.
   Ek sal vir die Nazi-omsendbrief skryf as hulle my 'n kans sou gee en nie aan my inhoud karring nie! 

   Dis juis nodig om met rassiste oor rassisme te praat, met materialiste oor materialisme, met homofobe oor homofobie, met seksiste oor seksisme - met kerkmense oor wat van die kerk geword het.
   Die alternatief is om net altyd in ons eie “sogenaamde onskuldige” groepies met mekaar te praat oor die mense van wie ons so vreeslik verskil - te skinder eerder as om in gesprek te tree.




10/11/2017
(ek het ook al en ek sal weer . . . )

dis reg, betoog teen die 70+ plaasmoorde die jaar
die 19 000+ ander moorde
teen Zuma en korrupsie en Xenophobia en onmoontlike universiteitskostes en teen geweld-teen-vroue-en-kinders . . .
en dan, as jy die volgende dag terug is by die huis of werk, wees 'n freaken vredemaker


 


20/04/2016
'n Christenman het vanoggend verby 'n vrou met 'n baba kerk toe gery en hulle nie opgelaai nie.
     Dit het hom nie gepla dat hy alleen was in sy dubbelkajuit bakkie, of dat sy arm was, of dat sy 'n baba by haar gehad het, of dat sy meer as 7km dorp toe moes stap, of dat dit warm was, of dat hy 'n Christen is nie . . . 

     Hy is gewoond hieraan - die vrou met die kind ook.





20/12/2015
dis belangriker om lief te hê as om belangrik te wees



07/03/2015
i thank thee, o lord, for small creatures like katinka, mathilda and nthando, the only ones to keep me sane - on days like these




my terapeut kom lê by my
vra of ek haar ʼn storie sal vertel
sure, sê ek
vertel haar ʼn droom,
die verskil tussen feëtjies en engele en voëltjies
- en ʼn wese sonder ʼn naam -
sy's beïndruk
vra nog vrae
raak aan die slaap



 21/03/2012

Die ware verhaal van 'n ou wat eintlik heel normaal gelyk het: 

Na die aanddiens sê 'n ou wil my sien.
   In die konsistorie, omring deur die swart en wit fotos van vroom dominees wat toekyk, vertel hy my sy getuienis (dit nadat ek hom gevra het of hy dwelms gebruik, ten spyte van die feit dat hy baie ordentlik voorgekom het).

  Hy vertel hoe hy jare gelede op die plaas iets gesnuif het - sy pa het hom baie omgekrap oor iets en hy wou glo net 'n bietjie wegkom. Hy kry toe die vreemdste gevoel, sê hy, en gaan lê met uitgestrekte arms op sy rug onder 'n boom. Die volgende oomblik sien hy God wat bo hom staan, afbuk en hy hoor 'n diep stem uit die hemel wat sê: "Stop jou kak"
   Hy sê hy het hom daardie dag nugter geskrik en sal nooit weer aan dwelms raak nie.
   "Van toe af stap ek 'n nuwe pad saam met die Here," was sy presiese woorde. Later het hy wel erg begin drink.




23/05/2014
always, either a longing or an expectation . . . 
 
I know I must live in the moment . . . but I'm not so sure my "now" is in the present, it always feels a bit in the past, sometimes even in the future - except for a very few silent exceptions (maybe that's why we need more silence?)


. . . . . . . . . .

Dalk moet ons heeltemal ophou “nooit” en “altyd” sê. Moet ons nooit weer sê “dinge werk altyd sis of so” nie. Moet ons eerder altyd erken dinge kan verander. Dalk moet ons aanleer om sekerhede altyd met 'n “never say never,” in ons gedagtes vas te hou (en nooit tot 'n finale slotsom kom oor enige iets ooit nie) . . .
    Of dalk is hierdie hele dekonstruksie-idee net  nog
'n pot snot? 
    Relativisme, 'n stupid spelletjie wat heeltyd haar eie reëls breek?
    Dalk moet ons (byvoorbeeld) onthou dat party goed net een keer in die geskiedenis gebeur en nooit weer nie.
    Dalk is daar eerder sekerheid EN onsekerheid, ewigheid EN tydelikheid . . . dalk is dit beter om te erken dat dit óns koppe is wat bietjie klein is en dat ons verskriklik baie foute maak. As om tot die slotsom te kom dat die een ALTYD die ander relativeer.
    As dit waar was, was daar nou niks - en hier sit ek dan en tik op my rekenaar!?

nag imaginary friends 



 27/01/2017
'n Ou wat kommentaar lewer onder aan my Beeld rubriek vra of Netwerk24 nie dalk 'n beter foto van my wil oorweeg nie.
  "Ja," skryf 'n ander ou, "hy lyk soos 'n tipiese slordige liberaal"
  "'n Stinkende takhaar pseudo ‘denker’," skryf nog een.
  "Wat van 'n netjieser foto?" vra 'n Pieter.
  "Ek dink nie die fout is by die die fotograaf nie," sê 'n Riaan (en ek like dadelik sy comment).

Deesdae gebruik hulle 'n stokou “mooier” foto van lank gelede (wat minder soos ek lyk) - sodat die lesers weer kan fokus




 21/08/2017
let your community be your testimony




16/08/2017
War: first, one hopes to win; then one expects the enemy to lose; 
then, one is satisfied that he too is suffering; in the end, one is surprised that everyone has lost.
- Karl Kraus



10/10/2017





08/08/2017
America should not fear North Korea, America should fear America 



04/07/2010
In Katmandu het ek jare gelede ʼn dikwielfiets gehuur om na die Chinese ambassade te gaan soek. Langs die pad het daar ʼn man gelê en kreun, toegedraai in plastieksakke swart gevlek deur ou bloed. Ek het hom innig jammer gekry en vir hom ʼn Coke gekoop. Hy was vies, want die Coke was warm. Toe vererg ek my, klimp terug op die fiets en ry weg.
    Die volgende dag hoor ek by die vrou van die koeldrankstalletjie dat iemand hom na ʼn hindoetempel geneem het om daar te sterf. Later droom ek, ek kom in die hemel en Jesus sê vir my: “Thanx vir al jou moeite! Thanx vir die warm Coke…”.




12/06/2017
Op 'n plattelandse dorpie vertel die eienaar van 'n koffiewinkel my dat 'n belangrike man van 'n politieke party daar uithang. Sy wil my só graag voorstel.
   'n Groot man in kakieklere kom nader. Teen die kant van sy kortbroek hang 'n pistool.
   “Skielik voel ek veiliger!” maak ek 'n grappie toe ons groet. Ek nooi hom om te sit.
   In die vorige verkiesing het hy meer as 'n duisend stemme gekry, sê hy.
   Jo, sê ek.
   Hy vertel van al die moeilikheid wat die mense op die dorp en die plase moet verduur. Daai ander lot maak dit nie vir 'n ou maklik nie, sê hy.
   Ek vra wat hy doen as hy nie politieke vergaderings bywoon nie.
   Hy sê hy het 'n mini-loan besigheid. Amper al sy kliënte is swart en sy besigheid doen deesdae eintlik besonder goed!
   Sjo, sê ek.
   Ons praat oor die kerk - hy het by die eienaar gehoor ek is 'n tipe kerkman.
   By húlle kerk neem hulle nog alles wat die Bybel sê letterlik op, sê die politieke man en maak sy oë groot.
   O, sê ek, soos daai versie wat sê verkoop jou goed en gee die geld vir die armes, of die een wat sê wees lief vir jou vyande?
   Hy lyk nie happy nie. Ons praat oor ander goed.
   Ek kan nou nie gedagtes lees nie maar ek dink wat hy eintlik bedoel het is die versie wat sê “die Here is my herder” en dalk die een in Levitikus (19:27/28) wat sê mens mag nie tatoeëermerke hê of jou wangbaard en die hare voor jou ore skeer nie? (Eintlik net die een deel, help ek myself reg, want hy sny duidelik sy sidies en sy wange is skoon geskeer)
   Hy was 'n vriendelike man - al leef ons nie op dieselfde planeet nie. Al wat ons waarskynlik in gemeen het is dat ons albei Afrikaans is.
   Dit help nie ons wil net met mense praat met wie ons saamstem nie, nie in hierdie land met al haar diversiteit nie.

(My rubriek vanoggend in Maroela Media)





12/09/2017

ek lê en hulle lees . . . (wat word van die grootmense in hierdie land?)


09/06/2017

“My Life is My Message” 
Mahatma Gandhi


27/11/2011
Met die indraai by ons erf, sien ek nie die drie knielende skadu's nie. Eers toe ek uitklim verskyn hulle skielik voor my. Ek skrik nie so groot soos ek moet nie - het die Ipod se oorfone in, Metallica. Toe die eerste een dreigend nader storm, voel ek skielik baie sterk. Met die musiek in my ore verbeel ek my ek is in riller - hulle is die victims en ek die villain. Ek kon glad nie hoor wat hulle vir mekaar sê of vir my skree nie, al wat ek kon hoor was: “Nothing else matters.”  In die koue wind kon ek die teerpad ruik - en iets soos Kentucky - en daar was hierdie vreemde lam gevoel in my rug net onder my nek. Ek het amper vergeet om asem te haal. Toe ek weer sien hang die drie skadu's oor die vurkieheining. Alles doodstil. Toe begin La Grange van ZZ Top. Ek het op my sy gedraai en gehoop ek sou alles die volgende oggend onthou.

. . . ek het laat geslaap, toe gaan fliek, toe is ek apteek toe vir medisyne vir my rug, toe polisieselle toe om twee van ons seuns te gaan besoek wat gisteraand toegesluit is vir "dronk op straat", toe meisieshuis toe om uit te vind wat regtig gebeur het, toe terug huis toe, toe eet ons snaakse goed wat amper soos pannekoeke lyk waaroor Katinka baie opgewonde was, toe is Marina hier weg om mense te gaan trou, toe lê ek op die bed en luister na die grassnyers van Afrikaners wat suffer onder die ANC regering, toe wonder ek weer oor die mense in die Hector Peterson plakkerskamp en die dogtertjie in Calcutta en my vrou se kollegas en mense soos Gerrit Cloete en Kobus Gerber, toe sukkel ek om te slaap, toe probeer ek Somer II lees - en toe het ek gewonder of Jesus ons dalk ook wil verlos van die kerk . . .




14/06/2017
call me crazy - and I'll call you a good observer





 16/05/2016
“When suddenly you seem to lose all you thought you had gained, do not despair. You must expect setbacks and regressions. Don't say to yourself "All is lost. I have to start all over again." This is not true. What you have gained you have gained....When you return to the the road, you return to the place where you left it, not to where you started.”
― Henri J.M. Nouwen 




10/10/2015
"Wanneer 'n bul vier tôties het is daardie bul 'n koei en nie 'n bul nie . ." aan my dogtertjies en hulle maatjie na ek die "bul" ontmoet het wat hulle glo vroeër die dag gejaag het.

22/9/2017
I hate it 
when people I love 
want me to hate 
people they hate . .



12/02/2014

kom ons reël 'n braai dan moan ons bietjie oor
hoe swaar ons kry hier in die nuwe SA



 12/01/2017

jy sê jy glo nie in God
maar het jy die vlieg gesien
die spinnekop
die kokkerot?

Jy sê jy glo nie in die kerk
maar het jy die toring gesien
- met die hoeder op -
die konsistorie
die finansiële klerk? 





19/10/2016
Paul quoted "heathen" poets . . . Church Fathers accepted truths form Greek philosophers . . .

Well, maybe we can’t say that the early Church Fathers felt that these wise people were serving the “true God”. . . but they did acknowledge the search for honest truth, the openness , their clear observance of reality. Plato and others were seen as people whose thoughts in their quest for truth should be taken serious. 

   The findings and disciplines of honest seekers in other faiths were often seen, not as a hindrance, but worthy of our appreciation and of spiritual value to the follower of Christ.
   When someone goes outside in the morning and report that the sun is shining, it is so, no matter if that person is a Christian or not. Truth is truth, no matter who observes it.

   Thats what I think . . .
 


09/03/2013
Vandag by die hof . . .    
Die kinderkommissaris teken ʼn vierkant op die papier. Sy verduidelik vir die seuntjie, die vierkant is ʼn boks, dié boks waarin hy nou gaan woon en vra of hy verstaan. 
    Ja, sê hy, hy verstaan, hy hoort binne die vierkant, nie buite nie.
    Toe ons wegstap trek hy sy pet laag oor sy oë - net sy mondhoek
wys hy huil.
    Ons gaan drink gou koffie en eet 'n paar muffens by die nuwe coffee shop voor ons hom in sy boks gaan sit - what to do?  



10/09/2016
The Holy Land is everywhere




 29/07/2017
“Perhaps, when we remember wars, we should take off our clothes and paint ourselves blue and go on all fours all day long and grunt like pigs. That would surely be more appropriate than noble oratory and shows of flags and well-oiled guns.” 

― Kurt Vonnegut


 23/11/2107
Die army-ooms wat weekliks kom praat het by die skool (1988)

their fear was black
their hope all white
we were made to dream monochrome dreams
in a full color world



 20/10/2017
Jesus is the closest we will ever get to "good theology"
- people often want the truth to be an idea or law, but The Truth is a person . .



07/08/2017
 
If someone would read your community to figure out your theology - what will be the conclusion? 



07/06/2017
Acts2/Acts4
When you Google the word “church” the first 100 or so pictures are that of buildings with towers (sometimes with a chicken on top) or auditoriums . . . The very first picture the New Testament presents us with is a community where everyone shared everything and no one lacked anything . . . (just saying)





04/06/2017

the only injustice that can stop evil is called "grace"





21/04/2014
Die Afpakkamp:

“So, wie van julle het iets interessants gedroom?” vra ek die volgende oggend.
     Een outjie wie se pa en ma 'n paar jaar gelede kort na mekaar oorlede is staan op en vertel, hy het gedroom van sy ma, sy was vol bloed, haar oë was uit, los velle het aan haar hande gehang, sy't op haar knieë gekruip en vreemde geluide gemaak en hom begin jaag.
     “Dankie . . ,” sê ek, “nog iemand?”
     “Can’t beat that,” sê 'n ou agter in die groep.
     Dit was 'n rukkie stil, en toe begin ons praat ons oor ons drome en vrese . . .




11/09/2014
 baiekortsuidafrikaansekortverhaal:

Fuck the poor, he said - in the end the poor fucked him.





16/04/2016

me and my t-shirt sail and the blue blue sea . . . 
- solo paddle Phemba Zanzibar 2016





10/06/2017
It may be necessary to go into the detail of how much pain someone afflicted upon you - and the unfairness of it all (denial is never a good idea),
 but when it turns into a blame-game, on the long run, it will not lead to more freedom, but become a stumble-block, restraining spiritual growth. 
 
  The only way to freedom and personal growth is to stop blaming and start taking responsibility.  
  Life isn't fair - don't know if you noticed - but we have to ask ourselves, what good can come from nurturing bitterness and hatred?

Pain always wants to go somewhere . . . it wants to be passed on to someone else.

Forgiveness is a tough path, the road of bitterness no less so . . .  but the one leads to spiritual growth - and therefore the suffering is more "worth it" - I think.

The old saying is true: life makes us bitter or better, we decide.
 

Jesus expressed this (unfair grace) in the most extreme way on the cross, saying "Father forgive them for they know not  what they do," while they tortured Him - without any sign of repentance on their side . . .

Grace is a great injustice! It gives what is not deserved.

Maybe that is what it will take to counter the cruelty and selfish darkness of this world? A radical, crazy, abnormal expression of love.

Chances are that the alternatives will only continue the never-ending spreading of pain and woundedness - I hurt you because you hurt me (or I'll hurt your people because your people hurt mine).

Someone have to say: I take the injustice, the hurting stops with me.


Someone has to break the chain





Grace is in our core - without forgiveness there is no Christianity 



12/04/2017

 It is good theology to love people with bad theology . . .
(sug) . . . and yet there are those (claiming to be tolerant and open minded) who say we should not love those who do not love enough - “who are not as open minded as we are”
  they are fundamentally against fundamentalism, blind to the fact that they are becoming what they hate, a stumble block to unity within diversity 



14/03/2013

Feetjies, Engele of Voëltjies  . . ? 
Al drie asb!





27/07/2015
ek het 'n gedig geskryf
maar nie oor jou nie
so jy sal nie daarvan hou nie



 17/04/2017
I don’t think that Trump is Satan,
but it is possible that they know each other   







11/02/2015
Kinders in Mathilda se skool het haar maatjie glo vandag "embarrass" deur haar te spot omdat haar pa nie hare het nie. Mathilda sê sy toe: "My pappa het lang hare en klein bietjie blesskop. Dink net hoe embarrassing moet dit wees!" - net om haar beter te laat voel.



... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......



2 goed wat ek sukkel om te verstaan: 
1 - Waarom so baie Evolutioniste nie in God glo nie 
2 - Waarom so baie Christene nie in evolusie glo nie



25/04/2017

 






“An unjust law is itself a species of violence. Arrest for its breach is more so. Now the law of nonviolence says that violence should be resisted not by counter-violence but by nonviolence. This I do by breaking the law and by peacefully submitting to arrest and imprisonment.”
Mahatma Gandhi



 20/05/2014
vanaand sit die Dalai Lama
George
Bush
en jy en
Sunette Bridges

en Zuma
en ek,
saam met Steven King en Clive Derby-Lewis
in 2014

Yasnaya Polyana
is leeg
Ferney lê stil

selfs Onrus slaap

what disturbs me most?
we settled for less!
 

in this emptiness
we traded the loneliness
for wannabe saniks
- van paarrym pappegaaie
met name soos Steve 
en vanne soos May -
asof die wêreld nie reeds genoeg suffer nie

gooi uit
laat ons eerder die leegheid drink



 19/12/2016

ons sal lewe ons sal swerwe
ons vir jou suid-afrika
na europa, nieu-seeland . . . na kanada
 ma' óns
is klaaa' met afrikaaa!
sal nie antwoord op jou roepstem
nie offer as jy vra
 

maar óns sal lewe
ons sál swerwe
(en aanhou kerm en braai en verlang en klaaa . . . )
ons vir jou suid-afrika!



 (. . . mal oor die land, nie so mal oor die mense nie . . .)






'n paar gedigte


... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

as jy op die verkeerde pad is, is die laaste ding wat jy moet doen om vinniger te hardloop




 14/11/2016
Die wêreld sal nooit weer dieselfde wees nie. Wat 'n crazy week! Van laas week hierdie tyd is die nuus vol vreemde dinge: Donald Trump (die man wat sy naam in goue letters op geboue skryf en in 'n toring woon) word verkies tot president van Amerika, 'n Storm tref Johannesburg, die NG Kerk besluit finaal Gay mense het minder regte in die kerk as in die res van die wêreld (in Jesus se naam), Molefe bedank, 'n aardbewing tref New Zeland . . .  en 'n Suid Afrikaanse man beland in die hospitaal nadat hy SY TROURING OM SY PENIS PROBEER DRA (?!) (groot hande?)
    Wat's dit dié?
(is dit die freaken supermaan?!) 'n Tragic-action-comedy met 'n R18 rating vir violence, strong language en seks? 
    Moet ons lag of huil (of altwee)? 
    Gaan die flieks begin leegloop omdat mense nou meer nuus kyk? 
    Vir die eerste keer is ek ook lus om te emigreer, (super)maan toe



reality is stranger than fiction


 



21/11/2016

Dis 'n week later en alles is weer skrikwekkend normaal op die aarde . . . (behalwe vir die Springbokke wat teen Italië verloor het)

Toe 'n joernalis vir WikiLeaks se Julian Assange vra oor hoe dit is om vir vier jaar te moet skuil in die Ecuador ambasade in Engeland, antwoord hy: “One of the best attributes of human beings is that they're adaptable; one of the worst attributes of human beings is they are adaptable. They adapt and start to tolerate abuses, they adapt to being involved themselves in abuses, they adapt to adversity and they continue on”  
Crazy is net crazy tot ons aanpas - dan is dit Normaal  




21/11/2015
maak oop oor my
here
en lig my op
ubduct my tog
o alien god
maak oop oor my
here
en lig my op
ubduct my tog
o alien god
maak oop oor my
here
en lig my op
ubduct my tog
o alien god
vvssshhhhh



23/3/2016
i know it is not good communication to state the obvious . . . maar die lesers wat kommentaar lewer onder aan Maroela Media en Beeld se artikels is nie die intellektuele room van Suid-Afrika nie




 23/03/2017
For Jesus, there are no countries to be conquered, no ideologies to be imposed, no people to be dominated. There are only children, women and men to be loved.

Henri Nouwen 






 12/06/2017
Omdat ek 'n volgeling van Jesus is, is ek teen slawehandel, teen ongekontroleerde kapilalisme wat arm mense arm hou en die rykes nog ryker maak, vir die gelyke behandeling van vroue en gays, teen die vernietiging van die natuur . . .







13/03/2014


 . . and God answered Job 
not with an explanation, 
but with a poem about the mystery 
of creation . . .

Job 38..



18/03/2017






3/01/2017
 
Think out of the box, speak out, criticize if necessary, dream . . . but more important: create what you wish existed

Too many people I meet in church these days have a clear picture of “what things are not supposed to be like” - especially theology students . . .
    Everything must be de-constructed
    (some Hipsters-for-Jesus would deconstruct their own argument, if you repeat it back to them)
    The problem is, theology "works best" when there is a passion FOR something

"the best criticism of the bad is the practice of the better"

the ultimate question is not 
how much you know? 
but 
how much you love?





10/06/2017
Man lives freely only by his readiness to die, if need be, at the hands of his brother, never by killing him. 
Mahatma Gandhi





28/01/2017
 The opposite of love is not hate . . ? 

The opposite of love is not hate, it’s self-interest.
   The child molester doesn’t hate children, neither does the capitalist factory owner that destroys the ecology hate nature, CEO’s that get millions of  rands in bonuses while thousands loose their jobs, politicians . . . they don’t necessarily hate, they just act in self-interest first.
  Nationalism is fundamentally a conviction that a particular culture is the best in the world because you were born in it.
   All lower cultures must act in the interest of your higher culture. Nationalists would often state that it is in the “own interest” of other cultures to submit - because their (higher) culture is making the world a better place for all.
   
   Trump is a classic example of this.
   We should always ask: what is the moral of the story? With Trump, it seems, there is no moral only self-interest.
   He is not alone in this (a lot can be said about Hillary, May, Zuma . . .), but he is taking it to a new level. Trump is proclaiming self-interest as the ultimate motivation, the ultimate good. 
  The irony is that Trumps ideas are so popular amongst Christians even though it
stands in total opposition to the Gospel they proclaim.
  Without love there is no Christianity - and no morality. In the core of the message of Jesus is the idea that change for the better will come trough self-sacrifice, not self-interest.
  Christianity exists because Jesus loved his enemies.


.. . . .. . . .. ..
  
Apho kungekho mGrike namYuda  kwaluka nokungaluki   mbharbhari namSkitiya  khoboka namkhululeki  usuke uKristu waba zizinto zonke  waba kubo bonke (KwabaseKolose 3:11)

 . . . and they shared everything . . . and no one lacked anything
(Acts 4)

The great enemy of Christianity is not Islam, Hinduism, atheism . . .  the greatest enemy is "christian-self-centeredness"  

.. . . .. . . .. ..



 21/06/2010
I visited the squatter camp during the day,
was visited by insomnia during the night





27/05/2017


die here is my herder
ek kom niks kort nie
dis hy wat die asem in my in geblaas het
en dit steeds doen . . .
ek kom niks kort nie
(geen vinnige ford, geen porselein bord, geen veilige fort nie)




06/06/2017


serenity




22/03/2017
“You can safely assume you've created God in your own image when it turns out that God hates all the same people you do.” 
Anne Lamott





17/03/2015
baiekortsuidafrikaansekortverhaal:

Tant Anna het die duisternis vervloek. Die duisternis was so beïndruk, hy het haar omhels.



02/03/2012

It began in mystery, and it will end in mystery, but what a savage and beautiful country lies in between 
- Diane Ackerman



21/04/2017
die uitdaging is om nie so besig te raak om te praat en te skryf oor die dinge wat ek eintlik veronderstel is om te leef nie .  .  .




22/08/2017
. . . en toe troos 'n ou wat nou die dag selfmoord gepleeg het my vandag met 'n song . . .
Bless you Chris Cornell!


24/03/2017
the bigger problem is always on the inside






12/01/2017

ek dink ek is eintlik veronderstel om 'n boemelaar te wees 
- by die see . . .


 22/08/2017

Een van die groot mysteries van die wêreld is dat jy op 'n foto kan sien iemand is dood
jip
daai doodsberigfotos in koerante, 
daai voorblaaie van begrafnisbriewe, daai fotos op die TV nuus, selfs daai fotos van dooies op sosiale media . . . 
voor jy die onderskrif lees weet jy al: die oom is nie meer met ons nie / die jongman het verhuis / die tannie het getatta . . . . . . .
Jy sien die dood in die oë, al is die foto 
eendag lank lank gelede reeds geneem . . . woooo  





 14/06/2017
dis moeilik om oor Community te skryf (en praat) in Afrikaans, want jy weet hoe is kerkmense, elke keer as ek sê "julle moet meer gemeeskap hê " dink hulle aan seks . . . 
dus, as jy my gedagtes wil weet oor gemeenskap/community, lees: The Intention and the Community in Intentional Community
(in broken English)






 12/05/2016
Die enigste plek waar die mens ooit wérklik vry kan wees se naam is FIKSIE. (Die Here weet ek voel so, ek het dit nou die dag teenoor Hom bely)
   Ek kan byvoorbeeld nie vlieg in my toestand nie, nie met al die swaartekrag nie, nie met al die wette van hierdie wêreld nie. Maar jy moet my sien in FIKSIE! Ek is so freaken amazing die vlermuise is jaloers. Nevermind die vlermuise, ek het nou die middag skuins bokant Irak 'n selfie geneem saam met 'n Amerikaanse fighter pilot - en sy vliegtuigie. (Ek voel eintlik goed daaroor want ek dink ek het 'n klomp Moslems se lewens gered - daai ou het so geskrik, kanse is klein dat hy weer gaan vlieg, in elk geval nie bo Irak nie. Dis nie elke dag dat mens lewens red deur 'n selfie te neem nie . . . maar dís die tipe ding wat gebeur in FIKSIE!)
    Hulle sê niks kan vinniger as lig vlieg nie, en dit neem lig glo meer as 4 jaar om die naaste ster, Alfa Sentauri, te bereik.
   Wel, hulle lieg. Ek het nou dit nou die dag in 2,5 sekondes gedoen.
   Hulle sê dis onmoontlik om te weet wat teen die buitekant van ons heelal gebeur. Dis weer 'n lieg. (In FIKSIE is alles moontlik) Ek was al meer as een keer daar. Die laaste keer toe ek daar was, was my ma ook daar - en sy’s 8 jaar gelede dood aan kanker - sy het besonders goed gelyk en was baie gelukkig, want, vertel sy my, die kanker is mos darem saam met haar dood.  
   Sien, FIKSIE is 'n amazing plek.
   Time-travel is byvoorbeeld niks in FIKSIE nie. Ek ken 'n ou wat eenkeer so ver teruggegaan in tyd dat hy actually gesien het hoe twee dinosourusse kopuleer (’n smart woord wat soms in FIKSIE gebruik word vir die seksuele daad).


15/02/2017

Consumerism make us thirst for more and more but never satisfies us, because we will never get enough of what we don’t need . . .
   The biggest problem in the world is not poverty, but systems created by the growing greed of the rich and powerful.
   In the words of Frédéric Bastiat:
  “When plunder becomes a way of life for a group of men in a society, over the course of time they create for themselves a legal system that authorizes it and a moral code that glorifies it.”






 13/02/2017
We are all in the gutter, but some of us are looking at the stars.
– Oscar Wilde









09/02/2017

 
Make Art not War

“The supreme art of war is to subdue the enemy
without fighting.” -Sun Tzu, The Art of War



“Political language... is designed to make lies sound truthful and murder respectable, and to give an appearance of solidity to pure wind.”
-George Orwell














28/12/2017
we make the choice . . . and then the choice makes us










11/01/2016

we'd rather look better and feel better, than become better - this is the great compromise that keeps us from growing spiritually






 12/03/2015
the challenge is to love those we don't like





15/04/2014

As nog een tannie vir my 'n “Maak skoon jou huis” DVD gee, kom ek iets oor. 
    Moenie 'n fout maak nie, ek hou ook nie van tuindwergies nie - en ek het Liewe Heksie op laerskool laas gelees . . . 
    Nou dat ek daaraan dink, daar ís actually 'n paar goed in my huis wat die “Maak skoon jou huis” geestelikes se halo’s donker sal laat trek. Byvoorbeeld my Indiese fluit en 'n Keniaanse kitaartjie (met 'n gesiggie op) en die Toa Te Ching in my boekrak en die prentjie van 'n engel langs my bed . . .  
     Ek sê nie my huis is “skoon” nie (Hier lê ook nog iewers 'n huisgenoot wat my skoonma - nou pun intended - hier vergeet het en 'n paar onbetaalde Etol-boetes)
     Die ding is ek verstaan “Maak skoon jou huis” mense nie, alles wat gesiggies het en oud of snaaks lyk moet uit, maar Mammon is soos altyd welkom - vir hom moet ons God dank en ons hande in die lug gooi? (en hy's eintlik die enigste enetjie wie Jesus 'n afgod genoem het)
     Ek wil nou nie lelik wees nie, maar ek voel Tiaan Gildenhuys diskrimineer. Hoekom is die Hulk poppe bv. boos? Wat van Barbie en Ken? Is dit omdat Hulk groen is?
 









24/12/2016
KERSFEES

. . . op my rug gaan lê, opgekyk . . .

“Geluk met u verjaarsdag liewe Jesus”
“Dankie”
“Wat wil u hê?”
“World peace”
“Jo,” sê ek, “wat van 'n liedjie oor u geboorte deur 'n bekende Afrikaanse sanger?”












 








16/11/2012
Die seuns het haar gevang, eers haar een arm en toe die ander een teen ʼn stomp gehou en haar hande met 'n panga afgekap. Hulle het die hele tyd gespot en gelag. Sy sê sy het deur die nag gehardloop, ʼn keer of wat geval en in haar moegheid en skok vergeet en met die stompies in die grond gedruk. Sy was twaalf. 
     Dit is nou jare later. Nou die aand was sy op CNN - waar ek haar die eerste keer ontmoet het.
     Maar sy het daai seuns vergewe, sê Mariatu Kamara, want hulle was net kinders soos sy in grootmense se oorlog.
     Vandag bring sy hoop sonder hande. Haar boek se naam is “The Bite of the Mango” en ek raak steeds tranerig as ek aan haar dink - haar dapperheid en die weemoed van so baie in Afrika wat nie soos sy kan skryf nie.







25/03/2017
“Sê net weer. Jy is kwaad oor die groeiende rassisme van swartmense teenoor witmense? Is rassisme dan nou verkeerd? Maar jy het dit dan nou die dag uit die Bybel uit verdedig. Hoe dan nou?”
“. . . @#$*&!! . . .”
“Oh, ek sien, ek sien . . . dis net verkeerd as jy aan die ontvang kant is.”





 21/12/2016
. . . it is so short and jumbled and jangled, Sam, because there is nothing intelligent to say about a massacre. Everybody is supposed to be dead, to never say anything or want anything ever again. Everything is supposed to be very quiet after a massacre, and it always is, except for the birds. And what do the birds say? All there is to say about a massacre, things like “Poo-tee-weet?” 
*** 

I have told my sons that they are not under any circumstances to take part in massacres, and that the news of massacres of enemies is not to fill them with satisfaction or glee. 
                                      
*** 

I have also told them not to work for companies which make massacre machinery, and to express contempt for people who think we need machinery like that.

Kurt Vanaugut - Slaughterhouse-Five 




07/11/2016
 


22/10/2016
. . . die konserwatiewes sê hulle word gedryf deur “Christen-waardes” (wat veronderstel is om die waardes van Jesus te wees?), maar hulle word eintlik gedryf deur vrees, woede, die droom van rykdom en ’n oordrewe lojaliteit aan die belange van hul eie groep. Trump kry dit reg om op hierdie emosies in te speel. Hy is die klassieke prentjie van die Amerikaanse Droom . . .

(my rubriek vandag in Beeld se By: Trump, Hillary en die Amerikaanse Christene (vir die wat nie ingeteken is op Netwerk24 nie)





  07/08/2016
“Flirting with madness was one thing; when madness started flirting back, it was time to call the whole thing off.” ― Rohinton Mistry  






17/05/2016

we grow through beauty and conflict
we need reality and art, solitude and community - it is when we choose only the one and not the other that we are crippled, like a man who would exercise only his one leg

30/12/12

Ek en Marina lê op die bed en lees. Dis Sondagmiddag. Ek hoor iets wat nie te goed klink nie, haal die oorfone uit.  Mathilda kom huil-huil ingestap, haar een wang is rooi.
    "Sussie het op my kop gesit," sê sy deur die trane.
    "Moenie op mekaar se koppe sit nie!" sê ek, hard genoeg dat almal in die huis kan hoor.
    Mathilda hou op huil. "Ek het nie op háár kop gesit nie," verdedig sy .
    "Maar jy het al," sê ek.
    Marina gee haar 'n drukkie en vryf haar kop. Mathilda is tevrede. 
    Wat is dit met ons mense dat ons alewig op mekaar se koppe wil sit?


 09/11/2015
Jy kan krities wees - solank jy snaaks is



 04/06/2016
Love is the free exercise of choice. Two people love each other only when they are quite capable of living without each other but choose to  live with each other.
  ―  M. Scott Peck






TV onderhoud oor ontstelde Kerkooms, Sinodes, Trump, Gays, Echo, Zuma . . . 'n GROOT BRAAI . . .


29/01/2016
die vryheid van wraak
 
hulle het als gevat
sy tong
en sy lippe
toe praat hy ma’ met die gun
en die klippe
niemand het verstaan nie
ma’ ten minste was hulle nou bang vir daai lanie
skuus die pun
maar that’s how it all begun
with a man without a tongue




f you want peace, you don't talk to your friends. You talk to your enemies. Desmond Tutu
Read more at: http://www.brainyquote.com/quotes/quotes/d/desmondtut454135.html
Because forgiveness is like this: a room can be dank because you have closed the windows, you've closed the curtains. But the sun is shining outside, and the air is fresh outside. In order to get that fresh air, you have to get up and open the window and draw the curtains apart. Desmond Tutu
Read more at: http://www.brainyquote.com/quotes/authors/d/desmond_tutu.html
Because forgiveness is like this: a room can be dank because you have closed the windows, you've closed the curtains. But the sun is shining outside, and the air is fresh outside. In order to get that fresh air, you have to get up and open the window and draw the curtains apart. Desmond Tutu
Read more at: http://www.brainyquote.com/quotes/authors/d/desmond_tutu.html


 03/04/2015
Mens moet mooi kyk, want vreemde wesens loop hier op aarde tussen ons rond . . .
   Eenkeer hinkepink ek in Simonstad se hoofstraat - tot my groot frustrasie was ek op krukke na 'n operasie aan my enkel. 'n Hawelose vroutjie in vodde klere wat staan en bedel sien my, storm op my af, gryp my aan die arm.
   Ek was dadelik effens vies, maar soek tog 
in my sak vir 'n paar sente.
   Voor my hand uit my sak is, vat sy my aan die ander arm, kyk my vol in die oë en sê: “Ai shame meneer! Jy moenie worrie nie, ek bid dat die Here jou gou sal help,” en gee my hand 'n sagte druk. Toe los sy my en sy verdwyn tussen die mense.
   In Katmandu het ek jare gelede ʼn dikwielfiets gehuur om na die Chinese ambassade te gaan soek. Langs die pad het ʼn man gelê en kreun. Hy was toegedraai in plastieksakke, swart gevlek met ou bloed.
   Ek het hom innig jammer gekry, gestop, gevra of ek kan help. Hy het gevra dat ek vir hom 'n coke moet koop - net dit. Ek het, maar hy was vies, want die Coke was warm. Toe ry ek.
   Die volgende dag hoor ek by die vroutjie van die koeldrankstalletjie dat iemand hom na ʼn Hindoe tempel geneem het om daar te sterf. Later droom ek, ek kom in die hemel en Jesus sê vir my: “Thanks vir al jou moeite. Thanks vir daai warm Coke!”.
   'n Engelse ou vertel my nou die dag hoe hy op 'n dag werkloos, haweloos en heeltemal moedeloos in 'n park gaan sit het. Die volgende oomblik, uit die bloute, kom die woorde by hom op: “It is most important to be tough in tough times!”. Net daar kry hy weer hoop. Met nuwe energie spring hy op en begin weer soek en kort daarna kry hy toe wraggies 'n werk.
   Ek prys die Here vir daai woorde! Die ou se storie het my persoonlik al baie gehelp. Die woorde wat hy daardie dag in die parkie “gehoor” het, is vandag 'n nuwe slagspreuk in my eie lewe - en ek kon al 'n klomp mense wat self deur tawwe tye gaan daardeur bemoedig.
   Baie van ons het alles wat ons oor God gehoor het - elke interpretasie van die Skrif - gekry by geleerdes en rykes, in geboue met torings en ouditoriums, in dik boeke, lesingslokale in biblioteke. So asof God net rondsweef tussen die geleerdes en rykes
 
   Te dikwels sien ons die “armes” bloot as die mense na wie ons moet uitreik, terwyl hulle dalk juis díé mense is, wat ons 'n paar geheime oor God kan leer




20/05/2016
 
what a small, humble, courageous, powerful man (en ek praat nie van Jan nie)


"Because forgiveness is like this: a room can be dark because you have closed the windows, you've closed the curtains. But the sun is shining outside, and the air is fresh outside. In order to get that fresh air, you have to get up and open the window and draw the curtains apart." 
- Desmond Tutu




 16/07/2014
Ek staan nou die dag in 'n Christelike boekwinkel voor duisende boeke oor lofprysing, gebed, stiltetyd you name it  en ek wonder: is christenwees regtig só ingewikkeld?
   Hoe het daai arme mense in die vroeë kerk gecope?! 









25/02/2016
 . . . and then there's the stuff I don’t believe . . .

We have people living together in 11 houses. People from extremely different backgrounds and cultures sharing, not only a house, but often a room. Some were street children with very little education, others have University degrees. There are Zulus, Sothos, Afrikaners, Indians . . . from South-Africa, Kenia, Burundi, Zimbabwe, Mozambique . . . living together for years (Echo is turning 15 this year). So, don’t tell me things like “oil and water don’t mix”, water and water does! Go read Col 3:11.

   Diversity can be South Africa’s biggest blessing, but then we need a change of attitude - because, lets face it, no one’s going to change color.  
   People often think of inter-racial-community as an impossible dream. We find the opposite to be true - and many other intentional communities will tell you the same. What an adventure! We have the most to learn from those who are different from us.
   Don’t tell me it’s not possible. I won’t believe you!



 
Echo Community @ 555 24th Avenue







29/09/2015


hierdie land gee my nagmerries
Ek het gisteraand gedroom Suid-Afrika het gestem vir 'n nuwe leier - Zuma is toe uiteindelik gefire. 
    Dit was baie spanningsvol (amper soos in die tyd van Bush en Gore). Daar was presies ewe veel stemme vir beide leiers, en ek was die enigste een wat nog nie my kruisie getrek het nie. Ek was laat - besig in 'n ander droom. 
    Die toekoms van die hele land 
    was in my regterhand. Letterlik.
    Ek moes kies tussen Julius Malema en Steve Hofmyer. 
    Wat 'n tameletjie. Julius het gesê as hy wen, privatiseer hy die myne, vat al die boere se grond, kanseleer Afrikaans en laat almal overalls dra. Steve het gesê hy gaan Sunette Bridges aanstel as minister van Kuns en Kultuur en vir Dan Roodt as die hoof van die Nasionale pers.
   Toe weier ek om te stem. 
    Toe sluit mense - in tradisionle klere - my toe in 'n hok op Thandi Modise se plaas . . . toe eet ek peule saam met sterwende varke . . . toe daag Steve se seuns op en wil my groep-slaan . . . toe wonder ek of ek nie ook maar moet immigreer Holland toe nie . . . toe word ek wakker . . . . en hoor Zuma is steeds aan bewind 
. . . en toe's ek verlig (?!)
(mens kan nie help wat jy droom nie!) 





 03/30/1973
in engels het dit só gebeur:

the end of my affair
with the air
came down
in ’73
in a town
in the freestate
in africa
with smoke hangen
and a fire standen
(upright on a tower)
i was finally set free
with a push  and scream
after some serious bangen

waaraan ek nie wil dink nie
want hulle is nou albei dood
(mens dink nie
aan die sekslewe van dooies nie

dis nie goeie maniere nie
al is jy die resultaat)



 04/05/2016
Ek het al saam met die broers wat soos monnike lyk by Taize op die Franse platteland gemediteer en ge-chant, deurnag gebid in 'n ondergrondse vertrek saam met wild charismatiese Christene in Indië, mooi regop getaan in NG kerke en Psalm 100 gesing, op en af gespring by jeugfeeste, ge-evening prayer saam met die Susters of Mercy in Kalkutta, in tale probeer spreek by Rhema, “Thula sizwe" gesing in Afrika kerkies, die mis gebruik saam met ʼn Ierse katolieke priester in Marishane, "Amen!" geskree saam met duisende mans by Mighty Men, gemediteer saam met Vader Mike by Good Sheperd Retreat….
   Ek beleef die verskeidenheid in spiritualiteit as iets baie positief - oral vind ek ʼn stuk opregte soeke – en baie om te leer! Ons mag krities wees oor "ander kerke", solank ons net die mooi ook kan raaksien. Die kerk is eintlik maar net ʼn baie vreemde klomp mense wat op verskillende maniere na God se wil soek. As jy my vra, is ons almal ewe confused - met dalk een of twee uitsonderings (wat meer confused is). Dankie tog vir genade van bo!
   Dis jammer dat daar soveel geestelike hoogmoed tussen die volgelinge van Jesus is - veral wanneer dit oor iets soos aanbiddingstyle gaan, wat volgens my mening, dikwels meer met persoonlikheidstipes te doen het as wat ons wil erken.
   Natuurlik is geen kerk perfek nie - inteendeel! Ons mag (en moet) gedurig krities na onsself kyk (veral na die tradisie waarin ons self staan), maar daar is ʼn groot verskil tussen kritiek wat daarop uit is om die kerk meer effektief te maak en ʼn sinnelose geskinder, gekla en gekerm. Iemand het eenkeer gesê: “Hy wat klippe gooi verloor grond.”
   Miskien is dit nodig dat ons almal bietjie van tyd tot tyd ʼn draai gaan maak by ʼn paar “ander kerke”, onthou net: “If you find the perfect church, don’t join it - you’ll spoil it!”
 


      Jesus is perfect theology


09/06/2016
Die artikel met die vloekwoord waaroor kerktannies destyds so ontsteld was:
Iets om oor te ontsteld te wees (16LV) 


28/04/2013


Ek het 'n swak geheue, maar 'n baie goeie verbeelding - 'n gevaarlike kombinasie, ek weet.
    Byvoorbeeld, kan ek glad nie die naam van my skoolhoof in graad 9 onthou nie. Maar ek verbeel my hy was 'n kort gedroggie met 'n boggelrug en 'n swart baard - en dat sy staf baie seer kon slaan.
    Ek onthou tannie Dollie my kleuterskool juffrou egter nog goed. Sy was 'n heks sonder 'n besem met sulke lang-lêl-oorbelle, enorme slap hang-borste en 'n moesie langs haar krom neus.
    Dis sy wat my getoor het, as ek reg onthou, op ʼn dag my met ʼn verskriklike woord vervloek het - na ek 'n kind met 'n klip teen die kop gegooi het. Die woord kan ek om die dood nie onthou nie. Is waarskynlik vir ewig verlore in my jarelange reaksie van ontkenning. Maar die effek voel ek vandag steeds (nou en dan).  
    Soos vanoggend, toe ek nie wou opstaan nie. 
    Ek moet erken, soms is my drome niks meer as 'n ontvlugting, ander kere dalk ʼn effense helder kyk in ʼn dowwe plek. Ek twyfel daaroor. Het min beheer daaroor. Soms maak dit my selfs bang as ek my goed verbeel  -  donker koue vakume wat my insluk, die kleuterskooltannie se spook wat my jaag, Jesus wat opdaag by 'n kerkraadsvergadering . . . en ander dinge wat my laat rondrol in die aand. 
  Maar ek vrees die dag as selfs dit verdwyn
  Dan is daar GELOOF
  Geloof is my manier van hoop dat dit God is wat my verbeelding gebruik - en nie andersom nie.




07/07/2014
en die girls het gedans...
"Vreugde is vrede wat dans, vrede is vreugde wat rus..." 





 26/07/2015
baiekortsuidafrikaansekortverhale:

 . . . die kerkmense was kwaad, hulle het gewens iemand wil hom vermoor . . .



16/11/2015
“Christianity is at its best when it is peculiar, marginalized, suffering, and it is at its worst when it is popular, credible, triumphal, and powerful.”
― Shane Claiborne








 03/10/2012
By die ringsitting het hulle gepraat oor die vorige vergadering en lede gekies vir die volgende vergadering. Die skriba het noukeurig notule gehou - en seker gemaak hulle hou by die agenda. Die voorsitter het voor gesit. Na hulle op klein gevoude papiertjies gestem, die stemme met sorg getel, en die nuwe verkose lede gelukgewens is, het hulle saam koffie gedrink en gepraat oor die weer. Daarna het die nuwe voorsitter voor gaan sit, afgesluit met ʼn gebed en die vergadering verdaag sodat hulle kon terug gaan na hulle huise.





07/05/2015
Die een wat die boelie boelie is ook 'n boelie
"Geseënd is die vredemakers" - Jesus


 21/01/2016
baiekortsuidafrikaansekortverhale:

Sy was nie hoogmoedig of 'n snob nie, net gevoel mense van ander rasse moet hulle afstand hou - en die ousie moet buite uit die blikbord eet



12/11/2014
ons manier van kerkwees vandag is soms net te smart vir 'n stukkende wêreld . . 



17/10/2013
Plaasmoorde is verskriklik. Dit raak my, want my pa is self ʼn boer - alleen op ʼn plaas in die Vrystaat. ʼn Mens wens egter nugter intelligente mense met integriteit en kundigheid sou help om die saak ʼn groter prioriteit te maak. 
     Evil prospers when good men do nothing . . .
     Nou het Dan Roodt, Sunette Bridges en Steve Hofmeyr daai gap gevat. Met hulle hele white-genoside, die witman kry die swaarste in die land, empatie slegs vir blanke slagoffers van misdaad en hulle eensydige hantering van statistiek . . . is mense wat eintlik iets sinsvols aan die saak kan doen toenemend terughoudend. Hulle is so bang hulle word met die drie geassosieer. G’n wonder RedOctober is so swak ondersteun nie - selfs van die meer regse partye en organisasies wou nie daarmee geassosieer word nie.
     Dit het darem Aljazeera gehaal! Maar toe begin Sunette deur te sê haar dogter van agtien sal sekerlik nie ʼn werk kry in Suid-Afrika nie en die land moet verlaat (tewyl die nasionale werkloosheid 25,6% is, maar onder blankes 6,5% - dieselfde as in Europa . . .) en gaan sy aan oor “hulle wat die straatname verander het”. Volgende sien ons die groepie van net meer as ʼn honderd mense met rooi ballonne voor die uniegebou en Sunette wat op ʼn verhoog staan en skree, en dan begin Dan Roodt praat oor die geskiedenis van kommunisme in Suid-Afrika, Steve sê ons is gewoond aan beter - en elke nou en dan word hulle reg gehelp deur kenners met betrekking tot die misdaad statistiek . . . O wee, dit het nie goed gelyk nie. Ek het selfs begin lag - en plaasmoorde is eintlik ʼn baie ernstige saak.
     As hulle gehoop het dat die saak internasionaal meer "ernstige" aandag sou kry, het hulle presies die teendeel reg gekry. Die drie is besig om ʼn goeie saak belaglik te maak en van alle integriteit te ontneem. 
     Maar, sal die boere sê, hulle is al wat ons het. 




20/11/2015

die dood van die bidsprinkaan

sy’t hom
laat om kom
op sy knieë gebring
gekopuleer 

van sy kop af gehad
hom omgekeer
onthoof
kaal en koploos
gemaak

'n hottentotsgot  
godloos  
gelaat


02/11/2015

Dink mense mooi voor hulle name gee? Is hulle dalk aspris? Hoe gebeur dit dat 'n tronk Polsmoor genoem word? 
En Weskoppies. Is dit reg om 'n geestesinstelling 'n naam te gee met die woord “koppie” in? 
Die Amerikaners is nog erger, hulle noem hulle seuns, Dick. Die naaste wat ons in Afrikaans daaraan kom is, Tielman. Dis asof daai naam ontwerp is om iemand soos ek freudiaans te laat gly. Ek het al gewonder of die ouers bewus was waarmee hulle besig is, of is hulle net erg onskuldige mense?



07/02/2012
volwasse kreatiwiteit is glo kras eerlik




17/03/2015
baiekortsuidafrikaansekortverhale:

Sy babaseuntjie was nou slimmer as sy wolfhond. Hy kon al sê "Pappa".



 31/10/2015
. . . en die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters . . . 
(dit gee mens hoop in hierdie tye) 







11/01/2016

we'd rather look better and feel better, than become better - this is the great compromise that keeps us from growing spiritually






23/01/2015

baiekortsuidafrikaansekortverhale:

Eendag lank lank gelede, op 'n donker dag, steel die dief sy eie vrede - en só begin 'n lewe van misdaad en politiek . . .






10/03/2017
TV onderhoud 




21/02/2016

“It is no measure of health to be well adjusted to a profoundly sick society.” 
 ~ Jiddu Krishnamurti 






12/10/2015
Ek is eintlik erg Evangelies, sou byvoorbeeld graag wou hê die Moslems moet vir Jesus volg - en die Christene!
My rubriek vandag in Beeld



. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 


31/03/2016
  SOLO PADDLE PEMBA TANZANIA
 
Couldn't get much info on traveling/paddling Pemba on the web, so here's my little contribution
-  contact me for more detailed info: jaco@echoyouth.co.za

Pemba island  Zanzibar sup trip
I had to do a solo trip (to gain some sanity) and it had to be over Easter - rest of the year already packed.  First I thought of Transkei, but then some of the people in our community borrowed the vehicle I share with Echo. And then a few things happened: I remembered a dream I had a year or two ago, saw a cheap plane ticket on the web (Fastjet) and then, to top it all, Marina told me that my in-laws were planning a visit! (I know what you think, but it actually only meant that she wouldn't be alone with the kids). The stars were lining up fast, so I double checked the limit on my credit card and got the ticket.
   I boarded the plane at
O.R. Tambo a few days later, weighing in my inflatable stand up board (sup), everything else stuffed into a waterproof bag as hand luggage.
   Stayed one night in a very cheap and shaky joint near the port in Stonetown and took a ferry to the neighboring island to the North called, Pemba.
   Pemba (63km in length) is smaller and wilder than Zanzibar and not much of a tourist destination, partly due to the tense political situation with mainland Tanzania - or so most travel guides warn.

   Truth is, I couldn't find any proof of tourists ever being harassed on Pemba. I landed three days after the election. Had lots of chats with locals on ferrys, dallala’s (taxi’s) and on the beach. Everyone talked politics. Beautiful friendly intelligent people, fed up with rigged elections, harassment by the army and being exploited by mainland Tanzania. Just about everyone I spoke to on Pemba, the same as did the locals on Zanzibar (Unguja), said: “First we were colonized by the Arabs, now we are colonized by mainland Tanzania”
   The name, "Tan-zania", is actually "Tanganyika" (previous name of mainland Tanzania) combined with "Zanzibar".
   Back to the trip.

   At the Port in Mkoani I met a taxi driver named Mohammed Hassim who offered to drop me of at a small fishing village,Tumbe, 50km to the North-east.  
   The most dangerous form of travelling Pemba is on the road. People drive like crazy, killed two chickens on the way. The valleys on the island are all covered with a dense cover of clove, coconut, mango and other fruit and crop plantations. 
   Beautiful. 
   Had to walk a distance among clay huts in tribal Tumbe to reach a small beach surrounded by mangroves. 
Tumbe
   My presence drew a bit of a crowd (don't think they get much visitors form the “outside”, some of the kids started crying when they saw me) and the fishermen looked very surprised when a "boat" appeared from the bag I was carrying.
   At around 15:00 I started paddling - at last. Was extremely hot. Had to paddle hard the first 3km into a 20km/h headwind and the incoming tide.
   It was horrible and beautiful.
   Mangroves to my left and  two small uninhabited islands, called Usubi and Hamisi, to the right, white sand, emerald blue water, lots of birds (Pemba has 
183 bird species, 4 endemic).
   I did only around 15km a day (unfit paddler, slow boat, to much gear and the freaken carrybag and pump that I had to take along . . .).
   I camped on the beach, sleeping every night on the sub under the stars, not needing to put up the tent even once, ‘cause it never rained. 
   Spend one night on the edge of the Ngezi forest, home to the endemic, Pemba flyingfox (a huge bat with a wingspan of 1,8m that looks more like a flying Siamese cat - that doesn’t eat humans).
   I planned the trip as much as possible according to the wind and tide (had to go head on into the wind on tree occasions though). The Kaskazi was still going strong, the consistent North-east Monsoon from November to March. From the point at Vrumavimbi it was all downwind and I later rigged a downwind sail (with one of my three T-shirts). 
   Lots of fish, saw a huge barracuda in the shallows.
My down wind T-shirt-sail
   Paddled one day past Manta Lodge, one of the very few tourist hotels on Pemba. Stopped to get water and a beer (5$!). The waiters were very inquisitive when they found out that I came from Tumbe and warned me (as did everyone else on Pemba) about the dangerous Funde-gate that lay ahead.  
  Funde-gate turned out quite okay in the end, not much worse than Hellsgate at Inhaca in Mozambique. Njao and Funde are beautiful islands with thick vegetation, totally desolate beaches on the seaside and one or two tiny fishing villages on the landside.
   Came upon some small caves at low tide on Njao .
   Met lots of friendly fisherman all the way, some fishing of ngalawas (outrigger canoes) or mashua (small dwows), others spearfishing far offshore without boats for octopus. 
    Was very hot and humid during the day (37 °C), and at night (27°C) luckily very few mosquitoes. (found an island with no humans - walked naked half a day)     
   Faced a horrible sidewind when crossing the bay from Funde to the point east of Wete, from thereon things got even worse when I had to turn head on into the wind.
   Reached Wete just before 20:00 the last night. Stressed a bit when my arrival freaked out some guys with AK47’s. One asked for a permit or papers (I honestly still don't know if you need it or if such a thing even exists). I gave him my passport. No further mentions of permits. I started to offload the sup. 
   They didn't know what to do with me, but after I gave one of the guys - a Rambo lookalike with a AK47 -  my fishing rod and to one of the others my shoes everything was better (wasn't a bribe, had to leave stuff behind, it turned out my most irritating “wetshoes" was one number to big and I had to pay R200 for 2 kg of extra weight to Fastjet, less than what the rod was worth, decided earlier to leave some stuff behind anyway).  
   Tried to be quiet and friendly.
   You don't mess around with AK47 carrying bad-asses in the dark outside of public view when you’re all alone.
   Did my trick of inflating my boat and putting it into the bag, which impressed them greatly. We became instant friends. They dropped the guns and even offered to dispose of my empty water bottles and other garbage (see, even people with guns can be nice). 
   Had to walk quite far uphill in the dark into Wete with the sub-bag on my back.
   Took a taxi the next morning,
feared for my life, killed three more chickens (honestly) on the way to Mkoani, boarded the ferry back to Zanzibar (4,5 hours).
   The people of Zanzibar (Unguja) and Pemba must be some of the most friendly and helpful people on earth, in spite of having a hard time under their government and foreign lodge owners. Like Abdula, whom I met on a dallala to Stonetown.  He speaks Swahili, English and French fluently, works at a 80$ a night hotel for 70$ a month...  

Jaco Strydom
read more




 

 _____________________________________



09/07/2013



.   .   .   .   .   .   .   .  

. . . not so much a lack of theology, rather a lack of empathy . . . 
possible to have a passion for Jesus
without having the passion of Jesus 

- it seems

.   .   .   .   .   .   .   .



hoekom is ek wit
nee vrek
ek weet nie
ek gee op
gaan raas met God
net vir 'n kort tydjie
so het HY beskik
is die klompie dooie atome
ʼn wesentjie
genaamd ek







.   .   .   .   .   .   .   .

. . . been wondering, if the gospel we preach is so popular amongst the rich and the powerful, are we telling the whole story?

.   .   .   .   .   .   .   .




op 'n dag (in 2014) het ek besluit om op te hou lewe. ek het op die bed gaan lê, halfpad uitgeblaas en opgehou asemhaal. dit was die wonderlikste gevoel van rus - vir omtrent 30 sekondes - toe raak dit erg ongemaklik, en besluit ek om maar verder te lewe. so hier is ek nog steeds.  


 30/05/2013
I’d rather go to God with my brokenness than with my promises. I’d rather put my trust His grace, than in my commitment.
    The challenge is not to use this as an excuse to do less though, but rather as a motivation to do try harder. 

I think this is what it means to put your trust in God?    
Some of us in the ECHO community meditated for the past two weeks on the sermon on the mount.
    The words of Jesus . . . sometimes so heavy, sometimes times so light . . . a freedom so beautiful - and so scary . . .


  29/05/2013


 Fanus in aksie

Het die wonderlike voorreg gehad om vir ʼn paar dae saam met Fanus Pienaar te seil - hy is een van die mense wat heel aan die begin help droom en werk het aan dit wat ons vandag die ECHO Community noem.
Fanus is op pad van Frankryk na Oman waar hy tans woon . . .  Ek en my vriend Gert het 640km saam met hom geseil vanaf Cagliari in Sardinië tot Taormina in die Ooskus van Sisilië. Op ʼn stadium was ons meer as 150km van enige kuslyn af op ʼn redelike rowwe see - het lanklaas so klein gevoel. Die see is ʼn wilde wese! Fanus ʼn dapper man (en oom Tim, die 70jarige Britse oom wat self al die wêreld vol geseil het en nou saam seil tot in Griekeland). Die boot het heelwat houe gevat die laaste tyd. Die plan is om ʼn paar dae “af te vat” vir herstelwerk voor hulle verder seil. Sterkte Fanus!



17/05/2013
Ek het al die agnostisisme ernstig oorweeg. Om af te sien van die idee van ʼn persoonlike kenbare God.
     Om egter totaal af te sien van die idee van ʼn godlike teenwoordigheid voel nog altyd - vir my in elkgeval - heeltemal onmoontlik, buite my bereik. Self al probeer ek dink ek nie ek sal kan nie. En ek het al. Die misterie van alles is net te groot. Om die misterie weg te redeneer sou te paradoksaal wees, want ʼn klomp dooie materie wat per ongeluk saam geskommel is, is nie veronderstel om hieroor te redeneer nie.
     Dat ontelbare ondenkbare klein energiewolkies en dooie balletjies só in balans tot mekaar rondsweef dat ons vandag daaroor kan wonder, is eenvoudig ʼn wonder. Bill Bryson het gesê fisika is eintlik maar atome se manier om na te dink oor atome. Jy moet baie aspris wees om die misterie daarvan te ontken.

Dat ons dooie atmosfeer - wat so dun soos die vernis op ʼn hout-aardbol oor ons lê - seisoene het, met winde wat op sekere maniere waai en wolke, en dat dit ons selfs beskerm teen die radioaktiewe strale van die son . . .
     Dat die see, wat eintlik net ʼn massa water is, byvoorbeeld net die regte seestrome het, op net die regte plekke . . .
     Dat daai hemelse gevoel bestaan wat ek gevoel het toe ek en Marina die eerste keer hande vasgehou het - om nie te praat van toe ons die eerste keer gesoen het nie . . .

     Dat ons die sterre kan sien . . .
     Dat ʼn lelike groen wurm op ʼn dag ʼn harde dop groei en dan binne in, eers verander in ʼn vloeistof, voor hy verander in ʼn skoenlapper, met ses lang pote en reuse vlerke - sommige met kolle soos die oë van sy vyand se vyand oë - en dat hy binne oomblikke weet hoe om te vlieg en waar om nou kos te kry . . .

     Dit alles kan eintlik maar net beskryf word as ʼn wonder (of dan ten minste as ʼn wonderlike misterie).

Maar die eintlike rede waarom ek glo dat God nie net ʼn onkenbare misterieuse mag is nie - maar 'n persoonlike God - lê op heel ʼn ander vlak.
     Ek glo dit nie bloot omdat daar wonders daar buite is nie, maar omdat Hy my lewe verander het, en dit op ʼn manier wat ek as volwassene moeilik kan beskryf. Die misterie daarvan is van so ʼn aard dat ek dit beter as kind kon verstaan en verduidelik. Dit dwing my om nie méér ingewikkeld te redeneer nie maar méér eenvoudig - nie tot groter redenasies nie, maar kleiner. Eerder op die vlak van belewenisse as bewyse. 

     Die persoonlike God word dalk eerder beskryf in ʼn getuienis as in ʼn teorie. In ʼn erkentenis van my eie subjektiwiteit eerder as in my (onmoontlike) poging tot objektiwiteit.
     Op die ou einde, as ek moet eerlik wees, glo ek eintlik maar die laaste 23 jaar in ʼn persoonlike God vanuit my ontdekking van Jesus, die vryste wese wat ooit hier rondgeloop het - as Hy sê God is ʼn persoonlike God, wie is ek om te stry?



 .. . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......




fiksie
 
hy kyk my snaaks aan
en vra of ek nie net vir een keer iets moois van hom kan skryf nie
maar ek moet tog eerlik wees
sê ek
anders glo niemand my nie
ek het gisteraand tot laat gelê en dink
en ek is jammer
maar ek het weer slegte nuus:  
jou ma was ’n hoer 
(toe speel ek god en skryf sy storie)



'n paar gedigte en stories



 ... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......



that colorful-thing called "hope" . . .
10/07/2013
Many believe diversity is our biggest problem in South Africa, 
I believe it could be our greatest blessing.
(Col3:11)

A PICTURE OF HOPE #Matlala2013Jul
160 weirdos serving together in unity and diversity  
. . . zulu, sotho, afrikaner, german, french, tswana, canadian, congolese, sudanese,
american, xhosa, phedi, colombian . . . 9 tuks students, 3 homeless guys from sunnyside, 3 ng dominees, 1 ags pastor, 1 vet, 3 teachers, 2 nurses, 9 shelter kids, 27 echo house youth, 11 local youth, 1 accountant, 4 unisa students, 1 bus driver, 1 engineer . . .
 






15/05/2016
‘Hy het van sy kop af geraak!”
   Nee, dis nie ’n ma wat oor haar ­tiener kla, of ’n uitspraak oor ’n politikus nie. Dis wat Jesus se eie familie oor Hom te sê gehad het – Markus 3:21: “Toe sy familie hiervan hoor, het hulle gegaan om Hom te gaan haal, want hulle het gesê: ‘Hy het van sy kop af geraak.’ ”
   Die Fariseërs en skrifgeleerdes het dit nog krasser gestel. Hulle het gesê hy is besete. Op ’n ander plek noem hulle hom ’n vraat en ’n wynsuiper.
   Jesus het vreemde dinge gedoen, vreemde dinge gesê en op vreemde plekke uitgehang. Soveel so dat die mense van sy tyd, veral die godsdienstige leiers, begin dink het daar is iets ernstigs fout met hom.
   Ek het al baie hieroor gewonder. Sê nou daar sou ’n wêreld wees waar almal doof is en op ’n dag kan een ou skielik hoor. Kanse is goed dat die ander sal sê die ou is mal. Hy doen vreemde goed – gaan staan byvoorbeeld stil om na die voëltjies te luister.
   Of sê nou daar is ’n wêreld waar almal blind is en een ou kan skielik sien.
   Die ander sal dink die ou het sy kop verloor as hy begin praat van lig en donker en die kleure van die sonsopkoms.
   Of sê nou daar is ’n wêreld waar niemand kan ruik nie (en sê nou dis ’n manskoshuis) en een ou kan skielik ruik . . .
  As die wêreld besig is om ál maller te word, is die kanse goed dat dié wat dit raaksien en uitwys, as die malles beskou sal word.
  “It is no measure of health to be well ­adjusted to a profoundly sick society,” sê ­Jiddu Krishnamurti.
  En, let’s face it, ons samelewing is nie lekker nie.
  Ons besoedel die lug wat ons self weer moet inasem, piepie in ons eie drinkwater. Ons is magsbehep, verslaaf aan geld en geraas en ­geweld. Kyk hoe baie Suid-Afrikaners ondersteun steeds vir Jacob Zuma (en het destyds vir die NP gestem) en hoeveel Amerikaners stem vir Donald Trump – en kyk hoe gewild is die ­Kardashians!
  Die mensdom is besig om al hoe maller te raak. Crazy is die nuwe swart . . . (my rubriek vandag in Beeld - kliek hier om hele artikel te lees op Media24)


 ... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......
 21/06/2010
I visited the squatter camp during the day,
was visited by insomnia during the night

... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......
 
 11/11/2012
Ek was onlangs vir ʼn dag in Zurich. Pragtig. Stokoud. Doodstil. Selfs na nege die oggend toe die meeste winkels al oop is, was dit stil. Netjiese mense het oral in nou straatjies emosieloos verby mekaar geloop. Erg ordentlik. Almal het duidelik presies geweet waarheen hulle op pad was - behalwe ek. Ek het gewonder waaroor droom mense in ʼn perfekte plek soos Zurich? Wat sou hulle dink van Proes Straat (Johannes Ramokhoase) in Pretoria? Sou hulle dalk meer lewendig wees Marabastad? Sou hulle kon oogkontak maak? Sou Afrika hulle kon help? Moet ons dalk ʼn paar kinders uit Mamelodi bring vir ʼn uitreik in Zurich?

 ... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......



... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

"He who loves community destroys community: he who loves people as brothers and sisters builds community" - Jean Vanier


28/04/2013
ʼn Man klim op ʼn bus en wonder oor die dag se gebeure. Dit was ʼn lang, goor dag. 
    Naby Hatfield stop ʼn ou tannie in die middel van die pad. Die bus tref haar Volkswagen skuins van agter.
    'n Harde slag.
    Iemand gil.
    Die man klim saam met ander verbaasde passasiers uit.
    Die tannie is duidelik reeds dood. Haar lyf hang oor die stuurwiel; voor teen die ruit is ʼn paar bloedspatsels en 'n kraak.
    Nog mense kom nader. Die man hoor hoe ʼn student iewers agter in die skare ʼn grap probeer maak. Hy voel naar en stap na die oorkant van die besige straat.
    Nou dat die skok effens oor is kan hy vir die eerste keer weer dink. 
    Hy is kwaad vir God.
    “Maar jy verstaan verkeerd,” sê ek. “God het niks hiermee te doen nie.”
    Hy glo my nie. Ek probeer verduidelik dat ek hierdie storie nou net hier gesit en uitdink, en toe neergeskryf het. Hy maak of ek glad nie bestaan nie en bly eerder kwaad vir God - en ek wonder of ek God moet help deur hom eerder te delete.

  ... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......
27/10/2013
  Psychopathology is the study of one thing, loneliness
- J.H. van den Berg

 .. . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

opposite of a missional church = selfish church?
... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......


08/04/13 
Church will always be renewed when our attention shifts from ourselves to those who need our care - Henri Nouwen

  ... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

die boom het vlamgevat en gees geword
voor ons oë
opgestyg
opgekom soos ʼn tortelduif
sy was grys
en ons kon die vuur in haar hare ruik





... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

"if a poor person envies a rich person, he is no better than the rich person"  - Tolstoy

... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

zuma lê toe alityd net
jacob-regop lui en kreun
- en ons het gedog hy steek nog hierdie land aan die brand




24/09/2014
hoe meer ek kyk
hoe meer wil dit lyk
die armes is nie so arm 
en die rykes toe nou glad nie so ryk

... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......
dis soms onmoontlik om te weet jy lieg
... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

Father I have sinned (again)
ek voel skuldig oor lui wees en worry en voorgee en ongeloof en bygeloof en oor mense sonder geleenthede, armes en haweloses (veral as dit reën) en vuil gedagtes en te min stiltetyd en geld geblaas op vakansies, kos, kajakke en reise en selfsug en te min moeite met eensames en eiegeregtigheid en ander se toewyding (en my blote praatjies) en my linkerhand se trots oor wat my regterhand doen en oor wat mense van my dink (en wie ek werklik is) en oor bome en dassies en oor my hoogmoed teenoor rassiste, oor lugbesoedeling en oor visse wat ek doodgemaak het en nog gaan doodmaak en te veel eet en drink, voorgee en lieg, vloek en oordeel en begeer . . . en my ego se ewig onvervulde dors amen (nou voel ek bietjie beter, thank you)


 01/04/2013

noudiedag by Helen op Nieu-Bethesda

klippe met groot oë

vanaand is die karoo swart
en sopnat

ek het hom so gereën
dis oor helen martins
en die snippers glas in haar oë

vanaand was die mis soos beton op die berg
en koud
ek het hom so gekry hier in die nuwe bethesda 

dis oor koos malgas
en sy nonnetjie
en daai donker kamertjie
en veral oor daai laaste woorde wat die dominee gesteel het
(en al daai gefluister)

vergeet die uile 
dis kraaie wat nou hier krap
grootoog rondkuier
en blink goedjies bekyk



24/03/2013
Die anonieme ou, wat my uitgevreet het oor my boodskap vanoggend op RSG, gaan heeltemal uitfreak as hy vanaand s’n hoor . . . 

In die middel van sy kritiek (net na hy gesê het ek praat “net soos daai bruin predikers” - ʼn kompliment in my oë), vra ek hom wat sy naam is. ʼn Goeie move, want vir die res van die kort gesprek praat ons toe oor waarom "iemand so bekend soos hy” nie sy naam moet noem nie . . .  (vermoed ʼn regse politikus - of dominee)

Anoniemiteit bring nie die beste in mense na vore nie. 

Tot onlangs kon mense anoniem kommentaar lewer onder aan Beeld artikels - meeste het hulle soos varke gedra, en goed gesê wat hulle nooit in hulle eie naam sou sê nie. Beeld het dit gestop. Beter so.
 
Ons kan die beste van mekaar verskil wanneer ons eerlik is oor wie ons is.
   



.   .   .   .   .

Belangrik om met jou ore te luister - nie met jou ego nie

 ... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......


gisteraand kyk ek 'n program op Aljazeera oor hoe mense gemartel word met musiek by Guantanamo Bay - ek was nog nooit nie daar nie . . . maar nou die dag op radio Jakaranda . . .

  
... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

Is verlede week genooi vir 'n gesprek met Christina Landman op 'n Kruiskyk (moet bely ek het nog nooit self na die kanaal gekyk nie though), vandag 'n gesprek met Abel Pienaar oor die woord fees, die Kerkbode se onttrekking, moeilike vrae . . .  - interessante tye! My en Abel se teologie verskil woes baie, maar ons voel albei ons moet eerlik wees oor wat ons glo / nie glo nie. Say it as it is!

 ... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

Ek is ʼn natuurlike twyfelaar, maar ek het twee vreemde ervarings gehad wat my nou nog help glo - al gaan jy dalk sukkel om dit te glo.

Die een het laat een aand gebeur in Presidentstraat op pad terug van een of ander byeenkoms by die universiteit. Potchefstroom was pikdonker en doodstil. Ek was alleen en dit was winter, want ek onthou ek het ʼn groot jas aangehad wat ek by PEP Stores gekoop het. Waarmee ek so geworstel het die aand kan ek nie meer onthou nie, maar ek was baie depro en vol twyfel en selfverwyt. Ek het net geloop en probeer bid.
    Teen die heining langs die pad was daar ʼn groterige struik. ʼn Straatlig het die plek effens verlig. Skielik was daar ʼn vreemde geritsel. Hande in die sakke het ek ʼn paar tree versigtig nader gestap, tot amper teen die heining. Iets het ander kant die draad gehop.
    Die volgende oomblik hop dit reg op my af. Ek verstyf van die skrik. Dit was ʼn groterige veldmuis. Hy hardloop hop-hop nader, stop ʼn oomblik en klouter eers teen my broek en dan teen my jas op en gaan sit vir ʼn oomblik doodstil hier links van my maag vir my en kyk. Skynbaar vreesloos. Ek het opgehou asemhaal. Oomblikke later draai hy om, klouter af teen my been en hop hop weer terug deur die draad.
    Ek weet nie vir hoe lank het ek net daar bly staan nie. Toe ek effe oor my ergste verbasing is het ek nader aan die heining gestap en probeer uit-figure wat nou net hier gebeur het. Alles was weer stil. Vir my was die aanraking deur die klein diertjie ‘n groot wonderwerk. Die misterie was op daardie oomblik groter en die twyfel minder - ʼn goeie plek om te wees.
    Ek het die studente wat saam met my in die kommune bly wakker gemaak en vertel. 
   Party het my geglo. (Later besef ek: God weet wat Hy doen! As hy byvoorbeeld die trick op my vrou sou trek, sou dit waarskynlik nie haar geloofslewe  aangehelp het nie.)

By ʼn bouvallige kinderhuis in Andra Pradesh teen die Oos-kus van Indië het ek ʼn  paar jaar later weer ʼn vreemde ervaring gehad.
    Weens die bedompige humiditeit en konstante hoë temperature het ek op daardie stadium al vir weke sommer buite op ʼn opvoubedjie geslaap. Daar het ek die grootste vlermuise ooit gesien. Aanvanklik het ek gedink dit is uile, maar toe sien ek hoe hulle hulleself soos groot katte onderstebo in die mangobome ophang. Ek het nooit geweet vlermuise word so groot nie - nou die dag in Varanasi het ek weer van hulle gesien. Dit was vreemd, maar nie so vreemd soos die eintlike storie waaroor dit hier gaan nie.
    Ek het my opvoubed elke dag sommer buite gelos. Die een aand, net na ek gaan lê het, hoor ek iets soos ʼn stem wat sê: “ S k u i f   j o u   b e d ”. Nou, dít was baie vreemd! Ek hoor eintlik selde stemme. Maar weens die aardigheid skuif ek toe maar my bed.
    Die volgende oggend word ek wakker en daar, presies waar ek weke lank geslaap het, tussen die gaatjies, gedruk deur die opvoubed se pootjies, lê ʼn reuse coconut half in die grond in geval. Ek het opgekyk na die palm bo my en vir die eerste keer in ʼn lang tyd weer lewendig gevoel.



vanoggend weer Comfortably numb van Pink Floyd geluister en oor goed gewonder soos, besef ons nog dat straatkinders kinders is
 . . .
Niks is erger as kerkvergaderings nie
 . . .

06/03/2013
Nie 'n goeie week sover nie . . .  By 3 verskillende gemeentes in die laaste paar dae:



Gemeente 1:

David en Karoo bel gister ʼn gemeente om te hoor of hulle die kerkgebou kan gebruik vir ʼn troue. Nee, sê die vrou by die kerkkantoor, hulle kerkraad het besluit slegs gemeentelede mag die geboue gebruik vir ʼn troues. Hoe kan dit wees (?!) wonder ek en onthou toe die oom wat ek vroeër raakgeloop het op die plaas naby daai dorp wat woedend was omdat swart mense troufotos geneem het op die gras voor die kerk. Hy sal seker maak dit is die laaste keer dat dit gebeur, sê hy vir my - hy is glo op die kerkraad. Die oom vertel my toe passievol van sy observasie dat swart mense nooit regtig tot bekering kan kom nie. Sê hy het nog nooit ʼn ware swart-Christen gesien nie (soos hy?).



Gemeente 2:

Paul en sy vrou Nancy (albei sendelinge: Paul by Lig kinderbediening, Nancy by Pen), doen aansoek om by die kerk se woonstelblok in te trek, nee sê die tannie wat die plek bestuur, sy dink nie dit is ʼn goeie idee nie, want Nancy is swart. Op die ou einde gebeur dit tog - lang storie. ʼn Paar tannies is woedend wanneer Paul drie dae gelede op die stoep loop om hulle goed in te trek. Hulle snou hom ʼn klomp lelike goed toe. Hy kom sien my, vra hoe is dit dan moontlik, hulle is dan mense van die kerk? 



Gemeente 3:

Marina (my vrou) kry vandag te doen met ʼn kerktannie wat wyer dat mense daar begrafnis hou as hulle nie gemeentelede is nie - tot sy uitvind die man is ʼn professor, toe is dit skielik reg.



Seker maar net groot toeval - ʼn baie bad week. Dit gaan tog nie so by meeste NG Kerke nie?
 



'n Tyd gelede moan 'n tannie (wat my gereeld moelikheid gee omdat ons kinders van ander kulture help) weereens oor “die swartes” in een van ons huise. Sy haat dit om uit haar woonstel af te kyk op hulle, sê sy, en hulle gedra hulle sleg en raas die laaste tyd ook nog.

"Ja," sê ek. "Tannie moet onthou, hulle is nou maar eers vir 'n paar maande in die kerk. Ons sal maar geduldig moet wees. Kyk net hoe lank vat dit vir tannie? Tannie is al meer as sestig jaar in die kerk en verstaan steeds niks van die Evangelie nie . . . ”

... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

Ons moet dalk net seker maak dat as ons Belhar aanvaar, dit ons nie net internasionaal beter laat LYK nie, maar dat dit hierdie kant deep down beter gaan - of ten minste besig is om beter te word . . .


... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ...... 

. . . sy het die kind gehaat en toe hy amper uit is, was dit sy beurt. 
    Sy ma was ʼn maer, seningrige vroutjie. Het gekreun, geskree en gespartel. Kon hom darem op die ou end met 'n stewige druk en vloek uitforseer. Daar was 'n kort oomblik se stilte - soos vir iemand wat dood is. Haar oë het vaal en verrskrik rondgesoek teen die wit dak, terwyl haar hande natgesweet toevou oor haar bors. 
    Soms, as hy dagdroom, verbeel hy hom steeds ʼn gevoel van verligting toe die suster uiteindelik dit wat nog oor was van die pap string tussen hulle knip en hom wegvat na die tafel vir verlore kinders. 
    Vandag, terwyl hy haar haat, verwyt hy ook homself, want hy verlang soms nog - per ongeluk - na haar warmte en daai veilige gevoel van magteloosheid . . .  



10/12/2013
Te veel Christene sien hulleself as God se speedcops, mense wat geroep is om die sondaars in die wêreld uit te vang - mense met 'n oog vir foute . . .  terwyl ons dalk eerder juis díé mense in die samelewing moet wees wat die mooi goed in die wêreld kan uitwys, wat 'n oog het vir lig, al is dit ook hoe donker.

...whatever is true, noble, right, pure, lovely, admirable - if anything is excellent or praiseworthy - think about such things -Phil 4:8




work hard play hard - and dream a lot

... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

Jesus het 'n groter probleem gehad met die godsdienstiges, as met die sondaars.
Hy was lief vir mense, juis daarom was hy geen people-pleaser  nie . . .

... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......


die post-modernistiese dekonstruksie
van die fundamentalistiese fiksie
- uitgelê in netjies modernistiese kategorieë
want die tukse teoloë is mos fundamenteel teen
fundamentalisme


... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

. . . dalk is ons ontdekkingsreisigers in reuse oerwoud eerder as tuiniers in ʼn park.
Tuiniers wil alles mooi en netjies hê - iets wat onmoontlik is in ʼn oerwoud. 
ʼn Tuinier wil beheer, ʼn ontdekkingsreisiger bewonder.
Waar die tuinier besluit wat in die tuin gebeur, is die ontdekkingsreisiger eintlik heel weerloos voor die woud.
As hy nie versigtig is nie verloor hy homself maklik in die wildernis, verdwaal hy tussen al die lewe om hom. En verdwaal is nie noodwendig so ʼn skrikwekkende gedagte vir ʼn ontdekkingsreisiger as wat ʼn mens sou verwag nie - not all who wonder are lost . . . Eerder ʼn moontlikheid wat sy hart vinniger laat klop, wat hom lewendig laat voel, wat hom weer opnuut laat droom.

... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......


Hier is die gedeelte uit my artikel gister in Beeld wat met die editing uitgehaal is (was seker bietjie lank):
Liefdadigheid sonder werklike omgee gemeenskap het dikwels ʼn ontmagtigende effek op ʼn gemeenskap. Dit maak net die armes meer afhanklik – en die rykes meer tevrede.   
Na my mening is die groot vraag waarmee kerkleiers vandag moet besig wees: “Hoe moet ʼn kerk lyk wat skatryk is aan eiendom, mannekrag, vaardighede en kommunikasiemiddele in ʼn land met die hoogste HIV syfer in die wêreld, reuse werkloosheid en massas weeskinders?” 
Ek is nie seker wat die antwoord is nie, maar ek dink dit sal baie help as ons kan leer om kerk te wees saam met die wat HIV positief is, die werkloses en die weeskinders – en nie net uitreik na hulle nie.
lees hele artikel

... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ...... 

die vroeë kerk het ook hulle probleme gehad . . . maar sonder ʼn eiendomskommissie . . . 

 ... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......




... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

o wee, die ANC is besig om presies dit te word, wat hulle vroeër so passievol gehaat het
... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

15/01/13
Nou die aand by ʼn funksie - na ʼn paar wyne - vertel ʼn dominee, wat oortuig is Jesus is eintlik morsdood, van ʼn professor wat hom uitstekende raad gegee het oor hoe hy steeds op Sondae vir goed-gelowige mense ʼn goeie preek kan afsteek (sonder dat hulle dit agterkom?)  
- wat 'n edele kuns om te bemeester

 ... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

Nuwe versie teen elke ECHO kommune se kombuismuur: "As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie" 2Tes3:10
Ek vermoed dit is nogal nie almal se gunsteling versie nie . . . Interessante tye! 
Why we choose to be a "Community" rather than a "Charity"   



09/03/2017

astonished watching US after-election-behaviour: conservatives and liberals alike seems to have a complete inability (lack of will power) for any form of honest introspection - self criticism totally non-existent  - they act 100% "in principle", backing a certain person and no mater what he or she does, or has done, their group must win the next argument, their hungry ego must be fed, their enemies must be trampled on . . . same here though



 ... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......
 03/09/2012
Jy kan nie jou lewe vir Jesus gee, sonder om jou lewe ook vir die wêreld te gee nie.
 ... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......


01/01/2013
Ek en Marina is vandag 14 jaar gelukkig getroud - time flies when you're having fun! Ongelooflik om 'n vrou te hê wat AL my foute ken en nog steeds lief is vir my. I feel so lucky - en lus vir die toekoms. What a journey. Sy's 'n hemelse wese, die Here weet, 'n genuine engel.

 ... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

as Jesus vir die ryk jong man gesê het hy moet Hom net aanneem as sy persoonlike verlosser en saligmaker, het hy dit waarskynlik gedoen . . . 

 ... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......  
31/12/2012
. . . en waar's daai ruimtetuigies waarmee ons almal veronderstel was mee rond te vlieg teen 2013? Ek het so uitgesien! I feel cheated. Hulle het vir ons daaroor ook gelieg in die '80s 
- en ons op hierdie jeugweerbaarheidskampe gevat en dril oefeninge laat doen en army liedjies laat sing en ons tydens Bybelstudie laat bid dat Mandela nooit vrygelaat sou word nie, "want as hy uitkom gaan hy die Christen kerk vervolg"  
#bug_rogers_het_ook_gejok





18/02/2016
"When Jesus's family heard about this, they went to take charge of him, for they said, ‘He is out of his mind'" - Mark 3:21

Is it possible that this didn’t change, that the Jesus-family today still consider him to be “out of his mind”? 
    Do church leaders, for instance, feel the need to “take charge” of the Jesus movement, because - even if they would never say it - deep down they think his ideas are crazy?
    For the modern church who enjoys the benefits of order, security (and ultimately prosperity), Jesus’s ideas of vulnerability and self-sacrifice sounds only good in theory, in practice it is nearly always rejected as crazy (not Jesus, only His ideas). “You should use your God-given mind and play it save,” they would say . . . 




17/02/2016

baiekortsuidafrikaansekortverhale:
 . . they started the fight, 'cause they didn't know each other's stories . .  




01/02/2016




Die hele kom-ons-beveg-rassisme-met-rassisme-idee is bietjie van 'n dumbass-idee. Dit maak net glad nie sin nie
    "Rassisme" is een van daai woorde wat jou kan vang. Die oomblik as jy dit misbruik, is die kanse goed dat jy skielik self besig is om een te word. Ons word maklik wat ons haat.
    Wanneer die ANC byvoorbeeld deesdae alle kritiek wat na hulle kant toe kom afmaak as "rassisme" ontneem hulle eintlik die woord van al sy potensiële krag.
   As alles rassisme is, is niks later meer rassisme nie.

  
Lets face it, SA is vrot van die rassisme, in die ware sin van die woord - nie nodig om te oordryf nie. Groeiende rassehaat aan beide kante van ons politieke spektrum voorspel niks goeds nie. 
   As 'n woord soos "rassisme" egter te veel gebruik word, in verkeerde konteks en veral wanneer dit oordryf word, verloor daai woord uiteindelik betekenis - is sy potensiaal om werklik nuttig te wees daarmee heen. Of het die teenoorgestelde uitwerking en blaas dit rassehaat verder aan.  
    "Rassisme" word toenemend rassisties gebruik  - mag die Here help dat ons nie ons sense of irony verloor nie. 
 

"I wanted to write about racism and xenophobia in 21st Century England and Ireland, but I wanted to do it in an exciting way so that I could reach more readers. Zombies seemed like a good way to do that . . ."
- Darren Shan

Racism isn't born, folks, it's taught. I have a two-year-old son. You know what he hates? Naps! End of list.

- Denis Leary


03/11/2015


"One day I will find the right words, and they will be simple."
- Jack Kerouac


09/05/2014
'n haai (Zambezi) het my en Chris gejaag - verlede week by Milibangalala - nou voel ek weer lewendig . . .
(dankie haai)




Ek en Nthando luister na Mathilda se (snaakse) middagslapie-storie



12/02/2015
You may write me down in history 
With your bitter, twisted lies, 
You may trod me in the very dirt 
But still, like dust, I'll rise. 

- Maya Angelou


11/05/2015
baiekortsuidafrikaansekortverhale:

Hulle het gesê hy moet ophou spot met Afrikaanse kuntstenaars. Toe is hy eerlik. Toe kruisig hulle hom.


16/06/2017
dead guy sang to me in bed this morning
made me feel better about the day

ironic though
‘cause he killed himself weeks ago
but his voice still echo’s here through
telepathic technology
- and so it will go
that’s the kind of crazy world we're loving-in






05/03/2016
It is possible to stop living (without dying) and just exist. This doesn’t necessary happens when we suffer or face challenges (Some of the most alive people in on the planet knew loneliness, pain and suffering - society often ends up calling them heroes) it happens when we lose our sense of wonder.
  Reality is brilliant and crappy - and sometimes brilliantly-crappy.
  There is a reason for all the crap in our world: every single living thing craps a lot (there’s a lot of shit, because we all shit, often). There is a lot of death on this planet, because everything dies.  
  It's a part of life.
  The the true mystery is the fact that in all this, life and beauty springs up again, everywhere, all over the place.
  We die the day we loose our sense of wonder.
  Being human involves living between two very big worlds, the one enormous in its hugeness (planets, stars, galaxies . . .), the other enormous in its smallness (bacteria, cells, atoms, quarks . . .).
  We don’t look upon it, we can’t, we are always only looking from within.
  Or at least we try.
  A lot of guessing is involved. Society gives to those with the best guesses about the enormous, huge and small worlds, doctorate degrees in physics and astronomy (they call it theories and the scientists
themselves would state that in spite of all the “likeliness" and “probability” they might be way wrong in the end. 'Who knows?' They would say.”)
   The miracle is found in everything, the physical stuff, but also in weird things like emotion, fiction, morality, community  . . .
   This world is wonderful, with all its crap and pain and death. 
   Blessed are those who wonder


. . . what is the way to the abode of light?
And where does darkness reside?

Can you take them to their places?
Do you know the paths to their dwellings?

Surely you know, for you were already born!
You have lived so many years!


. . . can you raise your voice to the clouds
and cover yourself with a flood of water?
 Do you send the lightning bolts on their way?
Do they report to you, ‘Here we are’?
 Who gives the ibis wisdom
or gives the rooster understanding?
 Who has the wisdom to count the clouds?
Who can tip over the water jars of the heavens
 when the dust becomes hard
and the clods of earth stick together . .


Job 38





17/02/2016

baiekortsuidafrikaansekortverhale:
Sy naam was Domarrogant, hy was ʼn jong luigat, het nog by sy ma gebly, maar was gedurig kwaad omdat die regering nie húlle werk doen nie.



15/01/2016
"Deserves it! I daresay he does. Many that live deserve death. And some that die deserve life. Can you give it to them? Then do not be too eager to deal out death in judgement. For even the very wise cannot see all ends.”
J.R.R. Tolkien,
The Fellowship of the Ring 





10/12/2015

Beautiful Mathilda

sy val op my 
van al die wesens wat ek al gesien het is jy die mooiste, sê ek
sy kyk af in my  
. . . feetjies, engele, voëltjies, waternimfe- 
wat‘s nimfe? vra sy
amper soos waterfeetjies, sê ek, of meerminne met vlerke . . .  
toe glimlag sy
ek druk my vinger in haar dimpel 
sy vat my wange in haar hand 
dan spring sy op en huppel weg 
- mis dadelik haar ora - 
eers later laat ek haar vlieg,  
laat ek haar vry 

'n dag gaan verby en my terapeut kom lê weer by my
vra dat ek haar ʼn storie vertel
sure, sê ek
vertel haar ʼn droom
die verskille tussen feetjies en engele en voëltjies
en van ʼn wese sonder naam
sy's beïndruk 
vra nog vrae 
raak aan die slaap





22/06/2013
 If someone actually becomes as "radically free" as we suggest in our sermons (about following the example of Jesus), would we still like them - would they still fit in? 

... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......


“Wind hoort nie in ʼn huis nie!”
“Sê dit vir die wind,” sê ek.
Met die gordyn in haar gesig, trek sy die venster toe.
“Die huis lek.”
“Beter so,” sê ek, “anders sou ons dalk versmoor.” 

... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......





 21/01/2016
baiekortsuidafrikaansekortverhale:

Kosie was op ʼn antidepressant genaamd rooiwyn. 
Dit het egter die teenoorgestelde uitwerking gehad die volgende oggend.



15/02/2015

Nthando, my joy teacher, trying her best to teach me her skill
 
 30/04/2013
Mammon gaan kerk toe

Heel aan die begin van die diens maak hy sy grand entrance. Styg stadig op - sonder die gevlap van vlerke - en hang soos ʼn goue fungi nat naby die nok van die dak. Honger, drillend.
    Onder hom gaan die suigelinge te kere. Maar hy sit stil, doodstil. Wag vir net die regte oomblik. 

    Soos die lofprysing groei, sien van die meer begaafde lidmate in hulle geestesoë hoe iets neerdaal, raak bewus van 'n vreemde teenwoordigheid wat hulle siele aanraak. Hier en daar val iemand om - party val self ander word gestamp.
    Sy spektakels (
spektakels nie tentakels nie, want dit was 'n great show)) begin beweeg, heen en weer, heen en weer, asof gesinchroniseerd op die maat van die groeiende ritme, soos die lang vingers van ʼn dirigent - of 'n hidroterapeut. 
    Die invisible-hand is nou voluit aan't werk.
    Iemand in die agterste banke kan dit op ʼn stadium nie meer hou nie en bars in trane uit, vreugdestrane.
    Na wat soos ʼn ewigheid voel, word dit uiteindelik stil.
    Die leier, ʼn man met ʼn dik boek en ʼn groot goue ring, neem beheer en koördineer nou dinge van voor af. Diakens, ushers, skoonmakers, kategeseonderwysers, die klankingenieur, kameraman, koster - die Vader, die Seun en die Heilige Gees - almal moet help voer. Geen wese word gespaar nie. Selfs die demone, hulle moet stoot terwyl die engele trek.
   Alles verloop verbasend glad.
  Dis nogal iets om te aanskou, wanneer Mammon Sondae kerk toe gaan, die tipe ding wat mens sou dink jy net in flieks sien.














14/01/2016
Die KGB idee 
In reaksie op Solidariteit se #geeREG reaksie op my Beeld artikel die week. Ek stem saam dat mense mooi moet dink hoe hulle gee, ek is self by 'n hulporganisasie (glo my, dit sou lekker wees om net te sê ja stuur die geld, laat Echo hulle help) maar persoonlike betrokkenheid kan op die ou einde 'n groot verskil maak - in die ou in nood se lewe en in die een wat probeer help . . . 


In ons Echo-gemeenskap kies ons doelbewus om saam met mense in nood leef eerder as om net van 'n afstand af uit te ryk en uit te deel (Community vs Charity). Die vraag bly egter wat maak ek met die hawelose ou op straat, of ander mense in nood by wie ek verbyry?
    Dit is belangrik dat ons saam met ander op meer georganiseerde maniere betrokke is in hierdie wêreld, maar dit hef nie ons persoonlike verantwoordelikheid op nie. Te veel mense troos hulleself dat hulle 'n paar rand of blikkieskos vir 'n organisasie stuur (lees: Liefdadigheid is nie genoeg nie).
    Ek het op ʼn stadium met ʼn skok besef dat ek self eintlik besig is om te skuil agter wat ons Echo-gemeenskap doen. Die vraag wat my begin pla het was, wat doen ek in my eie persoonlike hoedanigheid, veral daar waar niemand anders sien nie?
    Praat ʼn mens oor die nood is baie mense se eerste reaksie: “Maar ek kan nie almal help nie! Moet ek nou vir elke bedelaar ʼn muntstuk gooi?” Moeder Teresa se antwoord was: “If you can’t help a hundred, then help one”
    Dis waar dat ons nie almal kan help nie, maar dit beteken nie dat ons niemand kan help nie.
    Dink jou in wat sou gebeur as elkeen wat hom/haarself ʼn Christen noem, behalwe vir  ondersteuning aan hulp-organisasies, 'n langtermyn verhouding sou bou en belê in die lewe van een persoon in nood. Nie net elke dag 'n muntstuk vir hom/haar gee nie, maar tyd vat om die persoon werklik te leer ken.
    Shane Claiborne het gesê "The problem is not that we don't care about the poor, the problem is that we don't know the poor." Die probleem in ons kerke is dat ons eerder oor armoede praat, as met armes praat.
    Sê nou jy sou ʼn langtermyn verhouding bou met byvoorbeeld daai straatkind wat elke dag staan en bedel op die hoek van Duncan- en Kerkstraat hier in Pretoria. Sê nou jy sou tyd neem om die waarheid omtrent die outjie se storie te leer ken. Jy sou moeite doen om dit op te volg deur te gaan kyk waar die kind vandaan kom. Sê nou jy sou weekliks kontak maak, nou en dan saam met hom daar op die straathoek gaan sit en 'n toebroodjie eet, sy vriend word en bereid wees om ook by hom te leer? Jy sou oor maande sy vertroue begin wen en saam met hom begin droom en nuwe planne uitdink? Sê nou jy sou die link wees na professionele hulp, of 'n moontlike organisasie wat kan help - en nie dan net weer verdwyn nie.
    

Omgee word gespel: M O E I T E.
    Selfs die hardste mens begin op een of ander stadium glo dat iemand werklik omgee, wanneer daardie persoon aanhou moeite doen - meer doen as wat van hom/haar verwag word. (Onthou net, die moeilikheid kom dikwels ʼn lang pad, kanse is groot dat die herstel en groei ook lank kan vat!)
    Ons het in ons Echo-gemeenskap op ʼn stadium ʼn projek begin wat ons noem die “KGB projek”. 

    Die idee is dat jy ʼn langtermyn verbintenis maak met ten minste een persoon in nood. Jy kry 'n swart bandjie om jou te herinner aan drie minimum commitments, die “K,G en die B” sê elk iets van hierdie verbintenis:
    K - Maak weekliks KONTAK. Eet byvoorbeeld een keer ʼn week ʼn toebroodjie saam met hom/haar (sommer daar op die straathoek). Ontmoet die persoon waar hy is. Leer hom ken. Word sy vriend.
    G - Raak fisies betrokke deur te GEE. Help hom of haar om ʼn ID dokument te bekom, om blyplek te kry by 'n skuiling of hulp-organisasie, om by ʼn program in te skakel, of dalk om te gaan vir rehabilitasie, om ʼn CV op te stel, om ʼn werk of ʼn bestuurders lisensie te kry . . . Dit gaan baie afhang van of dit ʼn straatkind of ʼn bejaarde persoon of dalk ʼn enkel ma is wat in nood is.
    B - Bid daagliks vir die persoon (en meld aan vir diens!). 


Die idee is dat, in plaas daarvan dat ons verlam word deur die reuse omvang van die nood, elkeen van ons met ten minste een persoon ʼn pad begin stap.
    Hulporganisasies wat daagliks sopkombuise bedryf, huisvesting gee of op een of ander manier by die bemagtiging van mense in nood betrokke is, kan dien as wonderlike platforms vanwaar hierdie langtermyn verhoudings aangeknoop kan word.
    Moet egter nie dat ek jou hier bluf nie! Om met party van hierdie mense “die lang pad te stap” is geen eenvoudige saak nie. Jy gaan hardkoppig moet wees soos nooit te vore nie (een van die geheime van die lewe is mos om hardkoppig te wees oor die régte goed!). Jy gaan al die hulp nodig hê wat jy kan kry. En jy gaan veral bereid moet wees om sélf te leer en te groei.
    Nou die dag word ek gevra om met die grootkoppe van ʼn finansiële maatskappy te praat. Ek het ʼn vreemde gevoel gehad dat ek dié keer nie moes vra vir finansies nie, maar vir hulle tyd en teenwoordigheid in ons kinders se lewens. Ek vra toe of van die direkteure nie sou kans sien om een keer ʼn week vir 'n uur lank van ons tieners wil leer bestuur, en dan vat vir koffie nie - net dit. Dit was te veel gevra. Nie een van hulle het tyd gehad nie. (Ek was na die tyd jammer ek het nie eerder vir geld gevra nie!)
    Kan jy dink watter impak 'n langtermyn verhouding met 'n direkteur of een of ander professionele persoon op 'n weerlose kind se lewe kan hê (daar is goeie voorbeelde hiervan - al is hulle min).
    Weerlose mense het, meer as enige iets anders, die teenwoordigheid van iemand wat regtig belangstel en omgee in hulle lewens nodig. by Echo sê ons, “it's easier to grab opportunity, when you're in community”.
    Hulporganisasies soos ons het skenkings en finansiële bystand broodnodig, maar lets face it, mense in nood kort meer as programme, kos, geleenthede en strukture. Hulle het iemand nodig. Iemand wat werklik belangstel en bereid is om die lang pad van die lewe saam te stap. Die diepste vorm van armoede is eensaamheid, die afwesigheid van betekenisvolle verhoudings. Niks is meer verlammend as dit nie.
    Elkeen kan iemand
wees vir iemand in nood .

Die hele “swart-bandjie-KGB idee” is nie almal se cup of tea nie, ek weet. Daar is sekerlik baie ander maniere. Vergeet daarvan as dit jou pla. Maar gaan dink ten minste oor die beginsel - dit kan jóú lewe verander!

lees meer: From Charity to Community . . . 

 



 27/10/2015
die versies in die Bybel wat my die meeste pla is nie die klomp wat ek nie verstaan nie, maar die paar wat ek wel verstaan






13/02/2015
baiekortsuidafrikaansekortverhaal:

Koos moes alleen huis toe stap. Hy was bang vir die seekoei. Vandat hy met haar dogter getrou het, is daar hierdie snaakse kyk in haar oë.



23/10/2015
Richard Selzer, MD, writes:

"I stand by the bed where a young woman lies, her face postoperative, her mouth twisted in palsy, clownish. A tiny twig of the facial nerve, the one to the muscles of her mouth, has been severed. She will be thus from now on. The surgeon had followed with religious fervor the curve of her flesh; I promise you that. Nevertheless, to remove the tumor in her cheek, I had to cut the little nerve.
   Her young husband is in the room. He stands on the opposite side of the bed and together they seem to dwell in the evening lamplight, isolated from me, private. Who are they, I ask myself, he and this wry mouth I have made, who gaze at and touch each other so generously, greedily? The young woman speaks.
   “Will my mouth always be like this?” she asks.
   “Yes,” I say, “it will. It is because the nerve was cut.” She nods and is silent. But the young man smiles.
   “I like it,” he says, “It is kind of cute.”
   All at once I know who he is. I understand and I lower my gaze. One is not bold in an encounter with God. Unmindful, he bends to kiss her crooked mouth and I am so close I can see how he twists his own lips to accommodate to hers, to show her that their kiss still works . . ."







12/11/2015 
Jesus loved the world to much to be a People Pleaser - what he said often disturbed the powerful, the religious and the wealthy 







05/11/2015
“There is meaning in every journey that is unknown to the traveler.” 
Dietrich Bonhoeffer



19/10/2017
Reality is more creative than Fiction 
observance seems to be the secret to writing . . .
- back again to the truth of awareness - of the reality I so often try to escape 
Lord help me!



      
22/01/2015
honesty and creativity, what a fascinating combination




 01/08/2013

Someone once asked Mother Teresa, "When you pray, what do you say to God?" Her answer startled the interviewer. She said, "I don't say anything, I listen." Not knowing how to answer, he fumbled around for words and finally said, "Okay! When you pray, what does God say to you?" Mother Teresa answered, "He doesn't say anything. He listens. If you don't understand that, I can't explain it to you."





06/05/2013
Die laaste tyd trip ek op Kierkegaard en Tolstoy. Veral Tolstoy. Fassinerend. Hy was obsessief oor die bergprediking; veral Jesus se opdrag om lief te wees vir jou vyande en om boosheid nie met geweld te weerstaan nie. Die kerk in Rusland het hulle gou van hom gedistansieer - hom uiteindelik ge-ekskommunikeer.  
     Dit was ironies genoeg die Hindoeleier, Mahatma Gandhi (wat homself beskou het as ʼn dissipel van Leo Tolstoy, na hy o.a. "The Kingdom of God is within you", wat in reeds 1885 geskryf is, gelees het) wat die - Evangeliese - idees van Tolstoy vir die eerste keer hulle krag laat wys het in die groter politieke arena. (Later ook Martin Luther King - en tot ʼn mate  Nelson Mandela)
     Tolstoy was dapper, eerlik en duidelik. Ek het nog altyd gevoel, mense sal ons as Christene dalk begin glo wanneer ons praat oor die mooi goed, as ons ook eerlik is oor die lelike goed. Sy woorde was tegelyk ontstellend en mooi. Geloofwaardig - al stem jy nie met hom saam nie. Tolstoy was eerlik oor sy geloof en oor sy ongeloof.
      Hoe sou mens hom beskryf? Ek weet nie. 'n Agnostikus wat vir Jesus gevolg het? ʼn Mistikus wat die kerk gesien het as die mees onetiese beweging op aarde? Na my mening die naaste wat die “moderne” wêreld gekom het aan ʼn profeet. 
     Ek het nog nie sy groot romans gelees nie (baie kenners meen, “War and Peace” is die beste roman wat ooit geskryf is). Ek het wel “The Kingdom of God is within you”, “A Letter to a Hindu” en onlangs “Conversations with Tolstoy” gelees. 
     Tans lees ek “A Confession”. Dit gooi my nou al dae lank van balans af, laat my wakker lê in die nag, my gedagtes in die dag rond dwaal. Marina moan dat ek hardop met myself sit en praat (dalk was dit met Tolstoy?). Jy kan onmoontlik met alles saamstem, maar lanklaas het iemand my so uitgedaag om Jesus se woorde ernstig op te neem. 

Hier is 'n paar woorde van Leo Tolstoy onder andere oor die Britse besetting van Indië:

Jesus said "You have heard that it was said an eye for an eye, and a tooth for a tooth. But I say unto you, resist not evil. If one smites thee on the left cheek, turn him the other also; and if someone goes to court to get your coat, then give him your cloak also". Noah, Moses and the prophets taught that the evil doer must be punished with death; wrong must be opposed by wrong, murder by murder, evil with evil. But Christ rejects all this.
    Situation in India? What does it mean that thirty thousand men – not athletes but rather weak and ordinary people – have subdued two hundred million vigorous, clever, capable and freedom-loving people? Do not the figures make it clear that it is not the English who have enslaved the Indians; but the Indians who have enslaved themselves?
    If the people of India are enslaved by violence, it is only because they themselves live and have lived by violence, and do not recognize the eternal law of love inherent in humanity.
    As soon as men live entirely in accord with the law of love natural to their hearts and now revealed to them, which excludes all resistance by violence; and hold aloof from all participation in violence – well, as soon as this happens, not only will hundreds be unable to enslave millions; but not even millions will be able to enslave a single individual. - Leo Tolstoy

Mahatma Gandhi oor Leo Tolstoy (19th November, 1909):
"Tolstoy's life has been devoted to replacing the method of violence for removing tyranny or securing reform by the method of non-resistance to evil. He would meet hatred expressed in violence by love expressed in self-suffering. He admits of no exception to whittle down this great and divine law of love. He applies it to all the problems that trouble mankind.
     When a man like Tolstoy, one of the clearest thinkers in the western world, one of the greatest writers, one who as a soldier has known what violence is and what it can do, condemns Japan for having blindly followed the law of modern science, falsely so-called, and fears for that country 'the greatest calamities', it is for us to pause and consider whether, in our impatience of English rule, we do not want to replace one evil by another and a worse. India, which is the nursery of the great faiths of the world, will cease to be nationalist India, whatever else she may become, when she goes through the process of civilization in the shape of reproduction on that sacred soil of gun factories and the hateful industrialism which has reduced the people of Europe to a state of slavery, and all but stifled among them the best instincts which are the heritage of the human family.
     If we do not want the English in India we must pay the price. Tolstoy indicates it. "Do not resist evil, but also do not yourselves participate in evil—in the violent deeds of the administration of the law courts, the collection of taxes and, what is more important, of the soldiers, and no one in the world will enslave you”
     There is no doubt that there is nothing new in what Tolstoy preaches. But his presentation of the old truth is refreshingly forceful. His logic is unassailable. And above all he endeavours to practise what he preaches. He preaches to convince. He is sincere and in earnest. He commands attention."
- Mahatma Gandhi

10/08/2015

in 'n maand met die naam augustus het my ma die aarde verlaat
sy’t opgestyg
alles agtergelaat
vir ons, die donker - en ’n fokker met die naam Kanker
en só is sy gebore in stukkies stof en as
wat waai en waai en waai - sy't nog altyd gehou van vlieg
met die tyd sal sy seker deel word van sterre en onbekende biologiese prosesse
wie weet?
      maar vir nou
                        hang sy nog eers hier  r
                                                              o
                                                                      n     
                                                                                 d  




 3/2/2017

Ek is die afgelope paar weke besig met The Shadow of the Wind deur Carlos Ruiz Zafón wat in Barcelona afspeel - luiste die audio-book.
  Trump het pas aangekondig dat hy 'n muur gaan bou en Moslems van 7 lande verban om Amerika te besoek.
    Ek sukkel om te slaap, net voor 01:00 luister ek die audio boek verder en hoor presies die qoute wat ek vroeër toevallig op 'n website gelees het:  “. . .sometimes one feels freer speaking to a stranger than to people one knows. Why is that?"
“Probably because a stranger sees us the way we are, not as he wishes to think we are.”

Weird!

Massif toeval. 
Staan op, skryf dagboek, probeer eerlik wees oor amper als tans, eerste keer in 'n baie lang tyd:




Dagboek: So lyk dit vandag (eintlik vannag) 03/02/2017
Hel, wat het alles vandag gebeur? 'n Meisies in een van ons hoërskoolhuise het 'n ander meisie by die skool geslaan en nou wil die ouers 'n saak maak . . . daar is helder oor dag ingebreek by Vyfster, een van ons naskoolhuise . . . ek en Mathilda het balklei, want sy en Nthando het baklei . . .
 Dis 'n vreemde tyd. Vanmiddag was ek by 'n vergadering saam met 'n klomp regters, prokureurs, advokate . . . belangrike mense, hulle begin 'n gratis Christen-regshulp-kantoor gefokus op “Justice for the poor". Eberhard Bertelsmann - afgetrede hooggeregshof regter - het my herhaalde kere voor almal bedank en gesê die hele ding is my idee. Die probleem is ek kan glad nie onthou dat ek enigsins die ding uitgedink of geïnsinueer het nie - en ek sê dit nie omdat ek kamstig nederig probeer wees nie (al wil ek wel hê mense moet dink ek is nederig). 
   Is soos deesdae 'n ou Iphone met te veel apps oop. Honderd uiteenlopende goed en deadlines . . . Maar ek wil net slaap en lees - het min energie, al minder dissipline.  
   Dis asof my lewe al meer publiek raak. My ego love dit, maar ek twyfel of dit my 'n beter mens maak. Sukkel al meer om te fokus op die goed wat ek verkondig as belangrik.
  Het byvoorbeeld laasjaar laas op straat geslaap saam met straatmense, die jaar voor dit het ek dit op 'n stadium heavy gedissiplineerd gedoen, op 'n stadium ten minste een aand 'n week . . . dis asof die gemak, en die groeiende vrese, en die lusteloosheid my nou verlam, hel, kry darem weer stiltetyd gehou deesdae, dalk sal ek iewers weer wakker word. Jy kan nie gemak-veiligheid-stabiliteit hê, en avontuur-ontdekking-awareness nie. Jy moet een van die twee kante kies. Soos die een meer word, word die ander minder.
    Was vanoggend op Radio Pretoria, gister op Groot Fm vir die opname van my weeklikse “inspirasie” , verlede week op Radio Kansel, die week voor dit weer op die TV . . . ek skryf lank reeds maandelikse rubrieke vir Beeld en Maroela Media . . . nou is ek ook 'n rubriekskrywer vir Finesse. Hulle doen ook 'n artikel oor my (geloofstorie), was laas week vir twee ure lank betrokke in 'n fotosessie, waarin ek verskillende uitrustings moes aantrek, my kop vorentoe buig soos 'n skilpad, grimering . . . hulle was heeltyd gepla omdat ek net effens lag, wou my skewe tande sien . . . 
   Die ironie is dat ek verlede Sondag by Echo gepreek het oor die teks in Mattheus wat sê ons linkerhand moet nie weet wat ons regterhand doen nie.
   Was laas week in die Kaap vir die opening van ons nuwe huis in Stellenbosch. Nice mense wat my woes hero - dink van hulle is nogal teleurgesteld nou dat hulle my leer ken, dis asof iets in my hulle aspris wil teleurstel . . . help nie hulle glo 'n leuen nie.
   Meeting met ou van Grote Kerk gehad - wil
ook 'n huis oopmaak.
   Voel heelwat druk en allerhande groeiende vrese met betrekking tot Echo wat al hoe groter word, en steeds bitter min struktuur het en amper geen sekuriteite - wat my eintlik pas, want al is ek waarskynlik met tye heel manipulerend om my sin te kry, voel ek eintlik min vir beheer. Community funksioneer baie beter vanuit onderlinge vertroue en passie as control.
   Het Sondag gepreek by NG Lynnwoodrif, oggend en aand. Die aand was beter. Ek het besef ek moet sagter en kalmer praat - dan konsentreer ek beter en is ek meer real. Volgende week praat ek drie aande by Rand en Dal gemeente in Krugersdorp.
   Susan van Lux Verbi wil hê ek moet 'n boek skryf, het al twee keer vir haar belowe dis reg - en nog niks geskryf nie. Sy raak ongeduldig. Ek het nou belowe ek sal middel Februarie die eerste hoofstuk stuur. Weet nie hoe ek aan die skryf gaan kom nie though.
   Coenie van Carpediem wil boek publiseer met al my artikels en rubrieke van die afgelope paar jaar - klink minder moeite.
   Ek is eintlik besig met twee fiksie boeke, Bog en Mortel. Een is eintlik soorvan klaar ander een half. Dis vir my baie lekkerder as die teologiese goed - selfs terapeuties. Bog, het ek seker al 6 keer oorgeskryf en ek het nou die dag amper die balls gehad om die manuskrip vir uitgewers te stuur - onder 'n skuilnaam. Maar toe loer ek weer en sien hoe baie byvoeglikenaamwoorde daar is wat nog uitgewis moet word, en woorde soos “meteens” en “skielik”. Mortel fassineer my, ek is nou halfpad met die boek . . . worry my dood oor wat volgende gaan gebeur.
   Ek is ook besig met 'n digbundel, waarskynlik ook onder 'n skuilnaam, (Jaco Strydom is só 'n crap naam), gedink om die bundel te noem Vlees van die “Windwesens - Feetjies, engele, vlieë en voeltjies” of so iets. Ek dink natuurlik my gedigte is briljant - my ego love die goed wat ek skryf en gaan my, as dit nie aanvaar word nie, waarskynlik oortuig dat die ander mense is wat nie skerp genoeg is om ware kuns te verstaan of te waardeer nie. My ego is soos die duiwel: 'n wonderlike leuenaar.
   Ek is woes lui, terwyl ander mense werk, sit ek en lees en skryf en koffiedrink saam met allerhande vreemde mense op allerhande gemaklike plekke. Ek haat admin en stel dit heeltyd uit tot op die nippertjie. Is amper seker admin kom uit die hel uit - kan my nie indink dat Jesus admin sou doen nie.
   Dit lyk gelukkig van buite af egter nie of ek só min doen nie. Ek is byvoorbeeld baie weg. Marina sê ek was laas jaar 84 dae van die huis af. So ver gaan ek  al 7 keer Kaap toe
die jaar vir praatjies, ook Namibië, Potgietersrus (of wat ook al haar nuwe naam is), ander klein plekkies, Heidelberg, kerke in Pretoria . . . my dagboek scare my - en dit na ek al vir sewe preekreekse by gemeente nee gesê het die jaar (ek sê actually nee vir stuff). 
   Nie seker of ek kla of brag nie, daar is moeiliker werke as om te moet staan en praatjies praat en daar's allerhander purks vir Echo - en ek love dit om te travel (dan kan ek audio books luister, my nuwe ding).
   Tussen dit alles het ons 10 mense op ons erf in die Moot in Pretoria - 12 met my skoonouers wat hier kuier. Ek moes die hele week elke oggend die kinders skool toe vat - want ek was mos laasweek in die Kaap “en Marina kan nie alles doen nie” (sug). Katinka is nou in die hoërskool, Nthando en Abel in graad een, saam met Mathilda in Pierneef laerskool en Amo, Gift se kleintjie, is nou ironies genoeg in die Hervormde kerk se kleuterskool - al is hy swart. Chaos. Vat my amper 40 minute om almal skool toe te kry. Community is nie altyd fun nie. Lus om weer te slaap as ek by die huis kom.
   Voel bietjie depro, maar die lewe is eintlik nie te boring nie, as ek mooi daaroor dink. Alhoewel? Is weer lus om alleen vir 'n week te gaan roei op Pemba anderkant Zanzibar soos laas jaar (buite slaap en kaal loop op 'n eiland . . . “lewe”), maar ek is so broke dat my selfoon aftrekking nie gister kon af gaan nie, Marina moes al twee keer vir my geld oorbetaal. Sy raak bang en vies oor ons finansies. Ek sukkel om te worry.
   Ek het groot skuld gemaak en my gat af gewerk die laaste twee jaar om 'n hermuts-hut en 'n hippy-shack te bou langs die rivier op die plaas. Voel nou te sleg om meeste mense geld te vra wat die plek gebruik - die skuld haal my van tyd tot tyd bietjie in. Maar moenie worry nie ek is steeds freaken skat ryk. Was nog nooit weer arm vandat ek destyds in Indië gebly het nie.
   Was vanmiddag by Andre wat die plaasprojek bestuur in ICU, lyk beter, maar nie goed nie (kanker is 'n fokker). Na die tyd het ons Move gehad met al ons Echohuise se leiers, in ons sitkamer. Fantastiese mense, al is van hulle woes uitputtend. More oggend vyfuur moet ek Marina lughawe toe vat - en dis nou amper twee uur, so ek gaan nou slaap
 











 20/08/2014
War war war . . ?!!
I think it works something like this:
they bomb your neighborhood, kill someone you love, and you don't care who's right or wrong any more, suddenly the enemy seems obvious (sug)
#Gaza 


Neels het my vandag bemoedig (kerkooms wat van oorlog hou is kwaad oor my artikel vanoggend in Beeld) deur 'n qoute wat hy glo in die onlusjare agter op 'n badkamer deur gelees het:  "Fighting for peace is like fucking for virginity" (dit het my baie my gehelp, het onder andere my gedagtes laat dwaal van oorlog na seks) 

Hier is 'n uittreksel uit my artikeltjie :

Elke nou en dan vertel 'n oom my die grappie van Yasser Arafat wat destyds samesprekings met Ariel Sharon gehad het. Dit gaan so:
     Ariel Sharon sê, voor hulle begin, wil hy net eers hê hulle moet 'n kwessie bespreek wat in die tyd van Moses gebeur het.
    Waarop Yasser Arafat verontwaardig antwoord: “Maar daar was nie eens Palestyne in Israel daai jare nie!”.
    Ariel Sharon sê dan: “Nou dat ons dít uitgeklaar het, kom ons praat oor die grond kwessie!”.
'n Lekker grappie vir meeste Afrikaner ooms om oor te vertel. Tot Julius Malema daai trick trek! Skielik is die grappie glad nie meer snaaks nie. Dis net snaaks as ons die Jode is, nie as ons die Palestyne is nie.



 06/10/2015
So you have no problem ordaining the rich young man, but the gay must stay away - and you get this from Jesus?  

(Is it perhaps because you're rich . . . but not gay?) 

ohhh, the inconsistency in that kind of theology . . .


 11/09/2014
 baiekortsuidafrikaansekortverhale:

Steve en Zuma het die liberales gehaat, hulle was konserwatief oor als - behalwe seks







6/11/2015
We are  fascinated by the stories of St. Francis of Assisi, because he showed us that the life of Christ is possible, beautiful and believable . . . 

Thomas of Celano (1200 – c. 1265) wrote:

"The brothers who lived with him knew how his daily and continuous talk was of Jesus and how sweet and tender his conversation was, how kind and filled with love his talk with them.  His mouth spoke out of the abundance of his heart, and the fountain of enlightened love that filled his whole being bubbled forth outwardly. Indeed, he was always occupied with Jesus; Jesus he bore in his heart, Jesus in his mouth, Jesus in his ears, Jesus in his eyes, Jesus in his hands, Jesus in the rest of his members....
And because he bore and preserved Christ Jesus and him crucified in his heart with a wonderful love, he was marked in a most glorious way above all others with the seal of him whom in a rapture of mind he contemplated sitting in inexpressible and incomprehensible glory at the right hand of the Father...."
—Thomas of Celano, First Life of St. Francis




30/09/2015
 Suid-Afrika se jaarlikse moordsyfer het gestyg met 4,6% sê die koerant vanoggend. Dis verskriklik, dink ek, die amper 18 000 mense is egter lankal vermoor - verlede jaar al - meeste van dié wat hierdie boekjaar se statistiek moet volmaak lewe op hierdie stadium nog - hulle moet nog vermoor word. Hulle drink seker ook vanoggend koffie en lees die koerant en wonder waarheen alles op pad is. 




23/04/2014
ek onthou
nog die paasskou
revolusionêre skoonmaakmiddels
stofsuiers wat jou lewe kon verander
spuitgoed wat keer dat jou bril toewasem
- en daai remote controlled voëltjies met die plastic vlerke -
ek onthou nog paasfees
al daai hasies met die eiers
en die kerke met die torings en die klokke
maar dis alles in die past nou
die paasfees
die paashaas
daai hele past-show





27/07/2014

Daar is 'n nuwe vryheid aan die groei in die kerk wêreldwyd, ook hier in Suid-Afrika. Die army-oom wat ons destyds in weerbaarheids periodes laat bid het teen Mandela se vrylating, “want hy gaan die Christene vervolg,” het sy fout besef. Al hou hy nie van Zuma nie is dit vir hom lekker om vandag met 'n oopknoop hemp kerk toe te gaan.
Dis nie deesdae so maklik om die ooms en tannies kwaad te maak nie. Hulle wil actually hê die dominee moet eerlik wees. Hulle is moeg gevlei. Hulle soek die waarheid al is dit moeilik, ongemaklik, selfs lelik. Hulle soek nie meer predikers wat “net sê wat hulle graag wil hoor” nie - die uittog na die APK is verby.
Meeste kerkmense wat ek teëkom gee regtig om vir hierdie land en haar mense. Daar is ontsteltenis oor dinge wat in die politiek gebeur - enigiemand wat omgee sal ontsteld wees - maar daar is ook 'n verfrissende nuwe diep soeke na spiritualiteit.
Kerkmense, selfs in die susterskerke, het die afgelope twintig jaar begin uit-figure dat Jesus belangriker is as die kerkorde en dat die kleur van jou das eintlik glad nie saak maak nie. Dat die “regte belydenis” sonder liefde niks is nie - al het jy die geloof om berge te versit (1Kor 13:2).
Wat 'n verligting.
Ons mag deesdae reguit praat oor dinge wat regtig saak maak. Goed soos: politiek, rassespanning, geld en seks - al is die gay kwessie by baie kerke nog 'n taboe. Die ergste wat deesdae gaan gebeur is dat 'n oom opstaan en uitstap uit die erediens (of hate-mail van 'n sekere tannie in Richardsbaai).
Niemand gaan jou martel by Vlakplaas nie. Jou huis gaan nie deur die veiligheidspolisie dopgehou word nie. Hulle gaan nie jou foon tap omdat jou teologie verkeerd is nie. Jy hoef jou nie te bekommer dat iemand vir jou 'n briefbom gaan stuur (soos destyds vir Vader Michael Lapsley) nie.
Die vervolging is verby!
Al daai boeke by die teologie fakulteite wat apartheid uit die Bybel regverdig het, het saggies verdwyn. Die Broederbond is vir alle praktiese redes saam met die NP dood. Selfs die Hervormde kerk sê deesdae dit was verkeerd om swart broers en susters te verbied om saam met wit Christene te aanbid.
Ook die sinode sal jou niks maak nie - veral as jy in die NG Kerk is - anything goes!
En ek verkies dit so, al is dominees en dosente met “ongeloofsekerheid” vir my 'n vreemde gedagte . . . lees verder

(My rubriek in Beeld 29/07/2014)


13/11/2015

too many bored-again-Christians - like firefighters talking fire-fighting-philosophy around a camp fire, candles hanging around neon lights... 

nothing makes sense to a candle who keeps to the light - but theological chitchat

oh, the irony 
that to a light 
darkness brings clarity 


13/11/2009


Nou die dag het ʼn sinode-oom my by ʼn kerkvergadering ʼn drukkie gegee. Nou, nadat ek die kerk in die koerant daarvan beskuldig het dat sy arm mense se geld gebruik vir eie gewin, los hy my uit . . . (dankie tog)


 12/09/2014
 baiekortsuidafrikaansekortverhale:

Koos moes alleen huis toe stap. Hy was bang vir die seekoei. Vandat hy met haar dogter getrou het, is daar hierdie snaakse kyk in haar oë.









10/11/2015
"Brief oor gays aan kerk se voordeur gespyker" - sien, selfs die mense teen die gay besluit spyker  
- https://twitter.com/jacostrydom_

"Maar, laat hy wat nie spyker nie (in die bed, in sy kop, teen die kerkdeur . . . ) die eerste klip gooi"  
(ek wou meer grafies wees, maar as die tweet nie goed afgegaan het nie, gaan prentjies . . .) 

#almal_spyker




01/03/2015
"Marina kan nie uitgepraat raak nie. Iets groots het in ons huis gebeur. Sy vertel dit vir almal wat kom wyn drink: haar man het vir die eerste keer in veertien jaar sy studeerkamer reggepak (en, voeg ek dan by, besluit om dit van nou af elke veertien jaar te doen).
  Ek moes van 'n massa goed ontslae geraak. Stupid onnodige goed waarmee ek deur die jare leer saamleef het.
  Vandag is my studeerkamer minimalisties: 'n enkele stoel, 'n matras, ’n meditasiematjie en 'n boekrak (die lessenaar is ook gefire). Ek kan dit weer daar binne waag . . ." 
   "Om kerk te wees vandag het jy ten minste vyf of ses van die volgende goed nodig: 'n kerkgebou of ouditorium, teologiese opleiding,’n koster, belydenisskrifte, kerkreg, 'n sinode, 'n saakgelastigde, 'n jaarlikse ringsitting, 'n kalender, 'n Bybel, ’n website, ’n konsistorie, 'n klanksisteem, 'n pastorie, 'n letterbord, liturgiese handleidings, 'n dataprojektor, 'n klomp geld, 'n orkes, beligting, kontrakte, kommissies, ’n preekstoel, 'n toring met 'n hoender op . . . - en deesdae selfs 'n vurkieheining . . . "
(Lees my rubriek vandag in Kerkbode) 



09/02/2014

my onderhoud met Heidi Baker 
   " . . . fassinerende mens. Moeilik om te beskryf. ʼn Vreemde wese! Ek het haar gevra oor . . ."    lees meer

 

 #FassinerendeMENSE







18/10/2015
'n Tannie stop my na kerk. Sy is kwaad oor die NG Kerk se besluit oor gays.
   “Maar ek is self gay,” sê ek, “Tannie moet bietjie mooi kyk, Marina is eintlik 'n transvestiet.”
   Sy is sprakeloos. Dit vat haar 'n paar sekondes om te besf dis net 'n grappie. Maar sy lag nie. 

  
 (Later lag ek maar - huil help nie meer nie)


16/03/2015
sê nou iemand sou 'n studie doen en gemeentes se finansiële begrotings gebruik om te bepaal wat hulle teologiese prioriteite is . . . 

.. . . .... . .. ... . . . ...

every child needs at least one adult that is crazy about him/her
.. . . .... . .. ... . . . ...

na hy die kind geslaan het op die lip
die klein kop oopgekrap het
- gekraak het deur die been
toe sy tong uiteindelik ophou skree
hy skielik stil raak
die roggel opraak
sy oë van glad na grof raak
het hy die lyk gesleep
en hom gelos om op die hoek van duncanstraat te bedel


16/05/2010
Ek kan nooit verstaan hoe ander mense kan dink hulle kinders is die mooiste nie, ken hulle dan nie my kinders nie?

... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

bipolêre pretpark van chemiese psigiatrie: 
die kind moet binne bly
want grootmense speel nie
- nie meer nie
hulle slaap net en staar en wag




11/11/2015 
Toe sien ek
 . . . dat die ou tannie met die swak teologie wat drie weeskinders in haar plakkershuis inneem, meer 
doen as sewe goeie teoloë . . .  



Beide sou natuurlik ideaal wees, maar, lets face it,  daar's nie 'n manier waarop die teoloë gaan doen wat die ou vrou doen nie -  goeie teologie gaan ook net só ver.





22/10/2015
After reading about the early church Søren Kierkegaard was convinced that church people lie when they called themselves Christians, it’s been years since any Christians walked on earth, he would argue.

After reading
Kierkegaard I decided to at least try to be a Christian for one day (every now and again). 

On that (special) day I would fast, because fasting supposedly helps with awareness - it's a constant reminder of the endeavour of the day. I would read more Bible and spend more time in prayer than usual, try to discipline my mind concerning materialistic, hateful and lustful thoughts . . . and I would spend the night with the homeless on some street corner (the story of how Marina came to make peace with her husband sleeping on the street - a miracle in itself - I will maybe tell on another day).   

   I always have this wonderful feeling when I walk back home early the next morning . . . but then, literally within minutes, the dark boring contrast of my normal life would start to take over  - and soon I would have to learn to be a Christian allover
again (sug)





 08/05/2015
Karoo vertel my nou die dag 'n baie interessante storie uit haar skooldae. Dit het tydens 'n skoolopening gebeur. Die Gideons het die skool besoek om Bybels uit te deel. Voor in die saal was twee massiewe groot kartonbokse vol Bybels. 
   Die skoolhoof het na die podium gestap en vriendelik vir die twee ooms van die Gideons gewys om op twee stoele voor op die verhoog gaan sit.
   “Julle wonder seker wat maak hierdie twee dose vanoggend hier ?” begin die hoof.
   Karoo sê hulle kon toe nie daardie oggend die Bybels uitdeel nie, dit was uiteindelik 'n baie kort saalopening - maar hulle het toe darem 'n paar weke later
hulle Bybels gekry.




jdjd/sdkdj/jshds
my oog het 'n traan gekots
en my mond 'n paar woorde
toe’s die begrafnis skielik verby
ek het hulle nie geken nie
- hoe kon ek -
en hulle vir my
maar ek het darem R350 gekry






 11/05/2015
baiekortsuidafrikaansekortverhale:

Die Zoeloes was woedend, hulle het die koloniale grense gehaat. En hulle broers en susters van Afrika wat dit minag. 
Mense van anderkant die grense was nie welkom nie - nie om te werk nie, nie om hulp te soek nie . . . selfs al was hulle ook van Afrika en besig om te sterf van die honger.
 04/06/2014

sy’t gekom
soos 'n gedig
oop en hygend
vry
- op die ritme van die lewe -
 

op 'n voël het sy gevlieg
en 'n wese wakkergemaak
wat vandag 

hardloop en lag 
en praat 





17/10/2012
Ek draai die vester af. Hy leun vooroor.
 "Sê my, is heroine dít werd?" ek wou rêrig weet.
  Sy oë trek effens skrefies, hy staan bietjie terug.
  "Nee, dis nie asof heroine so great is nie, dis net dat die lewe sonder dit al meer kak is."
  Ek is so geskok, ek gee hom sommer twintig rand en ry.





14/05/2012
why so negative?! 'cause we have to show 15 - 30 homeless kids away every month in a part of the world with no shortage of churches - or missional talk . . .



....... ....... ....... .......

Ek het ook al ʼn loopbaan in die akademie oorweeg.
Klink vir my lekker om heeldag
te sit en lees en skryf . . .
(en net nou en dan op te staan om daaroor te praat)


....... ....... ....... ....... 




14/08/2014
Daar het nie veel vanaand gebeur nie, maar dit was die mooiste gesig - a beautiful view. Wayne het op die toonbank gesit en 'n kort speech gemaak. 
Hy vertrek Maandag en gaan almal baie mis, het hy gesê. 
'n Klompie van ons van Echo was saam met die locals, die haweloses van die Night Church in Sunnyside. Meeste van ons ken mekaar teen die tyd al redelik goed. Dis nie ons eerste social saam nie, ons was nou die dag ook hier saam toe Wayne en Robin getrou het - die afgelope jaar het ons selfs 'n keer of wat hier saam nagmaal gebruik. 
Almal was doodstil en gemaklik. Nou en dan het iemand 'n grappie probeer maak. Wayne se speech was verbasend kort, hy’t eintlik maar net gesê dankie vir wat hy kon leer. Toe bid Annuschka en toe eet ons almal saam.




. . .. . . .  . .. ... . .
Jesus is perfect theology
. . .. . . .  . .. ... . .



23/05/2015
 Vredeslesse by vreemde wesens

Ons was op die pawiljoen, die skoolopening was net verby. Iemand het van agter half teen my geval, ek het my vererg, omgeswaai en die ou terug gestamp en met 'n skok besef hoe groot hy is. Ek was 'n gewone grote graad agt en hy 'n buitengewoon volwasse (nie in die geestelike sin nie) graad nege, met 'n stoppelbaard en 'n besondere lang nek. Hy wou my slaan, maar daar was te veel onnies. Die ou het afgebuk en teen my gesig gefluister, hy kry my pouse.
   Ek was bang en het om 'n hoek my toebroodjies gesit en eet toe hy en 'n paar vriende opdaag. Hulle het gesê ek moet saamstap, die groot ou wou die ding “ordentlik” uit-fight.
   Dit het gevoel of ek gevonnis is en begelei word na my teregstelling, my bene was lam en my lippe droog, maar ek het by myself gedink ek gaan probeer om ten minste een “ordentlike” hou in te kry - voor my dood.
   Hy het sy nek heen en weer beweeg en die geveg begin met 'n hou in my maag. Ek het met 'n geweldige hou geantwoord en sy neus heeltemal mis geslaan - en geweet dis verby. Toe, skielik, staan daar ’n eienaardige maer outjie tussen ons.
   Ek kan nie onthou wat hy gesê het nie, maar op die ou einde het ek en die graad nege met die lang nek bladgeskud.
   Dit was die eerste keer dat ek 'n vredemaker in aksie sien. Hy was in graad elf en sy naam was Gobabis (bless his soul), die skool se groot daggaroker. Hy was die tipe ou “wat nie kon sit en kyk hoe een ou 'n ander ou boelie nie,” - en ons het waarskynlik die rus en vrede op sy rookplek versteur . . . 
(Kerkbode rubriek lees verder)




17/04/2015
Some of the most respected people in our Echo Community are from Zimbabwe, Zambia, the DRC, Nigeria, Mozambique, Iran . . . We are family - impossible to imagine our community without them - they are our brothers and sisters. Anybody saying bad things about them don't know them. 

nothing more disturbing than listening to church people backing xenophobia or other forms of racism
   Jesus said "Blessed are the peace makers"
   Paul said about the ancient church: "Here there is not Greek and Jew, circumcised and uncircumcised, barbarian, Scythian, slave, free; but Christ is all, and in all" Col3:11


15/04/2015
'n Joernalis van Rapport het my opinie gevra oor regering wat dreig om Christen vakansiedae weg te vat. Die waarheid is ek het eers daarvan uitgevind toe sy bel - het eers geskrik, want ek hou baie van vakansiedae!
  Ek weet nie hoe ek daaroor
moet voel nie. Ek is 'n groot voorstaander van godsdiensvryheid. Die Evangelie word die beste gekommunikeer vanuit 'n posisie van weerloosheid - eerder as 'n posisie van mag. Dis nooit 'n goeie getuienis-idee om dít wat vir ons heilig is op ander af te forseer nie.    
   Aan dien ander kant kan Moslems, Hindoes en Ateïste sekerlik nie té verbaas wees dat daar in 'n land met soveel Christene, Christen-vakansiedae is nie (waaroor mens eerder verbaas moet wees is die feit dat daar in 'n land waar soveel mense sê hulle volg vir Jesus, daar soveel rassehaat, bitterheid, kwaadpraat, bedrog en geweld is, dat werkers uitgebuit word met minimumlone en dat daar soveel weeskinders en haweloses is sonder 'n dak oor hulle koppe . . .).
   Die vroeë kerk het baie goed gedoen onder sekulêre regerings - wat nie net nie-Christelik was nie, maar anti-Christelik. Juis in die moeilikste van tye het die kerk die vinnigste in die geskiedenis gegroei. Wat maak ons so spesiaal dat die regering vir ons moet sorg?
Die vroeë kerk was nie afhanklik van die spesiale behandeling nie - inteendeel!
  Christen vakansiedae is 'n voorreg waarvoor ons dankbaar moet wees, wat ons moet geniet terwyl ons dit het. Wanneer ons dit nie meer het nie, sal die wat ernstig daaroor voel eenvoudig verlof moet insit. Wat nie noodwendig net sleg sal wees nie. Vir baie mense kan die bietjie opoffering bydra tot die viering van die dag. 
  'n Mens fokus mos beter wanneer dit jou iets kos.


31/08/2014
“Happiness grounded in reality is far deeper than that built upon fantasy, and suffering teaches one that happiness can catch a person unawares in the midst of deprivation and desolation. There is a certain stripping away of the externals which makes one more sensitive to joy as well as to sorrow.”
― Sheila Cassidy


30/12/12

Ek en Marina lê op die bed en lees. Dis Sondagmiddag. Ek hoor iets wat nie te goed klink nie en haal die oorfone uit. Mathilda kom huil huil ingestap, haar een wang is rooi. "Sussie het op my kop gesit," kla sy deur die trane. "Moenie op mekaar se koppe sit nie!" sê ek hard genoeg dat almal in die huis kan hoor. Mathilda hou op huil. "Maar ek het nie op háár kop gesit nie," verdedig sy dadelik. "Maar jy het al," sê ek. Marina gee haar 'n drukkie en vryf haar kop. Mathilda is tevrede. Wat is dit met ons mense, hoekom wil ons alewig op mekaar se koppe sit?

... .. . ..  ..... . .. ... ..... . . ..   ... ..   .. . ......



05/04/2015

They have threatened us with resurrection -Julia Esquivel

There is something here within us
Which doesn't let us sleep, which doesn't let us rest,
Which doesn't stop pounding deep inside,
It is the silent, warm weeping of Indian women without their husbands,
It is the sad gaze of the children
Fixed there beyond memory,
In the very pupil of our eyes
Which during sleep, though closed, keep watch
With each contraction of the heart
In every wakening...

What keeps us from sleeping
Is that they have threatened us with resurrection!
Because at each nightfall,
Though exhausted from the endless inventory
Of killings since 1954,
Yet we continue to love life,
And do not accept their death!

...Because in this marathon of Hope,
there are always others to relieve us
in bearing the courage necessary
to arrive at the goal which lies beyond death...

Accompany us then on this vigil
And you will know what it is to dream!
You will then know how marvelous it is
To live threatened with resurrection!
To dream awake,
To keep watch asleep
To live while dying
And to already know oneself resurrected!


-Julia Esquivel

Ek het jare gelede, toe ek vir 'n tyd lank in Indië gewoon het in 'n klein dorpie in die Annamalai begre (van alle plekke), hierop afgekom. 'n Priester het vir my 'n boek geleen met die gedig in. Eers tien jaar later sou ek dit weer op die net ontdek. Dit is geskryf deur Julia Esquivel  wat gewerk het in 'n gemeenskap in waar onregverdige gevangeniskap, moord en marteling aan die orde van die dag was. Sy was 'n digter en menseregte aktivis wat haarself gegee het vir die weerlose minderheidsgroepe wat gelei het onder die diktatorskap in Guatemala.


 
183/2015

. . . die laaste ding wat ons nodig het is kerke wat meer en meer soos kultuurverenigings funksioneer.
Baie Afrikaners gaan aan asof ons eintlike Jode is. Dis 'n leuen. Ons voorouers se voorouers was Europese heidene wat deur Christene van ander kulture bereik is. 
As die vroeë kerk 'n volkskerk was, was die Evangelie nou nog steeds net in Israel. As Paulus ʼn rassis was, was nie een van ons vandag ʼn Christen nie. 
As die vroeë Christene so min gevoel het vir kerkeenheid, soos dit nou blyk 'n baie groot groep NG Gemeentes doen, was daar nie vandag 'n kerk in Suid-Afrika nie.




 14/02/2012
. . . one of the scariest thoughts I had on a recent  visit to India was that maybe the original Jesus idea was not that the Mother Teresa’s in our world should stand out as these amazing exceptions. Maybe the idea was that this would be the normal Christian way of life. Is the idea that all followers of Jesus are supposed to sacrifice themselves and make it their core business to make this world a better place by joining those who are lonely and suffering too radical? Why do we see to little of that here in SA?



10/02/2015
Meer politiek in die kerk asseblief! 
"Suid Afrika het 'n dapper kerk nodig . . ."
Lees my rubriek vandag @ Maroela Media




28/04/2014
vanaand sit die Dalai Lama
George
Bush
en jy en
Sunette Bridges
en Zuma
en ek,
saam met Steven King en Clive Derby-Lewis
in 2014

Yasnaya Polyana
is leeg
Ferney lê stil
(selfs Onrus slaap)

what disturbs me most?
we settled for less!
in this emptiness
traded the loneliness
for wannabe saniks
- van paarrym pappegaaie
met name soos Steve 
en vanne soos May -
asof die wêreld nie reeds genoeg suffer nie

gooi uit
laat ons eerder die leegheid drink



“It is amazing how complete is the delusion that beauty is goodness.”
― Leo Tolstoy 




13/01/2015
 Lesse by my Ghoeroes:


God is not just great because nothing is too big for Him. God is great because nothing is too small!” Greta het hierdie woorde uit 'n boek van Mark Batterson vir my voorgelees toe ek nou die aand hulle nuwe huis in Garsfontein vir hoërskoolmeisies in nood besoek. Die eerste meisie het pas ingetrek en saam met ons in die sitkamer gekuier. 'n Heilige oomblik.
   Greta is 'n dominee by NG Moreletta, Su-Ann werk by 'n hoë profiel finansiële instelling. Hulle het albei onlangs uiters gemaklike woonplekke opgegee om in te trek in 'n kamer in die nuwe huis, met die hoop om 'n familie te wees vir tienermeisies wat aan hulle eie genade oorgelaat is. Nog meisies sou deur die loop van die week intrek.
  Ek het my verwonder aan Greta en Su-Ann se entoesiasme en opgewondenheid al weet hulle maar alte goed dit gaan geen sondagskoolpiekniek nie, slapelose nagte, baie konflik, min persoonlike ruimte en wie weet wat alles nog lê voor.
   Net die vorige dag was ek in 'n vergadering met 'n klomp van die jong werkende mense en studente wat kies om hulle lewens te deel met die tieners in ons hoërskoolhuise in Villieria. Terwyl ons praat oor nuwe kinders wat intrek, wie gaan kosmaak, een van die meisies wat soek is na sy weggeloop het, studiehulp vir die kinders wat sukkel met leerwerk, wie gaan wie wanneer rondry, wie gaan waarvoor vroeg opstaan . . . dink ek by myself: hierdie mense gee régtig hulle lewens vir hierdie kinders!
  Ek voel so bevoorreg om hulle te ken! Hulle is my heroes. Die mense wat dít leef waaroor ek dikwels maar net kan skryf en praat.
   Hulle het 'n ander idee oor kerkwees - nader aan die aarde. Hulle glo 'n lewe is 'n lewe werd . . .  (Kerkbode rubriek)



05/02/2014

my rubriek vandag oor Ope briewe en Ontoeganklike leiers . . . (onder 'n selfs meer corny opskrif - deur Beeld)   
lees op Echo site of Beeld/ Media24 site
  

16/03/2015
Die Sondagskool juffrou (en die tannie by die Kinderkrans) het vir ons gelieg toe sy gesê het ons moet soet wees, “want Jesus hou nie van stoute kinders nie”. Jesus love stoute kinders! Hy’s mal oor hulle. Dis all over die Bybel. (Dis eintlik baie stout van juffrouens om sulke lelike dinge vir kinders te te sê!)


 18/01/2015
“My memory of my father is of a sufferer stricken with an Amfortas wound, a “fisher king” whose wound would not heal—that Christian suffering for which the alchemists sought the panacea. I as a “dumb” Parsifal was the witness of this sickness during the years of my boyhood, and, like Parsifal, speech failed me. I had only inklings. In actuality my father had never interested himself in theriomorphic Christ-symbolism. On the other hand he had literally lived right up to his death the suffering prefigured and promised by Christ, without ever becoming aware that this was a consequence of the imitatio Christi. He regarded his suffering as a personal affliction for which you might ask a doctor’s advice; he did not see it as the suffering of the Christian in general. The words of Galatians 2:20: “I live, yet not I, but Christ liveth in me,” never penetrated his mind in their full significance, for any thinking about religious matters sent shudders of horror through him. He wanted to rest content with faith, but faith broke faith with him.”  - Carl Jung





06/02/2015
Freak my uit: 

“Because salvation is by grace through faith, I believe that among the countless number of people standing in front of the throne and in front of the Lamb, dressed in white robes and holding palms in their hands (see Revelation 7:9), I shall see the prostitute from the Kit-Kat Ranch in Carson City, Nevada, who tearfully told me that she could find no other employment to support her two-year-old son. I shall see the woman who had an abortion and is haunted by guilt and remorse but did the best she could faced with grueling alternatives; the businessman besieged with debt who sold his integrity in a series of desperate transactions; the insecure clergyman addicted to being liked, who never challenged his people from the pulpit and longed for unconditional love; the sexually abused teen molested by his father and now selling his body on the street, who, as he falls asleep each night after his last 'trick', whispers the name of the unknown God he learned about in Sunday school.
   'But how?' we ask.
   Then the voice says, 'They have washed their robes and have made them white in the blood of the Lamb.'
   There they are. There *we* are - the multitude who so wanted to be faithful, who at times got defeated, soiled by life, and bested by trials, wearing the bloodied garments of life's tribulations, but through it all clung to faith.  
   My friends, if this is not good news to you, you have never understood the gospel of grace.” 
- Brennan Manning







15/01/2015

Die Evangelie leer ons dat hoop meer is as ’n lewensuitkyk of ’n filosofie. Hoop daag op in hierdie wêreld in die vorm van ’n teenwoordigheid, hoop is ’n persoon: Jesus. Hy bring nie net die hoop vir die wêreld nie, Hy is die hoop. En die manier waarop Hy vandag kies om sy teenwoordigheid in hierdie wêreld te demonstreer is deur sy liggaam. Jesus het nie net vir ons iets gestuur nie, hy het self gekom. En dit is ook ons grootste roeping, om op te daag, om daar te wees.
    Mense in nood het meer as net ons boodskap nodig, hulle het ons teenwoordigheid nodig. Ons word geroep om nie alleen hoop te bring nie, maar die hoop te wees – teenwoordig te wees juis waar daar hopeloosheid is. Om hoop “te bring” vra dat ek iets gee, om hoop “te wees” vra dat ek myself gee.



 

30/12/2014
Ek lees nou weer Rodney Stark se laaste boek oor die geskiedenis van die Christendom en verstom my opnuut oor hoe verskillende akademici dikwels op presies dieselfde plek uiteenlopende bewyse kry om hulle uiteenlopende teorieë te staaf.
  Vir my was een van die duidelikste voorbeelde hiervan nog altyd die verskillende sienings onder Nuwe-Testamentici oor die geloofwaardigheid van die boek Handelinge. 

   Die een groep is van die oortuiging dat Handelinge groot en deels gefabriseer is - fiksie in 'n poging om die vroeë Christendom in 'n moeilike tyd beter te laat lyk - die ander groep glo Handelinge is met eerlike motief en redelike akkuraatheid geskryf. In albei groepe is daar behoudende akademici, met goeie logiese argumente, gebaseer op argeologiese en ander historiese “bewysstukke”. In albei groepe is daar eerlike soekers, briljante denkers.
  Geloofsoortuiging
speel waarskynlik 'n groter rol as wat ons wil erken in die seleksie van inligting waarop 'n betrokke persoon geneig is om te fokus.
  Laat my dink aan 'n klomp mense wat soek deur random legkaartstukke wat honderde jare gelede op 'n tafel gelos is. Party soek na die stukke wat nie pas nie, ander soek na die stukke wat wel pas. Elke nou en dan kry een 'n stukkie legkaart waarna hy/sy “nog die hele tyd gesoek het”.
  Die geskiedenis is meer ingewikkeld as 'n klomp legkaarte op 'n tafel - veral die geskiedenis van 2000 jaar gelede. Ons is aliens! Dis te ver van ons af, die stukke is al so stukkend, dikwels so geskommel - want ander mense het ook daarin gekrap - dis so verweer deur die tyd, so weerloos voor ons slim mense van vandag se interpretasies.
   Op die ou einde glo die een vir Lukas en die ander een nie, of is dit dalk reeds aan die begin so?





John Lubbock het gesê:
“What we do see depends mainly on what we look for. ... In the same field the farmer will notice the crop, the geologists the fossils, botanists the flowers, artists the colouring, sportmen the cover for the game. Though we may all look at the same things, it does not all follow that we should see them.”
 



04/03/2015
the church is at her best
not trying to survive,
but willing to die


Matt 8:35



26/12/2014


There were no mirrors in my Nana’s house,
no mirrors in my Nana’s house.
And the beauty that I saw in everything
was in her eyes (like the rising of the sun).
The world outside was a magical place.
I only knew love.
I never knew hate,
and the beauty in everything was in her eyes (like the rising of the sun).
 

- Ysaye Barnwell






25/12/2014
CHRISTENE, KERSFEES EN HEIDENSE SIMBOLE . . .
(my rubriek die week in Beeld / Netwerk24)
Elke nou en dan hoor ek iemand sê Kersfees is beïnvloed deur heidense feeste en daarom mag volgelinge van Jesus dit nie vier nie.
   Ek is self nie altyd mal oor Kersfees nie. Dit pla my byvoorbeeld dat Kersvader vir die ryk kinders duur speelgoed bring en dat die arm kinders tevrede moet wees met daai skoenbokse met die tennisballe en die tandeborsels in.
   Maar ek dink nie Kersfees is inherent boos nie. Dit hang af
wat jy daarvan maak.
   Nou die dag hoor ek weer iemand krities opmerk dat “gelowiges vandag tog só visueel ingestel is”. Wel, die vroeë Christene was ook! Meeste gelowiges in die eerste eeue kon nie lees nie, simbole (en kuns) het in die vroeë kerk 'n belangrike rol gespeel. 
   Nie net dit nie, die vroeë kerk het dikwels aan simbole en feeste van buite die Christendom nuwe betekenis gegee (’n mens sou amper kon sê hulle het simbole tot bekering gebring!).
   Vandag is die kruis sekerlik díé simbool vir volgelinge van Jesus. Die eerste Christene sou egter nie eens daaraan dink om die kruis as simbool te gebruik nie. Die kruis was te verskriklik! Dit was 'n martel instrument van die heidene.
   “Van die ‘dierbare kruis’ van die hallelujalied was daar nie sprake in die vroeë kerk nie”, sê Stephan Joubert. Gelowiges in die eerste eeue sou die vis of die druiwetros as simbool gebruik, die goeie herder of die skuitjie, maar nooit die kruis nie.
Tertullianus het wel aan die begin van die derde eeu na Jesus se volgelinge verwys as “die wat toegewy is aan die kruis”, maar eers by Konstantyn begin die Christendom die kruis as publieke simbool gebruik - aanvanklik 'n magsimbool op die skilde van Christen soldate!
   Vir baie mense vandag is die kruis bloot ’n mooimaakding wat gebruik word vir juweliersware of muurbehangsels, vir ander is dit 'n baie ernstige simbool wat hulle herinner aan wat Jesus gedoen het, 'n simbool van selfopoffering, van die koste van ware liefde.  
   Die betekenis van simbole verander gedurig.
   Simbole het nie betekenis in hulleself nie. Mense gee betekenis aan simbole.
   Dis asof ons as mense 'n onvermoë het om oor God te praat, ons woorde skiet te kort, ons koppe het simbole nodig. Dwarsdeur die Bybel sien ons dit. Jesus is brood, water, lig, wingerdstok, herder . . . 
lees verder
 

(Beeld  24/12/2014)






06/12/2014
'n Mens praat nie politiek in die kerk nie . . . Hoeveel keer moes ons dit nie al hoor nie. 
  Maar Jesus het! Om te praat van 'n Nuwe Koninkryk was politieke taal. Hy is uiteindelik doodgemaak tipies soos die leier van 'n rebellie in daardie dae doodgemaak is, aan 'n kruis . . .   




  16/11/2014
I picked up a piece of paper on the street, years ago in Johannesburg, it said: "If there really is a God, why won't he come and tell us?”
I opened it. On the inside was only these words: 

“Would you believe him if he did?”


 09/11/2014

Op ’n vreemde manier was haar oproep baie tydig met betrekking tot my eie geestelike pad. Ek het op daardie stadium al vir dae lank elke oggend in my stiltetyd die seënspreuke in Matteus 5 gelees. Ek het veral baie gewonder oor Matteus 5:4 – “Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.”

   Haar stukkende hart was vir my ’n duidelike teken dat ek hier met ’n geseënde vrou te doen het. Ek het haar nie jammer gekry nie, ek het haar bewonder... Kerkbode rubriek: Die vreemde vrou se trane



06/11/2014

love is not powerless, it is power stepping down to serve, letting go of control, the transformation of the hunger to control 
into compassion, embracing a longing for others to grow




03/11/2014
hy’s tussen jou naels en in jou hare
in die spasies van die somtotaal van jou atome

in jou hart en in jou are
jou emosies
jou vrese
jou vrae
in die vibrasies
in jou ore
hy’s in die kyk in jou oë
hy’s in jou drome
in jou vyande
in jou onkunde
lê terug 

relax
hy’s orals!


.  ..  . .. .. .... . . . .. .... .. . . .. . . .. . . ..... .. .

Dit gee my nogal 'n kick elke keer as ek "2014" skryf, voel of ek iewers in die toekoms woon.

.  ..  . .. .. .... . . . .. .... .. . . .. . . .. . . ..... .. . 




13/10/2014
My aanbieding verlede week by Renaissance Konferensie: "BUITE-KERKLIK maar nog GELOWIG":

Wanneer jy water in 'n houer gooi, help die houer om die chaos te beperk, dit help dat die water nie die wêreld vol hardloop nie. Dis die hele idee met meeste strukture.
Ongelukkig het bewaring dikwels ook 'n inhiberende effek. Die probleem is dat die houer nie net die inhoud beskerm nie, maar dat dit ook vorm - die water neem die vorm van die houer aan.
Dit gebeur ook in sosiale strukture soos die kerk . . .



02/10/2014
Jesus promised those who would follow him only three things:
that they would be absurdly happy,
entirely fearless,
and always in trouble.
The problem is that most of us figure that two out of three ain’t bad.


- Greg Levoy



30/09/2014
Die man is die hoof? Nie in dié huis nie!
(my rubriek die week in Beeld / Netwerk24)


Dis maklik vir Paulus om te sê "die man moet die hoof van die huis wees, hy was nie getroud nie.  
    As jy nou wil chaos sien, maak iemand soos ek die hoof van 'n huis!
    Ek weet ek moet eintlik sê ek en my vrou is heeltemal gelyk, maar dis eenvoudig nie waar nie. Dalk in waardigheid voor die genade van die Liewe Here, maar nie in vermoë nie, nie in die dag tot dag uitvoering van basiese take nie.
    Marina is 'n fascinating hoof, baie dankie, sy is slimmer (het byvoorbeeld 'n PhD), werk harder, is meer selfbeheersd, het beter onderskeiding, is mooier (rêrig!), is besonder well spoken en kan dinge doen waarmee ek sukkel, soos uit haar kop uit reg spel (selfs in Engels sonder spellcheck) - en sy kan goed in 'n groep saamwerk.     
 

    I submit, not by force, but by the natural order of things! Meeste van die tyd (so nou en dan het ek 'n glipsie).
    Ek kan nou nie namens Paulus praat nie, maar ek vermoed, dat sou hy met my vrou getroud wees, hy anders oor die saak sou voel. En dan was daar vandag vroue dominees in die Dopper kerk en was die Pous dalk 'n vrou - al hou ek nogal van die een wat ons nou het.
Ek kan nie van alle huwelike praat nie, net my eie (daar is glo gesinne waar die teendeel goed werk).
    Jy dink natuurlik nou dat ek hier probeer opstaan vir die regte van vroue ter wille van vroue, maar jy is verkeerd, nie dat ek dink dis nie nodig nie, inteendeel, vroue word oor die algemeen steeds baie sleg behandel, maar almal lei hieronder, ook mans.
    Emma Watson (Harry Potter se vriendin), het verlede week 'n baie mooi feministiese toespraak by die Verenigde Nasies gelewer . . .



25/09/2014

best to be genuine - if you want it to appear genuine


23/09/2014
 ". . . I saw that my critical questions made my father sad, but I nevertheless hoped for a constructive talk, since it appeared almost inconceivable to me that he should not have had experience of God, the most evident of all experiences. I knew enough about epistemology to realize that knowledge of this sort could not be proved, but it was equally clear to me that it stood in no more need of proof than the beauty of a sunset or the terrors of the night . . . "
- Carl Gustav Jung (Memories, Dreams, Reflections)



22/05/2014
Rykdom hou ’n groter bedreiging in vir die kerk as armoede.


 . .. ... . ... . .... . .... ... .. .

"I did not leave the university - after twenty years - and move in with people with disabilities at L’arche because I wanted to help them, but because I needed better teachers . . ."  
" . . . God reveals Himself in vulnerability . . . "   
- Henri Nouwen

 10/09/2014
". . . let me tell you that Acid Alex is a book about child abuse and how it leads directly to crime. Its about spiritual abuse as an opiate of the masses and drug abuse as an opiate of the senses. It explores selling God as a drug and taking love as a pill. In a weird way it tries to prove that we do not inherit the earth from our ancestors we are currently only borrowing it from our children, and, loving them is our spiritual healing . . ." Al Lovejoy
 





“Sin happens whenever we refuse to keep growing.”
― Richard Rohr


11/11/2014
My take op die Steve Hofmeyr stem-sing fenomeen:
Los hulle. Laat hulle hulle liedjie sing!
    Daar is dalk history, maar daar is geen haatspraak in nie, net gebergtes en kranse en stuff. As jy rassisme haat, moet jy lief wees vir rassiste, anders is jy nie konsekwent nie. Gun hulle hulle pret.
    Nie dat ek dink almal wat die stem sing is rassiste nie. En ten minste 'n paar van hulle sing bloot saam a.g.v. groepsdruk (op die Innibos video op Youtube het baie mense verveeld gestaan en rondkyk sonder om te sing, terwyl ander gejive het - op die STEM!).
    Lets face it, dit was lekker vir baie van daai mense, dit het hulle tone laat krul (baie van hulle se tone krul ook as Gerrie Pretorius, Annemarie my skat, sing). 
    Maar laat die wat wil sing, sing. Mandela het after-all opgestaan vir die sing van die stem - moet nou nie lelik wees met 'n liedjie omdat jy nie van Steve hou nie!
    Dis eintlik wonderlik dat ons volkslied so divers is.
    Ek sou natuurlik ook verkies dat die klomp die hele volkslied sing, maar dit gebeur darem gewoonlik by  kultuurbyeenkomste (soos Innibos) - van 'n klein groepie mense in ons land - en nie by die Worldcup nie (want ons het mos nie gekwalifiseer nie). Die media gee te veel mag aan hierdie klein groepie mense. Hulle begin nou al dink hulle is vryheidsvegters.
    Ek voel daaroor soos ek destyds oor die AWB gevoel het as ek op die TV sien hoe hulle parades hou, dril en vlae hys. Ek het altyd gedink, goed so, ten minste hou hierdie ouens hulle besig. Terwyl hulle dril, praat net een ou. Ten minste vir 'n rukkie was hulle besig met iets anders as om pypbomme te bou en wapens en blikkieskos te versteek (terwyl soveel mense honger is). Terwyl hulle parades hou kon hulle nie die kinders indoktrineer by braaivleisvure of lelike goed skree vir swartmense op straat nie . . . En jy kon hulle duidelik uitken, jy’t geweet waar hulle is.
    Die klomp is darem nie almal soos die AWB van ouds nie. Maar is dit noodwendig 'n slegte ding as Steve hulle besig hou met die sing van liedjies?
    Baie linkses is net verdraagsaam met alles links van hulle. As jy wil vry wees, moet jy vry wees al die kante toe. Ook die ou wat jou irriteer sy plekkie gun. Vryheid van spraak beteken almal mag hulle liedjies sing - solank die woorde nou nie sê "maak dood die boer" of “donner die moffies" of “swart mense is dom” (of die tipe goed wat Steve deesdae tweet) nie.
( Nuuskommentaar: Maroela Media 11/2014)


09/08/2014

Dis die eerste keer dat ek weer in Prieska is na my solo roeitrip (van Vaaldam af tot Alexanderbaai) in 2005. Ek het vanoggend sommer heimwee toe ek op die brug stop. Op die eiland onder die brug het ek destyds my Kajak gelos en oor geswem om 'n kos te koop in Prieska en toe weer verder geroei.
    Laat daai aand - ver anderkant die dorp -  toe ek op 'n sandbank kamp opslaan om vir die eerste keer in baie dae iets anders as vis op die vuur te braai, besef ek met 'n skok dat my beursie, met al my geld, bankkaart, paspoort weg is.
    Die volgende dag roei ek na 'n plaashuis, aangedui op een van my kaarte, en doen iets wat ek eintlik nooit doen nie. Ek was bang die boere skiet op my as ek skielik uit die bloute in my toestand (het teen daai tyd nie te goed gelyk en geruik nie) by 'n plaashuis opdaag.
    'n Tannie het met haar rug na my gestaan by 'n waskamer. Ek het keel skoongemaak en toe sy omkyk sê ek: “Ek is 'n dominee en ek roei see toe.”
    Die tannie het geglimlag, my ingenooi en vertel dat dit nie die eerste keer is dat iemand wat roei daar aanklop nie. 'n National Geographic filmspan wat ook die rivier geroei het, het glo jare gelede meeste van hulle toerusting verloor in 'n storm en ook daar kom skuiling soek.
    Die tannie was so bly om my te sien.
    “Dit is asof die Here jou gestuur het,” het sy gesê en my die hartseer storie vertel van haar kleinkind wat weke tevore daar op die plaas verdrink het. Sy kon nie glo ek is 'n predikant nie, dit was vir haar asof die Here my gestuur het - huisbesoek deur 'n vuil dominee op die rivier is die laaste ding wat sy verwag het. Sy het haar hart uitgepraat en ons kon saam bid.
    Later het die oom opgedaag en het ons saam gekookte kos geëet - soos net boere mense dit kan maak.
    Die oom het my sy bakkie geleen en ek het terug gery Prieska toe om my beursie te gaan soek. Ek het op die einste brug gestop en tot my groot verligting my beursie in die water tussen die riete gekry.
Dit was een van die mooiste dae van my lewe. Nie net omdat ek my beursie terug gekry het nie, maar omdat ek wonderlike mense ontmoet het en gevoel het dat die Here op sy misterieuse manier aan die werk is - iemand het eenkeer gesê, toeval is wanneer God besluit om anoniem te bly.
    Die tannie het my (met 'n sak vol koekies en ander kos), by die rivier afgelaai.
Dit was 'n paar dae se roei tot op Groblershoop - waar ek weer wonderlike mense sou ontmoet . . .

As jy meer wil lees oor die roeitrippie hier is die link na 'n blog met 'n artikel wat destyds daaroor in WEG tydskrif was: 
http://kajakseetoe.blogspot.com/





Ai, ou Ingrid...

was die nat koud
die wag,
was dit benoud
en die donker
en die dood
voel dit beter
en die sand
en die sout
weet jy wat agter bly lê
sien jy die skulpe,
die skedels
die gladde wit beentjies
die stukkies krap
weet jy hoeveel vandag nog drink
aan jou drome
verdrink
in jou woorde
wat wil jy hê
wat maak ons met jou
seespook
jy wat vandag nog hier
rondloop





07/08/2014
Belhar? (sug)

Die mense met wie ek te doen kry voel min vir denominansionalisme, kerkreg en belydenisskrifte. Hulle weet eintlik nie eers wat die woorde beteken nie (en van hulle is dominees se kinders!). Hulle motivering om die dinge te doen wat Belhar sê, kry hulle sommer by die bergpredikasie self. 
    Dit sal baie meer beteken - vir hierdie wêreld - as ons die energie wat ons in sit om Belhar ingestem te kry, sou gebruik om te doen wat die belydenisskrif sê (dan sou dit ook sommer makliker ingestem word). Die wêreld het die demonstrasie daarvan meer nodig as die kerkpolitiek daar rondom.
   Dit is dalk belangrik dat ons net weer eerlik kyk na die redes waarom dit so sukkel om ingestem te word: Aan die een kant, die redelike groot groep van ons NG kerkmense wat nie sterk voel oor eenheid met ander kulture nie. Aan die ander kant die feit dat die nood in Suid Afrika in praktyk 'n relatiewe lae prioriteit is (“in praktyk” soos in “op gemeentes se begrotings en kalenders”  teenoor “in teologie” - die meeste dominees lees tog die regte boeke en gebruik woorde soos “missionaal”). Nie 'n lekker gedagte nie, maar baie van ons eie kerkmense is na 'n leeftyd se prediking en Bybellees steeds meer materialisties en rassisties as wat ons wil erken! Daar is natuurlik ook bitterheid oor die verlede en Mammon self, wat 'n rol speel aan beide kante van die gesprek.
    As dit vir die sinode (wat is 'n sinode nou eintlik?) belangrik is dat ons nader aan die VGK beweeg (as wat Belhar sê régtig belangrik is), moedig dan gemeentes aan om gereeld saam te eet, saam eredienste te hou en saam uit te reik na die gemeenskap . . .
lees artikel (Kerkbode rubriek)


my artikel: Hoekom is die Susters altyd laat?! - wat ek destyds geskryf het toe die Hervormde Kerk verklaar het dat Apartheid toe tog 'n Sonde was.

.. .. .  . ... . .   ..  .... .. . .   ..  .   .... . .. ...

 05/08/2014
Alianis het opgestaan en die podium met sy groen vingers vasgevat.
“Ek doen graag verslag oor die Planeet Aarde.”
    Elke moontlike denker was saam in die vertrek. Die aarde was die enigste planeet met intelligente lewe wat hulle tot op hede kon opspoor. Meeste van hulle was nog kinders toe die projek begin het.
    “Vir hierdie lesing wil ek fokus op die dominante spesie, genaamd: DIE MENS. ’n Besonder geweldadige wese! Die eerste skokkende ding wat ek ontdek het is dat hulle lyke eet.”
    Daar was ’n effense roering in die saal - om een of ander rede het amper almal geglo dat, sou daar lewe op ander planete wees, die wesens vreedsaam sou wees.
    “Hulle eet die liggaamsdele van 'n verskeidenheid spesies: vlieëndes, waterbewoners en die wat gewoon saam met hulle op land rondloop. Dit is asof DIE MENS in oorlog is met alles wat lewe op die planeet aarde. 'n Massa wesens word in konsentrasiekampe aangehou om later geëet te word.”
    Daar flits fotos op die skerm van varke en hoenders agter tralies en ander diere wat deur drade loer van kampe waarin hulle aangehou word.
    “DIE MENS is tegnologies gevorderd. Meeste lyke word byvoorbeeld verwerk, netjies verpak en in koelkamers gestoor . . .
    DIE MENS is 'n kreatiewe wese, hulle sal byvoorbeeld die liggaamsdeel van 'n vlieënde wese toedraai in 'n dun repie van die lyk van 'n landdier met 'n snoet, of van die lyke maal en in vorms druk of bolletjies rol . . .
    Soos ek reeds gesê het is DIE MENS ’n geweldadige soogdier wat gereeld en op grootskaal ook mekaar dood maak, al eet hulle om een of ander rede nie liggaamsdele van hulle eie spesie nie . . .”
    En só het Alianis vir dae lank "van lewe op aarde"
vertel .
    Later het hy oor ligter dinge gepraat, ander vreemde gedrag van DIE MENS. Hulle het gelag toe hy 'n video wys van 'n man met die naam Kurt se dans moves, gegril toe hy verduidelik hoe DIE MENS voortplant met basies dieselfde liggaamsdeel as waarmee hulle piepie - en gefluit toe 'n foto  van daai ou in die OMO advertensie
op die skerm verskyn.
    Maar as jy mooi kyk sou jy sien hoe hulle gedagtes dwaal. ’n Vrees het onder die alien geleerdes begin groei, die vrees dat DIE MENS op 'n dag húlle planeet sou ontdek. 








07/09/2014
SWAK DIENS!

Ek was in die sitkamer toe sy bel. Was oortuig dis een van my vriende wat probeer gekskeer. Het begin twyfel toe die persoon al minder lekker klink - nie een van my vriende act so goed nie.
    Daar was skielik 'n vreemde roggel geluid. Gelukkig vra ek haar naam. Skrik my simpel toe ek besef dis rêrig nie 'n hoax nie.
    Sy't neergesit. 

    Ek bel rond, met 'n gesukkel kry ek haar adres by 'n vriendin. 
    Soontoe gejaag, geklop, geroep, te kere gegaan, geen antwoord. Doodstil. Kon aanvoel hier’s groot poef, toe skop ek die deur - dis nie so maklik soos in die flieks nie.
    Binne was dit chaos: die vrou op die vloer, uitgepaas, haar hande bond - rooi en blou en geel - die hele plek vol pilhouertjies, eenkant 'n leë boks wyn.
    Moes haar kar toe dra.
   By die naaste hospitaal - 'n "PRIVAAT hospitaal" - sê hulle iets in die lyn van "hier red ons net lewens as die geld reg is . . .” 

   Jaag verder.    
    By Steve Biko het die vrou begin bykom. Soortvan. Vir kort rukkies. Sy was hoog, dronk, deurmekaar. Die mense by ontvangs het gedink sy's my vrou. Moes lank in een van die gange sit en wag.
    Dinge het al meer gespanne begin raak, veral toe sy kliphard begin gesels. Een van die swart verpleegsters het verby gestap, sy't aan my hemp getrek, met haar vinger gewys en gesê: "Kyk daai meid se lelike skoene." 

    (Ek moes al dikwels in publieke hospitale se gange sit en wag, maar die diens was nou pateties! Dit het gevoel of die "personeel" ons aspris vermy. Swak diens!) 
    Die vrou het het elke nou en dan uitgepaase en dan weer bygekom, tekere gegaan oor die toestand van die personeel, die hospitaal, sommer die hele land. 
    Maar (op die ou einde), (na alles) het hulle uiteindelik toe tog haar lewe gered.

20/06/2014
. . . elke keer praat ek daaroor dat hulle die kerk se vurkieheining moet afbreek en die deure deur die week oop los, dat die beste ding wat hulle kan doen met die kerk se geld is om dit vir die armes te gee, vertel ek hoe my Sondagskooltannie vir my gelieg het oor Jesus . . . praat ek my hart uit. En hulle jaag my nie weg nie!
    Dis asof hulle die goed wil hoor. Asof hulle weet dinge is nie reg nie. Hulle gee nie om wat die dominee sê nie, solank hy eerlik is - en oor Jesus praat.
    Kerkmense is moeg gevlei. Hulle soek nie meer “predikers wat net vir hulle sê wat hulle graag wil hoor nie” (hulle is almal APK toe - en ek word nooit genooi om by die APK te praat nie). Verby is die tyd toe ons nie politiek in die kerk mag gepraat het nie - byvoorbeeld teen die feit dat swartmense nie eredienste mag bygewoon het nie. Niemand is meer 'n kommunis nie. Die vervolging is verby. Kerkmense is kwaad vir Zuma, maar hulle soek vir Jesus!
    Wat 'n wonderlike tyd om in die bediening te wees.
    Maar soos Spiderman se oupa vir hom gesê het: “with great freedom comes great responsibility” (of het hy gesê "strength"?) 


- Lees my artikel: Nuwe Vryheid in die Kerk is nie net sleg nie -  in Beeld 




08/07/2014
Maroela Media het my gevra om iets te skryf oor die geweldadige gebeure verlede week Iniwildernis:
09/07/2014

my rubriek vandag in Beeld

" . . . ’n vriend van my sê gister ons gesukkel om ons geloof in God te verwoord, doen gelukkig niks aan sy geloof in ons nie . . . "

.  ..  . .. .. .... . . . .. .... .. . . .. . . .. . . ..... .. .



22/06/2014
Echo Community meditating on the beatitudes in Matt 5:1-12 this month

Things we realized: 
 

Being blessed according to Jesus:

Being blessed not about being safe, comfortable, rich, popular . . ? Not about good things happening to us, but about being good!

- Being blessed is more about what happens in and through us, than what happens to us.

- Growing up? Spiritual growth is about growing down!
"Unlearning"   - Matt 18:1-6

- Being blessed = becoming Jesus-like 




We live in a world where 85 people own more wealth than 3,5 billion . . . 


09/09/2014

dikwels kon net Koos Kombuis of Gert Vlok Nel (of Tolstoy of Jung of Pink Floyd of wyn) my red . . . 





12/06/2013

Elke nou en dan loop ek iemand raak wat sê of skryf ons moet meer akkomoderend wees, meer "oop" vir ander se opinies. As jy mooi kyk is baie van hulle egter net oop vir die links van hulle (die regs van hulle is nie oop genoeg om te akokomodeer nie). Om "oop" te wees beteken tog sekerlik dat ek ook oop is vir die wat minder akkomoderend is – wat minder oop is. (Die ironie hier kan ʼn mens natuurlik verder van jou kop af maak . . . nie net die ironie in dit waarna ek hier verwys nie, maar ook in die blote feit dat ek hierdie einste woorde hier in kritiek skryf op die wat kamstig oop is . . .) Die "ware" post-modernis (of post-post-modernis of whateva) sal byvoorbeeld mos eintlik ook baie lief wees - en spasie hê - vir die modernis. Hy of sy sal die "modernis" mos ʼn drukkie wil gee eerder as om met hom of haar te baklei? 
Of kan ʼn mens fundamentalisties wees teen fundamentalisme? Miskien is dit onmoontlik om oop te wees. Dalk is ons almal toe. En slegs as ons dit besef, is ons skielik effens minder toe? Miskien is Sakkie Spangenberg en Nevil Norden glad nie so verskillend nie? Ewe "oop"?! Miskien gaan liefde oor meer as om net oop te probeer wees? Miskien is ons besig met die verkeerde vraag? Miskien moet ek vanaand vroeg gaan slaap? . . .  nag al my virtuele- en ander imaginary friends


... . ... . . .... .. ..  ... . ..  ..

Stephan De Beer vertel nou die dag van die gemeente naby die middestad wat een oggend afgekom het op die lyk van 'n hawelose man op hulle kerkgebou se stoep. Hulle reaksie was om ʼn vurkieheining op te sit.
     Wat ʼn vreemde visserman! ʼn Visserman wat nie sy nette span om die visse om die boot te vang nie, maar eerder ʼn heining oprig om die visse uit te hou. 

     Die feit is, ons sou verkies dat die visse hulle afstand hou, dat ons kan "gaan visvang" wanneer óns wil (byvoorbeeld op naweek- en vakansieuitreike). Dis moeite om die armes so naby te hê - en dit lyk nie goed nie.
     Ons wil so graag veilig en gemaklik kerkwees dat meeste van ons tyd, geld en moeite vir geboue, toerusting en personeel gaan om die gemeente bedien - onsself.
     Te veel van die geld wat Sondae vir die “uitbreiding van die Koninkryk” ingesamel word, word Maandag gebruik om meer gemaklik en veilig kerk te wees.
Baie gemeentes roem daarop dat hulle 10% van hulle inkomste na buite gee. Die enigste verskil tussen hierdie gemeentes en die ryk man in die verhaal van die ryk man en Lausarus is dat die ryk man nie daaroor gespog het dat hy sy krummels vir die arm man
gee nie.     
     Om 10% van gemeentelede se tiendes te gee, beteken eintlik jy gee 1% (en natuurlik is dit heelwat minder, want gemeentelede gee selde ʼn tiende). 
     Dit is krummels.
     Die alternatief vir “krummels gooi vir die armes” is nie om brode te gooi nie, maar om ʼn maaltyd te deel. Nie om net uit te reik na mense in nood nie, maar om hulle in te nooi en saam met hulle kerk te wees.

... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

10/05/2013
If there is no God, there should be no theology, if there is no living-Christ, there should be no Christianity. If all is fiction, the best thing for us to do would be to call it that.
     But strangely unbelieving Christian theologians are being payed large salaries by the Church (I use the word, “unbelieving” and not “doubting” meaning theologians that came to a conclusion about the fiction of Christ - all doubt at times). And for me it is not so much unethical for the church to pay them - the church should be gratuitous to all, and “give to him who ask” - but for them to make a living on something they do not believe in; to say from the pulpit only what is being expected of them to say, while personally having the conviction that it is all a lie. The whole “personal faith” versus “public faith” idea. If I can not  say publicly what I believe privately, what should I say? Only what they want to hear? What is the definition of integrity for the clergy?  
     I have been criticized a lot for saying this, but I have great respect for Abel Pienaar. When he came to the conclusion that he can no longer believe the message of the gospel as proclaimed by the church, he boldly said it, walked away from the pulpit and waved goodbye to the all the benefits and financial securities of the clergy. A lot of people trust him, because he is honest.
     I have spoken to many who share his conviction but don't have his balls. 
     My congregation should have the assurance that I preach the gospel because I believe it (even though I might not understand a lot of it) and that if I come to the conclusion that most of it is a lie, I will boldly say it. Because my wish for them would be that they would not believe a lie.
     All this potential honesty in church is being complicated by money.  
     I sometimes wonder how many clergy would, if they could get a well paid secular job, with the same money and benefits for the same work-hours, after taking that job, continue to pray with people, continue to share the gospel or even continue attending church.
     There’s a lot of disillusioned people in ministry. Wonderful, beautiful, clever people, but in great agony because of the tension between their personal conviction and public message. 



    

gelukkig slaan die Here 'n reguit hou met 'n krom stok, dankie tog, dis sekerlik die enigste rede waarom ek dit more sal waag om ook maar weer tipe van "aan te meld vir diens" . . . 
nag

27/07/2014
In the magnificent palace church, a handsome court preacher, the cultivated public’s chosen one, steps before a select circle of the distinguished and cultured, and preaches movingly on the words of the apostle, “God chose the lowly and the despised” — and no one laughs.
    - Sören Kierkegaard

. ... . ... . .. .... . .... . .. .   .... . ..    ..  .  . ... .....  .   ..  .....


Hoor nou weer van die soveelste gemeente wat hulle barmhartigheids- en sendingberotings sny "om hulle boeke te laat klop..."  - minder belangrike goed eerste?

 Niks is gevaarliker vir die kerk as “om veilig te speel” nie 





07/08/2014
ek is ryk (ek weet 'n mens mag dit nie eintlik sê nie), al is my kar ouer as Katinka en raas my briekskoene, al moet ek nou weer geld by Marina leen om 'n huurkar te bespreek (om moreaand Prieska toe te ry van Kimberley lughawe af - hulle vat mos sommer R2800 vir ingeval iets gebeur) en weet ek nie hoe gaan die vliegtuigkaartjie koop vir die storie wat ek later die maand in die Kaap moet gaan doen nie (die mense gee darem altyd die geld terug maar gewoonlik eers na die tyd), die blote gedagte dat mens probleme soos hierdie het, dat jou kredietkaart op sy limiet kan wees, sê jy is ryk, eintlik skatryk - arm mense vlieg nie, huur nie karre nie en mag nie worrie oor oortrokke kredietkaarte nie, al is hulle “niks” eintlik seker tegnies meer as my “in-die-rooi”, after all: ek is met 'n dominee getroud, ek het 'n vangnet (daar is 'n sendeling wat uitreik na my!) - hopelessness is a luxury of the privileged - nie dat ek hopeless is nie, maar ek sou kon wees, as ek nie geweet het ek is ryk nie






15/06/2014
Die SAVF het my gevra om met die bestuurders van hulle kinderhuise te praat oor “hoe kweek 'n mens verantwoordelikheid by 'n tiener” - ek wou eers terug mail en vra of ek eerder oor world peace kon praat, maar was bang hulle vang nie my grappie nie.
    Ek moes noodgedwonge dink aan verantwoordelikheid.    

    Onverantwoordelikheid ken ek beter. Maar hoe sou mens dit verwoord?   
    Uiteindelik het ek by die “slotsom” gekom onverantwoordelikheid is om: nie om te gee nie. Iemand wat onverantwoordelik optree, gee nie om vir hulleself, vir ander en/of die wêreld nie.
   By van ons wildste tieners by Echo sien ons dikwels 'n tipe NUMBNESS. hulle moes noodgedwonge hard word in 'n poging om hulleself te beskerm teen seerkry. Numbness is soos 'n geestelike eelt op 'n mens se hart. Dit verdoof jou vermoë om empatie te ervaar.
   Dissipline, roetine en al daai tipiese dinge het sekerlik 'n belangrike rol te speel in die aankweek van verantwoordelikheid, maar die eerste prys is wanneer 'n jongmens by die punt kom waar hy “die regte ding” doen, nie omdat hy moet nie - nie uit vrees vir straf of mislukking nie - maar omdat hy/sy begin OMGEE.
   Dalk is die vraag waarmee ons ultimately besig moet wees: hoe leer ek 'n kind om weer lief te hê?






06/06/2013
is daar iets meer onaanskoulik as 'n ongelowige teoloog?
- iemand vir wie die misterie nie meer bestaan nie
 

kan ’n mens meer fundamentalisties wees as dit?

Richard Rohr waarsku dat sonder gereelde bewuswordings van God se teenwoordigheid die teologie maar net nog 'n magspel word . . .


 05/06/2014

". . . he is not far from any one of us. For in him we live and move and have our being . . ."
Paulus

Love Meister Eckhart se verduideliking:
     Hy het gesê dat anders as met 'n bouer wie se handewerk bly staan as hy sy gebou verlaat, sal indien God sy skepping verlaat (selfs net vir 'n oomblik), alles wegval in niks.   

    God kan nie losgemaak word van sy skepping nie. Dis hy wat die kleinste deeltjies waaruit ons atome bestaan, só om mekkaar laat spin, dat ons hieroor kan dink.

    Paula D'Arcy: "God comes to you disguised as your life." 

    Die uitdaging is om God elke dag op nuwe (en ou) plekke te "ontdek" . . . 


And he is before all things, and in him all things hold together. Col 1:17


 30/05/2014

Tshwane Mayor, Kgosientso Ramokgopa, planned to evacuate all the homeless (500+) from the city council shelter (2 Struben street) today! Middle of the winter . . . 2 days notice . . .  
 
Thx everyone that send a message/mail to Mayor Ramokgopa and media! 

Here is the contact info again -  for just in case...
Mayor Kgosientso Ramokgopa:
Tel: 012 358 4763
Fax: 012 323 5117
Shanellec@Tshwane.gov.za
Joshua 0734524712
Tinyiko 0718732289


 Letter from the Mayor's office:

"The Office of the Executive Mayor regrets that the letter has been sent and has ordered the Health and Social Development Department to withdraw it.
No one will be evicted. We see the letter by the department as a grave mistake by the department.

Member of the Mayoral Committee for Health and Social Development will visit the shelter today to discuss the matter . . .

 . . . the MMC for Health and Social development will host an open meeting with the occupants of the building t to address the concerns and outline the temporary measures for persons in the Shelter during the renovations process.

The will be no evictions until such time that the project manager has arranged a phased in renovations of the facility to ensure that there is minimum temporary relocation during such refurbishments and repairs

Blessing Manale"


25/05/2014
Jesus het duidelik 'n groter probleem gehad met rykdom as met armoede (die ryk jong man, die ryk man en Lasarus, Mammon . . .)
   Maar is lewe van armoede nou die “Ultimate Good” ? 'n Mens sou byvoorbeeld kon vra: “Waarom moet ons die armes help as armoede dan so wonderlik is?” .
   As daar sparake is van die  “Ultimate Good”, gaan dit nie oor rykdom óf armoede nie, maar eerder liefde en selfopoffering - barmhartigheid.
   Die idee is nie dat ons streef na 'n lewe van armoede nie, maar na lewe van meer en meer liefde.
   “Al deel ek alles wat ek het aan ander uit . . . en ek het nie liefde nie, baat dit my niks” - 1Kor 13:3
   Die twee is verweef in mekaar. Een van die teken dat ons werklik liefhet is natuurlik dat materiele doed en finansies minder belangrik word - veral in ’n wêreld met soveel nood.

    “Gaan leer wat dit beteken, ek verwag barmhartigheid en nie offers nie,” Jesus sê hierdie woorde 2 keer in die Matteus Evangelie.    
    Watter ander motief is daar? Vrees, skuldgevoelens? Jy kan aanhou offer sonder om aan te hou te groei, maar barmhartigheid, vra dat ons harte sal aanhou groter word - en 'n klomp ander goed kleiner.  
    Ek kan offer sonder dat ek geestelik groei, maar barmhartigheid vra dat ons binnekant verander, al hoe meer ruimte skep vir ander - dat ons groei in empatie.




24/05/2014
Die geestelike lewe word maklik bloot net nog 'n poging om myself te regverdig, te verduidelik waarom ek is waar ek is, en waarom ek daar moet bly.
   Maar die Gees van God wil ons nie maar net beter laat voel oor waar ons is nie. Hy beweeg ons - altyd dieper, altyd wyer - die onbekende in . . . Groei, is altyd “groei in vryheid” - essensieel 'n beweging - dit beteken: ek hoef nie te stop nie, ek mag aanhou beweeg.
   Ek het jare gelede dié qoute gehoor (kan eerlik nie onthou deur wie nie): “Without personal development, you are now the person you will always be, and hell starts one day, when this person meets the one you could have been.” (or who we acctually
were created to be).
   Groei is dikwels pynlik. Ons wil graag iewers stop en sê: dis nou genoeg, hiervoor sal ek settle. Maar die Gees van God dink meer van ons.
   Hierdie vryheid van ons is verweef in die vryheid van die wêreld - soos TLF se motto vir die jaar so mooi uitspel: “your freedom is my freedom”
   Hand 1:8








21/05/2014
Jung calls it "the ego", Paul "our sinful nature", Rohr "the false self ". . .
we want to look better rather than be better, feel better rather than grow 
-  but Jesus is more interested in our growth than our image & comfort





1kor13 flat

al praat jy soos 'n engel
al gedra jy jou
soos 'n pastorie vrou
sonder liefde
is jy fokol





 
16/05/2014

Soms as ek die evangelies lees, voel dit of Jesus kom wys het dat van die Ou Testament skrywers verkeerd was oor God. 
     God hou, volgens Jesus, byvoorbeeld nie eintlik van oorlog nie. Hy wil hê ons moet lief wees vir ons vyande - en Hy is self ook lief vir sy vyande - en Hy verkies barmhartigheid bo offers . . . (onder andere)
     Dalk is my koppie net te klein om te begryp hoe God een oomblik kan sê, “plunder en maak dood”, en die volgende oomblik, “draai die ander wang, vergewe, wees goed vir jou vyande, maak vrede.”?
     Hoe dit ook al sy, ek kan nie dink dat Hy kwaad gaan wees omdat ek wou glo dat Hy eintlik nog al die tyd goed was nie - eerder as dat hy wreed, bloeddorstig en inkonsekwent is . . . 
    Ek redeneer dikwels soos 'n ongelowige filosoof, maar ek vang myself dat ek steeds soos 'n kind bid (veral nou die dag met 'n insident met 'n haai in Mosambiek . . . lang storie).
    Dit is 'n misterie sê jy. Ek stem saam! Maar vir my deesdae nie so seer 'n misterie waarom God daai wrede goed in die Ou Testament gesê het nie, maar toenemend eerder 'n misterie of Hy dit gesê het.
    Sometimes religion is a beautiful mystery, sometimes the most ugly form of human creativity. Mag die Here ons help. 

"Julle het gehoor dat daar gesê is:`'n Oog vir' n oog en 'n tand vir' n tand. ' Maar Ek sê vir julle:Julle moet julle nie teen' n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie." "Julle het gehoor dat daar gesê is:`Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat. ' Maar Ek sê vir julle:Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen…”  Matt 5:38-45

Dalk is my vraag nie so belangrik nie?

Let the child pray!

Maybe we all have muti-personalities (as Jung observed)? Well I think I do. But where Jung thought the old man to be the better, I experience the opposite - different persons in different people of course.     
    I would allow the confused adult in me to argue like a grey wisdom-seeking philosopher - exploring what is good and bad and right and wrong and beautiful and ugly and the origins of things  - but then there is always this voice in the background urging me to let the child do the praying.
    I wonder about that. Is God after all not that interested in me being right about Him, but more about me being with Him, in childlike awareness of my smallness and His greatness? What is impossible for the old man is possible for the child.
    The adult wants to do the holding, but the child just wants to be held.

    
Lekker slaap


14/05/2014

we can only have answers if we have doubts - doubts are the questions of those who seek faith 

 03/03/2014

 Praying with Jhb Community for our new house in Melville #EchoCommunity
Diversity is a blessing!!




.. ... . ..... . .... . .. .   .. . ... ....


onlekker om te besef jou kritici is waarskynlik reg - soos in Marina se preek by gisteraand se diens... die kanse is glo baie goed dat ons heeltmal blind is vir ons eie foute, daarom het ons eerlike mense om ons nodig.
    "wat mense agter ons rug sê is belangrik, want dis dikwels die waarheid"(!)
    ek het al met lang redenasies geantwoord op hate-mail en ander vorms van kritiek, maar sê nou hulle het 'n punt beet. sê nou ek ís so arrogant, ongelowig, bevooroordeeld, ondankbaar, oningelig... soos hulle beweer? ooo vrek




18/04/2014
Maroela Media het my gevra om vir hulle te skryf - kommentaar op nuusgebeure (weird dat hulle my vra, ek weet). Gaan kyk bietjie op hulle site: www.maroelamedia.co.za - en mail my as jy idees het jaco@echoyouth.co.za

17/04/2014

Kerkgeboue oop vir gebed, nie net op Sondae nie, maar die hele week . . .  onmoontlik, onprakties, te gevaarlik? Die Katolieke en Anglikane is Gereformeerde en Charismatiese gemeentes een voor hiermee. Selfs in van die wildste middestede in die wêreld (soos Kalkutta, Nairobi, Mexico City . . . Johannesburg, Pretoria . .  .) kan jy enige tyd van die dag in 'n Katolieke kerkgebou in stap om te gaan bid. 

     Die hele idee is tog om die gemeenskap te dien. Of het 'n kerkgebou net nut as daar 'n dominee is wat preek?


Dalk moet kerkstrukture ook meer soos Jesus lyk?
Lees my rubriek die week in Beeld :
http://www.beeld.com/opinie/2014-04-15-kerke-moet-totbekering-kom




15/04/2014
As nog een tannie vir my 'n “Maak skoon jou huis” DVD gee, kom ek iets oor. Moenie 'n fout maak nie, ek hou ook nie van tuindwergies nie - en ek het Liewe Heksie op laerskool laas gelees . . . 
     Nou dat ek daaraan dink, daar ís actually 'n paar goed in my huis wat die “Maak skoon jou huis” geestelikes se halo’s donker
sal laat trek

     Byvoorbeeld my Indiese fluit en 'n Keniaanse kitaartjie (met 'n gesiggie op) en die Toa Te Ching en die prentjie van 'n engel langs my bed . . .  Ek sê nie my huis is “skoon” nie! 
     (Hier lê ook nog iewers 'n huisgenoot wat my skoonma - nou pun intended - hier vergeet het en 'n paar onbetaalde Etol-boetes)
     Moet sê, ek verstaan die “Maak skoon jou huis” mense nie lekker nie, alles wat gesiggies het en oud of snaaks lyk moet uit, maar Mammon is soos altyd welkom - vir hom moet ons God dank en ons hande in die lug gooi? (en hy's eintlik die enigste enetjie wie Jesus 'n afgod genoem het!)

     Ek wil nou nie lelik wees nie, maar ek voel Tiaan Gildenhuys diskrimineer. Hoekom is die Hulk poppe bv. boos? Wat van Barbie en Ken? Is dit omdat Hulk groen is?




 



13/04/2014
Ek werk nie eintlik nie, nie rêrig nie, ek sit net heeldag en praat en bid en lees en skryf . . .    
     Die laaste paar dae was ek egter op die plaas. Ons bou 'n enorme afdak by die rivier (9x9m) - ons cummunity se wegbreek plek waar ons kampe hou.
     Moes 'n klomp bloekombome afsaag vir pale, 'n vrag sand inwerk, gate grou, deure insit, meet, plak, kap . . . die tipe goed wat meeste normale mense vir 'n lewe doen.
     'n Great week. Dit voel of my reset-knoppie gedruk is. Ons het saam gesweet en net gefokus op die werk voor ons en die ouens wat saam met ons spook, niks anders nie, en dit was verbasend bevrydend - goeie terapie.
     Jung het gesê: “Often the hands will solve a mystery that the intellect has struggled with in vain . . .”
     Dalk is mense soos ek se koppe deesdae so deurmekaar omdat ons nie meer werk nie . . ?





14/04/2014
Iemand het gesê ek moet iets skryf oor wat ek dink van die Oscar sage. Ek dink hy moet die waarheid praat . . . en ek dink ons moet hom genadig wees.
     Hy verdien dit nie! sê jy
     Nou wat is jóú definisie van genade?


08/04/2014

I couldn't sleep, so I thought about the different ways we as humans think about (unreachable) stars and galaxies . . .  
Lets face it, the astronomer and the astrologist is probably both wrong in the end. At least it is clear with the astrologist - even in the beginning of his/her argument. 
     But with the astronomer, we (and not even he) might never know the error in his/her assumptions and conclusions. The lie is hidden by his carefulness and earnestness - in his logical way of seeking. Thus his theory transforms in to a fact that everyone ends up believing.
     But . .  at the end science also deceive us. The fact that the error takes longer (centuries?) to be discovered, doesn’t make it less of a lie.
     Truth is hidden in the mystery of nature - and God. Little truths here and there might be known (every now and again) but the whole-truth is unknowable to humans. The whole-truth is a mysterious truth - it only settles in reality, imagination is to weak to hold it.
nou gaan ek slaap, nag al my digital imagery friends 


04/04/2014
Neels Jackson het my vertel van gratis 'n vrugte- en koeldrankstalletjie op die Santiago de Compostela en 'n paar herberge waar jy gratis kon oornag - as jy wou kon jy 'n donasie gee. Keith Green het destyds, na sy baie suksesvolle eerste album, met 'n (geskokte) Sparrow Records gaan onderhandel om sy tweede album verniet te gee aan almal wat vra, die wat wou, kon 'n donasie gee (meer onlangs het Amanda Palmer dit begin doen op die internet - kyk haar Ted Talk: “The art of asking”). Francois Smit het 'n paar jaar gelede by die SiCiLi konferensie gepraat oor Open Source Christianity. Moet ons nie meer hiervan sien binne die Christendom nie? Kan 'n mens vergoeding “demand” wanneer jy byvoorbeeld oor die Evangelie skryf of sing of praat? Moet dit verkoop word - of dalk eerder vrygelaat word? Is open source nie nader aan die hart van die Evangelie nie? 
     Sê nou Jesus het gesê: "Ek gaan vanaand vir julle 'n paar gelykenisse vertel, slegs die wat kaartjies by Petrus en Johannes koop is welkom om te kom luister . . . "



“It is one thing to love the human race so much you’re willing to die on a cross to save humanity. It’s quite another thing to expect to earn thousands of dollars a year describing a man who died on a cross to save humanity.” - Kierkegaard


03/04/2014

Baie mense wat ons Echo gemeenskap besoek is aanvanklik heel beïndruk, maar beleef gou 'n mate van ontnugtering as hulle ons beter leer ken - die chaos en veral die konflik . . . Ek wonder soms, wat het hulle verwag? St Franciscus se happy band of brothers? I wish!

Community is nie 'n plek sonder konflik nie. Dit skep 'n seldsame ruimte waar mense werklik eerlik met mekaar kan leef. Waarheid skep konflik (voorgee is dikwels 'n poging om konflik te vermy).

Wanneer daar 'n hegte langtermyn verbintenis is - van “ek sal jou nie los nie, maak nie saak wat nie” - kan verdedigingsmeganismes maar val. Dan het konflik die potensiaal om iets positief wees.

Dit word maklik vir ons belangriker om goed te lyk en goed te voel, eerder as om goed te wees. Al ons energie gaan dan daarin om te beïndruk of te verdoof, eerder as om te groei.

Die idee dat community 'n plek van aanvaarding is, is 'n halwe waarheid. In community word ons nie net aanvaar nie, ons word ook aangemoedig om te groei. Dis wat liefde doen. Eerlike gemeenskap met ander help my om weer te begin glo dat positiewe verandering moontlik is, dit moedig my aan om te beweeg na wie ek kan wees, te ontdek wie ek eintlik is. 

        Persoonlik hou ek ook nie daarvan dat mense aan my karring nie, dis ongemaklik om mense te naby aan jou te hê, maar ek kom agter dat ek eerlike spieëls in my lewe nodig het. Die uitdaging is om nie vir die spieëls kwaad te wees as ek dinge sien wat ek nie van hou nie.




24/04/2014
Every now and again someone decides not to walk away from God - not to try and hide themselves anymore - but to turn around and rather walk towards Him, to seek more awareness, not less. 


to my fellow explorers:
     don’t think that if you can’t know everything about Him that you can know nothing of Him 
     do not think that if you know something of Him that you can know everything about Him
     you and I are amazingly small
     but luckily, He is amazingly gracious
     the knowledge of these 2 truths, is a good start for those willing to venture into the mysterious quest towards the most ancient being of all
     - don’t forget to enjoy the journey - and lets share what we find






27/03/2010
Dit was die pragtigste stukkie hel op aarde. 
     ʼn Sonsondergang uit ʼn ander wêreld. Ek het voor op die punt van ʼn massiewe rivierboot, wat die volgende paar dae ons huis sou wees, gestaan en alles probeer inasem: primitiewe seilbote, palmbome, vragskepe, houthuisies op pale . . . Later sou ek vir die eerste keer wit varswaterdolfyne sien.
    Bangladesh is een van die armste en mees dig bewoonde plekke op aarde. Dit is ook een van die lande wat jaarliks deur die meeste natuurlike rampe getref word. Vroeër daardie dag het ek gesien hoe mense op ʼn besige straathoek fietse, Tuk-tuk’s en karre deur kniediep water stoot.
    Die lug was nou grys en goud met net ʼn paar vaal silhoeëtte in die verte.
    Onder ons het ʼn blou babatjie op die vuil water aangedryf gekom. Ek het geskrik toe ek haar sien en probeer om nie te kyk nie. Toe die boot uiteindelik vertrek het haar lyfie alleen bly lê en opkyk.
    Is dit dalk beter vir die kind om dood rond te dryf as om in dié hel-hole van ʼn plek te moes lewe? Vir lank het ek probeer om nie weer hieraan te dink nie - maar sy wou my nie los nie.
    Ek en Sean het elke aand sommer buite op die dek geslaap, dit was goedkoper. 

    Partykeer, laat in die nag, het die kind by my kom kuier - dan het ek haar probeer troos, en het ons lank na die sterre en die skaduwees op die bewegende oewer gelê en kyk . . . tot sy weer oor die kant van die boot in die swart water verdwyn . . .




.. .. .  . ... . .   ..  .... .. . .   ..  .   .... . .. ...


25/01/2014
ek het opgekyk
en af
toe’s ek kaal!
daar was net gras, witstinkhout en bloekom
- ek wil nou nie brag nie, maar die blaartjies was bietjie klein -

God het my gou gekry
gesê ek moet opstaan, nie worry nie, hy hou van kaal mense

ek het net effe skaam gelag
en rondgekyk
gewonder wat die kerktannies gaan sê
toe’t ek op my rug gaan lê
oop
soos iets wat wil vlieg
- soos ʼn kruis -
en ophou worry
en op sy asem opgestyg

24/03/2014

 . . . liefde kan net bestaan waar daar vryheid is - sonder vryheid is daar net afhanklikheid, nie liefde nie.
    'n Mens sou kon sê dis 'n misterie dat God daai “verbode boom” in die tuin van Eden gesit het, die groter misterie is egter dat ons kies om in die skadu van daai enkele boom te lewe. Onthou, daar was 'n menigte goeie bome - en ander plante en riviere en mak-wilde-diere(!) . . . ’n beautiful plek vol vryheid. Die bose boom was die klein uitsondering, die enkele oop deur - for just in case they wanted out.
    Die skeppings verhaal in Genesis 2 lees soos 'n gedig, op 'n stadium sê die skrywer: “Hulle twee, die mens en sy vrou, was kaal, maar hulle was nie skaam nie
    Toe ek dit nou weer lees, skree iets hier binne in my (en ek dink nie dit was net my hormone nie), Hohaa!    
    Daar is iets in ons wat verlang na daai tuin van Eden, wat weer vry wil wees. Wat wil kaal hardloop sonder om skaam te wees. Ons smag daarna - en as ons daai vryheid nie kan kry nie, vul ons die leegheid met enige iets, al kan dit daai knaende verlange selfs net tydelik verdoof.
    Waarvoor is ons bang? Om geken te word . . ?
    Ons is steeds skaam - ons wil nie kaal wees nie. We want to cover up.
    Werklike Community kan 'n ruimte skep waar iets van daai vreemde vryheid aan die begin weer ontdek word. Waar “kaal-wees” voor mekaar aangemoedig word. Waar ons weer leer om oop en eerlik voor mekaar te lewe en saam te ontdek dat die verbode bome eintlik vêr in die minderheid is.
     Om werklik geken te word - en werklik te ken - kan bevrydend wees. Om liefgehê te word vir wie ons weklik is (kaal), nie vir wie ons voorgee om te wees nie - en om ander so lief te hê.
     Maar dis ook gevaarlik. Om geken te word is 'n hoë risiko oefening. Hoe nader ons ander aan ons toelaat, hoe seerder kan ons kry. Daarom isoleer ons onsself in 'n poging om veilig te wees . . . 
     Maar die alternatief vir intimiteit is eensaamheid. 'n Mens kan net werklik veilig wees teen seerky deur ander as jy alleen is.  
    Om “vry te wees” is om te groei - om nie hoef te stop nie, maar te mag aanhou beweeg.
    Eenvoud en vryheid loop natuurlik saam. Die blote gedagte aan die woorde van Jesus, dat ons nie moet bekommerd wees oor wat ons moet eet of aantrek nie want God sorg dan vir die voëls en die lelies . . . is vir ons skrikwekkend. Ons is vies vir Jesus as ons dit lees. Ons wil só graag goed hê om oor bekommerd te wees.
    Ek dink nie Jesus was besig om ons op 'n quilt-trip te sit oor ons besittings nie, ek dink Hy wou wys hoe min ons regtig nodig het om gelukkig te wees. Hoe eenvoudig dit is. Hoe vry ons eintlik gemaak is om te wees . . .



 20/05/2014
ek en Nelus (moderator van die NG Kerk) skryf nou om die beurt 'n rubriek vir Kerkbode. whoopy! dis nou wat ek sou noem 'n “awesome tension”. hy wil Biskoppe aanstel (lees sy rubriek die week) en ek wil net begin torings omtrek en hoenders afskroef . . . eintlik great dat 'n koerant soos Kerkbode die ruimte skep. in die verlede het die kerk te dikwels die tipe spanning gesien as iets negatiefs, iets wat “opgelos” moet word. toe Neels, die redakteur, my vra of ek die rubriek sal skryf het ek gesê dit kan gevaarlik raak, waarop hy geantwoord het, hy weet, dis wat hy soek. hoha! you got to love this church


Behalwe vir Kerkbode skryf ek ook rubrieke vir Beeld en onlangs het Maroela Media my gevra om vir hulle nuuskommentaar te skryf.    
    Dis ironies, want hulle is almal instellings - en verteenwoordig 'n groep in die samelewing - op wie ek eintlik uiters krities is. Tog verdra hulle my, sê hulle ek mag maar eerlik wees (selfs die Kerkbode edit my nie meer as ek my taal meng nie). Oral waar ek kom is mense nicer met my as wat ek al ooit met hulle was!
    My vriend Francois het my al gewaarsku dat “hulle” jou al nader gaan trek en dan absorbeer - tot jy so naby is dat jy eintlik nie meer 'n stem het nie . . . Hy is baie slimmer as ek. Maar tot nou toe beleef ek tog iets anders. Dis asof “vleitaal” die laaste ding op hulle agenda is. Ek mag maar krities wees oor die media in Beeld; oor my frustrasies met die NG Kerk in die Kerkbode; teen blanke rassisme skryf by Maroela Media.
    Al wat hulle blykbaar wil hê is dat ek eerlik sal wees - en aktueel. Wat 'n wonderlike vryheid. Dit maak dat ek sommer minder krities voel oor al drie - en hulle mense . . . (#%&@!* dalk was Francois reg!)





“What do I think of Western civilisation?" 

"I think it would be a very good idea.” - Mahatma Gandhi


19/03/2014

ons leef in ’n wêreld waar kriminele eintlik maar doen wat kriminele tipies doen (steel, moor . . .), politici maar doen wat politici tipiese doen (wat ook al nodig is om aan bewind te bly en meer mag te kry), besighede wat besighede doen (geld maak) . . . maar is die kerk besig met dit waarmee volgelinge van Jesus "tipies mee besig moet wees"?





One can insult an honest man or an honest woman, but to tell a thief that he is a thief is merely la constation d'un fait  
- Leo Tolstoy




18/03/2014
“. . . during my stay in Paris, the sight of a public execution revealed to me the weakness of my superstitious beliefs in progress. When I saw the head divided from the body, and heard the sound with which it fell separately into the box, I understood, not with my reason, but with my whole being, that no theory of the wisdom of all established things, nor of progress, could justify such an act. And that if all the men in the world from the day of creation, by whatever theory, had found this thing necessary, it was a bad thing; and that therefore I must judge what was right and necessary, not by what men said and did; not by the idea of progress, but what I felt to be true in my heart.”
- Leo Tolstoy 




 .  .. .. . ... . .  .. . .... . ... . ... .. .. . .... 


18/03/2014
het die naweek tyd spandeer met Shane Claiborne en sy vrou Katie, hulle het saam met ons in een van ons Echo-huise in die Kaap gebly (en Shane het ons skottelgoed gewas). ek het ook die voorreg gehad van 'n onderhoud met hom, met die oog op 'n artikel. het baie vrae gehad (op 'n stadium het hy gevra of ek besig is met 'n boek of 'n artikel!). ek het die afgelope paar jaar van sy boeke gelees, maar dit was die eerste keer dat ons in die "vlees" ontmoet. amazing ou, 'n vreemde vrede hang oor hom - letterlik so kalm soos 'n palm. iemand soos hy hoef nie te veel te sê nie, sy lewe doen die meeste praatwerk. maar as hy praat (of skryf) maak dit nogal sin om te stop en te luister   
(lees artikel)


Hier is 'n paar quotes: 

“All around you, people will be tiptoeing through life, just to arrive at death safely. But dear children, do not tiptoe. Run, hop, skip, or dance, just don't tiptoe . . . ”

“The more I get to know Jesus, the more trouble he seems to get me into.”

“When we truly discover how to love our neighbor as our self, Capitalism will not be possible and Marxism will not be necessary.”

“Christianity is at its best when it is peculiar, marginalized, suffering, and it is at its worst when it is popular, credible, triumphal, and powerful.”

“There are some things to die for but none to kill for. ”

“We do need to be born again, since Jesus said that to a guy named Nicodemus. But if you tell me I have to be born again to enter the Kingdom of God, I can tell you that you have to sell everything you have and give it to the poor, because Jesus said that to one guy, too. But I guess that's why God invented highlighers, so we can highlight the parts we like and ignore the rest.”

“And I think that's what our world is desperately in need of - lovers, people who are building deep, genuine relationships with fellow strugglers along the way, and who actually know the faces of the people behind the issues they are concerned about.”

“This is what Jesus had in mind: folks coming together, forming close-knit communities and meeting each other's needs-- no kings, no major welfare systems, no presidents necessary. His is a theology and practice for the people of God, not a set of suggestions for empire.”

“When we ask God to move a mountain, God may give us a shovel.”

― Shane Claiborne

lees sy boek The Irresistible Revolution - en laat dit jou lewe deurmekaar krap . . .





12/03/2014
Vryheid, gelykheid en broederskap? No way. Nie hier nie. Dalk lank lank gelede in die kop van 'n ongelowige Fransman . . . maar moenie vir my kom sê mense is vandag "gelykwaardig" nie.
In my laaste jare as student het ek 'n baie ou, siwwe, Renault 5 gery - een van daai klein blou karretjies, 'n bietjie groter as 'n Mini. Tot my groot frustrasie moes ek soos meeste studente altyd buite die hekke van die universiteit parkeer en ver stap tot by die fakulteit.
    Want ek was maar net 'n arm student . . .   
    Op 'n dag breek my kar weer. Gelukkig kuier Marina se pa-hulle by ons en hy leen my sy nuwe Mercedes. Net daar besluit ek, vandag parkeer ek binne, tussen al die belangrike mense.
    By die sekuriteitshek, kyk ek stip voor my uit en wys bloot met my regter hand vir die wag om oop te maak.
    En hy het!
    Wat 'n wonderlike gevoel was dit nie.
    Die volgende dag is my Renault weer “reg” en dog ek by myself, net vir 'n proefneming, kom ons kyk of dit nie dalk weer werk nie.
    Ek stop voor die hek. Kyk stip voor my. Wuif vir die wag om oop te maak (my gesigsuitdrukking was presies dieselfde). Die volgende oomblik skrik ek my boeglam. Die wag kap met sy knuppel teen die venster. “Wat dink jy doen jy?” raas hy, “julle studente moet buite parkeer!”.
    My proefneming het aangetoon dat dit in hierdie wêreld eenvoudig onmoontlik is om belangrik te wees in 'n Renault 5.

Vir 'n tyd lank het ek in Indië gewoon. Ek was brandarm. Vir maande het ek en 'n klomp ander ouens onder 'n palmtak afdak op die grond geslaap en onder 'n enkele kraan gebad. Ek kan nie in 'n koerantjie soos hierdie verduidelik in watter toestand die toilette was nie. Dit was nie maklik nie.
    Ek het egter gou 'n “trick” geleer in my poging om nou en dan 'n bietjie beskawing te beleef.
    Dit was maklik. Ek het het eenvoudig die goedkoopste bus gevang na die middestad en by die eerste vyfster hotel ingestap. Ek het agter gekom dat ek nie eens hoef “op te dress” nie, die blote feit dat ek 'n Westerling was gee my vrye toegang tot die geriewe - ek het selfs 'n keer of wat kaalvoet opgedaag. Al kon ek nie eers 'n een ster hotel bekostig nie, het die man by die deur my keer op keer soos 'n ryk man behandel.
    Want ek is mos 'n Westerling!
In hierdie wêreld het mense nie gelyke waarde nie. Dis 'n feit.  
    Waarde hang af van geld, status en vooroordeel.

Een van die beste voorbeelde hiervan is Privaat hospitale - waar hulle slegs lewens red as die geld reg is. Die mediese bedryf is sekerlik een van dié mees onetiese bedrywe in die wêreld.
    Ek is met 'n dominee getroud so ons het 'n goeie mediese fonds.     Nou die dag is ek in die hospitaal vir 'n operasie aan my enkel.
    Vyfster behandeling!
    Laat een nag lui ek die klokkie, want die pyn was erg. 'n Ouerige verpleegster kom by my kamer in en ek sien sy is effe kruppel. Ja verduidelik sy, toe ek haar uitvra, haar voet is ook seer, sy weet nie hoe sy die volgende paar weke se skofte gaan maak nie. Haar operasie is eers volgende maand, in Kalafong. Toe gee sy my 'n inspuiting en stel die lugversorging 'n bietjie af.

(Kerkbode - Nuwe Hart)



 11/04/2011
.  . .   .. . . ...  .. .  ..   ..  .  . ... . ..

. . . there's organizations, programs, philosophies, theologies, theories . . . and then there's this beautiful chaos called community . .  #ECHO_Community_Meal

 
07/03/2014

'n Dwelm-ou in een van ons huise het op 'n dag die ingenieur wat saam met hom bly se rekenaar gesteel en gaan pand vir heroïne. Dis nie vreemd nie - maar daar was baie belangrike data op daai rekenaar . . . lang storie.
    Ons besluit toe om iets te doen wat ons eintlik nooit doen nie: om die rekenaar terug te koop by die betrokke drug dealer in Sunnyside - met die ooreenkoms dat die dwelm ou gaan vir rehab en hy dan later die geld begin terug betaal . . .
 
    Wat wél vreemd was, was die reaksie van die dealer toe ek hom bel:
    Dit was vroeg Sondag oggend. 
    “Can we meet you half past ten?” vra ek. 
    “No, no!” antwoord die heroine dealer in 'n
Nigeriese aksent, “I’m still in church then, you can come twelve o’clock.”   
    Wel, dink ek toe ons ry, dis seker nie só vreemd nie, my kerk sit vol rassiste.

(ps - die hele storie het op die ou einde plat geval - die laptop was op daardie stadium glo al reeds in Zimbabwe)



05/03/2014 
. . . die gevaar van georganiseerde godsdiens is dat dit God probeer vasvang - "sodat die mense kan kom kyk . . .”  
    Jy kan natuurlik ʼn lewe maak uit 'n vreemde wese in ʼn hok. ʼn Mens kan geld maak met God! Maar laat ek nou nie weer op daardie band-wagon klim nie.  
    Die waarheid is dit: God laat Hom nie vang nie! Daai wese in die godsdiens hok, hoe interessant of vreesaanjaend hy ook al mag voorkom, is nie God nie.  
    Dit het die Fariseërs en ander "bestudeerders van God" byvoorbeeld erg ontstel toe Jesus . . .   
My rubriek vandag in Beeld


.. . , . . . . . . . . ., .. . .. .. , ... . .. .. . . ... .


Ek het vanaand besef, dat as ek wil lewe, ek minder in die nag moet slaap. Daar is ander beter tye om te slaap - soos tydens vergaderings. In die nag, veral na twaalf word vreemde dinge wakker. Dinge wat net in stilte en donker beweeg. Dalk sou 'n mens in die dag kon lewe as jy vader Maximus Al Anthony is. Hy is die koptiese monnik uit die oudste bestaande klooster in Afrika - in 'n woestyn in Egipte - met wie ek nou die dag 'n onderhoud gevoer het. Dáár is die dae glo leeg genoeg dat mens stemme in die lig kan hoor - in woestyne is daar mos mirages in die dag.
    Dit vra dat ek my sal dissiplineer, en leer om dinge soos die kritiese kyke van besoekers wat verbaas is dat ek in die dag slaap te verduur. En Marina se kyke. Maar ek sal moet probeer, my helderste oomblikke kom nog altyd soos weerwolwe na middernag.
     Twee jaar gelede het ek vir 'n tyd lank elke aand teen middernag gaan draf. Ek het opgehou want my voete het 'n helse geraas gemaak. Marina kon hoor waar in die buurt ek is aan die honde se geblaf. Om die waarheid te sê haat ek dit eintlik net om te draf. Oorgewig mense soos ek moenie draf nie, ons moet eerder stil sit en droom en skryf.




29/02/2014
“There is nothing more dangerous for someone, nothing more paralyzing, than a kind of isolating fixation on oneself, in which world history, human life, society—in short everything—disappears and, in an egoistic circle … one constantly sees only one’s own navel."
- Sören Kierkegaard  


27/02/2014

of all my therapists, I miss the sea the most



die boot was hout en grys

en die water en die lig ewe blou

en grys en vaal

die see was nat en kaal

en die lig, ewe leeg en lig

en vaal

en stil

die boot het nie beweeg nie

ook nie die lig nie

en ook nie die water nie

..... . ... .. .... .. .... . .......

23/02/2013
 . . . Kunstenaars het die vermoë om die potensiaal in goed raak te sien. Hulle kan nog droom. My vrou skilder. Gee haar ʼn paar dooie buisies verf, ʼn kwas en ʼn leë lap gespan oor ʼn eenvoudige houtraam en netnou-netnou lewe daar ʼn droom op daardie doek . . .     
     Die kuns van die lewe het te doen met hierdie misterieuse potensiaal van dinge: dat iets wonderliks gedroom kan word uit ʼn paar dooie goedjies; nuwe lewe uit 'n hopelose situasie; iets ongeloofliks uit niks . . .  - Die Kunstenaar en sy mense



One asks why the same man who has watched the most atrocious events dry-eyed, who even has committed cold-blooded crimes, will weep at the theatre at the representation of these events and crimes? It is that he does not see them with the same eyes, he sees them with the eyes of the author and the actor. He is no longer the same man; he was a barbarian, he was agitated by furious passions when he saw an innocent woman killed, when he stained himself with his friend's blood. His soul was filled with stormy tumult; it is tranquil, it is empty; nature returns to it; he sheds virtuous tears. That is the true merit, the great good of the theatres...” Voltaire on Tears

 

02/04/2011
“It would be possible to describe everything scientifically, but it would make no sense; it would be without meaning, as if you described a Beethoven symphony as a variation of wave pressure.”
― Albert Einstein



02/03/2014
Hulle sê ek is te krities oor die kerk . . . Nou die dag moes ons weer onderhoude voer met 18 tieners in desperate nood wat aansoek doen by ons huise. Ons kon net 4 inneem, want al die huise is oorvol, soos gewoonlik - maak jou mal om kinders te moet weg stuur, ek voel só skuldig om dit selfs net hier te noem.
     Maar, hier ís meer as 20 NG Kerke (in die Moot 5x10Km radius?) . . . meer as sewentig kerke in totaal. 

     Krities? Dit maak my van my kop af! Ek begin ernstig wonder of die groepie mense hier rond wat Jesus se verlossing die nodigste het, nie dalk die Christene is nie. Ek sal probeer minder krities wees, as die kerke hier probeer om meer om te gee. Deal?




03/02/2014
Unless someone like you cares a whole awful lot, nothing is going to get better. 
- Dr. Seuss


eendag in die hemel

in die hemel, eendag, sal ons op en af spring en baljaar
as ons hop
sal spokerige wit wolke ons vang
ons, die kleuters van God
met ou bekendes sal ons kamp en surf en braai en luidrugtig drink
en vergeefs probeer onthou van kanker, pedofiele en muskiete
en die voëltjies sal kwetter en die engele sal lag
en Hy sal vir ons kyk



26/02/2014
Yearning: It needs to hurt in order to be worthy of the word.
Otherwise it is just wanting. 
- St John of the Cross


... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......
niemand was ooit te sleg vir Jesus nie . . . maar party was al te goed - veral in hulle eie oë



Lees




ek is totaal bipolêr oor die kerk - lag / huil





soms voel ek lus om die here alleen te dien
net ek en hy
bogger die kerk
bogger die wêreld
en al daai teologiese chit-chat
eenvoudig
privaat
alleen
soms voel ek om weg te kruip soos saddam
in ʼn bunker
net my stoppelbaard, my skewe tande en ek
bogger bush
bogger die land wat brand



02/11/2013
hoop is nie 'n gedagte nie . . .  hoop is 'n teenwoordigheid



You won't meet anyone today who isn't important


As Jesus vir die Ryk Jongman gesê het, neem my net aan as jou persoonlike verlosser en saligmaker, het hy dit waarskynlik gedoen


12/04/2013
"As tannie nie daarvan hou dat die kinders swart is nie,
gaan raas met God - hy't hulle so gemaak"

... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......


At one time I was so immersed in problems of church and society that my whole life had become a sort of drawn-out, wearisome discussion. Jesus had been pushed into the background; he had himself become just another problem.

- Henri Nouwen


29/01/2014

dit wil toenemend voorkom asof die Christen boekbedryf se nommer een motief is om geld te maak uit die gratis Evangelie - dalk is ek net sinies, dalk is alles deesdae lekker flashy omdat die Here die bedryf so seën! Wat ek wel nie lekker verstaan nie, is byvoorbeeld hoekom die Bybel nie altyd oral gratis digitaal versprei mag word nie . . . en 'n paar ander dinge. Cum se vinnige afhaal/opsit van oom Solly was ook nogal interessant, hulle was nie seker wat die mark die gelukkigste gaan maak nie. Wat sou die beste wees vir die besigheid? Om nice te wees met die oom of om hom "uit te haal" . . ? Toe doen hulle maar albei . . . 


“I dream my painting and I paint my dream.”
― Vincent van Gogh


daar’s vier vaal engele bo my bed. het hulle al baie dopgehou (in die dag - in die nag is hulle net skadu's). ooo hulle beweeg soo stadig . . . soos 'n kerkvergadering (ironies, want engele is veronderstel om vry te wees? die wêreld vol te vlieg?) ek wonder baie oor wat van daai viertjies gaan word, shame
... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

Christenwees is dalk eerder 'n kuns - as 'n wetenskap

22/01/2014

Ek weet mens is nie eintlik veronderstel om jou substances te meng nie,
maar Gert Vlok Nel en Denis Johnson se Jesus' Son. . .  



21/01/2014
huise vol mense vol liefde
- die droom

.   .   .   .   .   .   .   . 
talking to racists about Jesus is sometimes very difficult, but also necessary . . . since most are Christians
Col3:11


het gisteraand gedroom van die mooiste kerkgebou met 'n reuse "fuck the poor" sticker teen die voordeur (yes, I need prayer) 

.   .   .   .   .   .   .   . 

10/10/2013
When the woman showed her love for the children that were not her own, and wept over them, I saw in her the living God, and understood What men live by...
- Leo Tostoy
 30/03/2014



. . . het seks gehad met 'n droom

en nie lank daarna nie is 'n frustrasie gebore . . .
Hy was pienkerig met 'n blou skynsel en klein en lelik,
vol plooie (en needy!).
My eerste gedagte was, aliens bestaan, maar deur die loop van die dag moes ek vrede maak dat hy uit my, deur my en tot my is, ek het hom gemaak, na my eie beeld
- en ek het gesien dat hy boos was.
My arme droom,
sy wou hom net 'n naam gee,
- sy het gesterf.
Soms newel ek,
sê ek vir haar,
sy kon maar net sowel aanhou lewe,
net sowel oud word saam met my (en klein frustrasie).
Maar die dooies praat mos nie terug nie
- en die lewendes lê nie stil nie
en drome is mos hoere.


 
20/01/2014
Ek was tot my groot frustrasie die afgelope vakansie op krukke na 'n operasie aan my enkel. In Simonstad gryp 'n hawelose vroutjie in vodde klere my aan die arm. Ek is dadelik effens vies maar soek tog na 'n paar sente in my sak. Voor my hand uit my sak uit is, trek sy my tot stilstand, kyk my vol in die oë en sê: “Ai shame meneer! Jy moenie worrie nie, ek bid dat die Here jou gou sal help,” en gee my arm 'n sagte druk. Toe los sy my en verdwyn tussen die mense . . . en toe


11/01/2014


a room with 'n view 
- het vir 'n week lank verdwyn
saam met awesome pêlle op eilandjie
 
daar's 'n ding hier binne wat smag na die tuin van eden
 wat kaal wil rondloop
 vry wil hardloop . . .


17/03/2011


Nou die dag droom ek, ek is laat vir kerk. Toe ek oor die grasperk loop hoor ek die mense sing. 
     Ek stap om die hoek en daar op die trap in die oggendson, sit God.
     "Gaan U nie kerk toe nie?" vra ek (ek is partykeer baie dapper in my drome).
     "Nee," sê God, "hulle kom mos goed reg sonder my"

(Later in ʼn ander droom loop ek hom raak by 'n partytjie - uit vrees vir vervolging kan ek nie hier vertel wat daar gebeur het nie . . .)




In the dark night of the soul, bright flows the river of God.
- St John of the Cross


23/02/2014
“If your great sins have ever driven you so far from him that you regard yourself as not being close to God, then you should still regard God as being close to you. It can be very destructive if we regard God as being distant from us, since whether we are far from him or near to him, he is never far from us and always close at hand. If for some reason he cannot remain within, then he goes no further than the door.”
- Meister Eckhart


.   .   .   .   .   .   .   .

vredelinde

sy’t haar droom gevat
op lap gedrip
- met die stert van ʼn stokkie en ʼn paar buisies sap -
en siedaar!
skielik lê hy daar 
en loer
vir almal wat wil kom kyk



.   .   .   .   .   .   .   . 


"It is quite apparent that written language does not live in scrolls or books . . ." - Bruce Malina (The social word of Jesus and the gospels) 



It wasn’t enough to build a tower
they had to put a chicken up there too . . . 
.   .   .   .   .   .   .   .


HOEKOM IS DIE SUSTERS ALTYD LAAT?
(ek voel nou nog meer so - na Vrystaat Sinode se negatiwiteit en traagheid) #belhar





18/12/2013 
Ons kuier by my skoonfamilie in Howick. Vir die eerste keer het ek tyd om te dink aan minder dramatiese dinge. Soos die over-acting in 7de Laan.
     Ek kan my nie uitspreek oor die gewig van die draaiboek nie. Kon nog nooit twee episodes na mekaar kyk nie (nie dat dit blykbaar saakmaak nie). Waaroor ek wel opinie wil lig, is die over-acting. Hulle onderskat die gemiddelde kyker - wel, dalk juis nie - maar ek voel hulle onderskat my. 
     Die frons van 'n verontregte kelner is dikwels net te diep, die mondjie van daai ou tannie hang soms net te laag vir TV - al daai groot oë wanneer iemand verbaas is, al daai baie skewe kyke . . . 
     7de Laan speel af op TV. Dis onnodig om te act asof jy op 'n verhoog is, waar die mense 30m ver sit. Die meeste mense sit twee meter van die skerm af - hulle sal 'n karkatjie sien voor jy hom voel.
     As ek reg onthou - toe ek op 'n dag skool gebank het in st. 9 - het hulle nie in The Bold and the Beautiful só gemaak nie. Hulle was meer subtiel. Ek het gevoel hulle het my as st. 9 leerling se intelligensie gerespekteer. Hulle het geweet ek, en die ander kinders wat skool bank, kan “tussen die lyne lees”. 
     Ek het al een of twee van 7de Laan se mense ontmoet en in die gewone lewe is hulle eintlik heel normale mense..?





04/02/2014

Ek dink nie ek sukkel méér met vuil gedagtes as meeste ander ouens nie, hoop nie so nie, maar ek sou verkies dat mense eerder praat van “bladsy” as van “pagina” (haat anglisismes). 
      Mag ek eerlik wees? Die kerk kan maklik die plek word waar ons die meeste voorgee. As ek nie kan eerlik wees by die kerk nie, waar dan? Die hele idee van 'n privaat-teologie en 'n publieke-teologie klink nie vir my baie eerlik nie. En dit klink na harde werk! Die spanning kan ondraaglik raak.
       Dalk sal mense ons glo oor die mooi goed, as ons ook eerlik is oor die lelike goed? Of hoort die tipe deursigtigheid net by die goddeloses? (wat 'n woord: “ g o d d e l o s e s ”)
       Scott Peck waarsku dat ons ons maklik in 'n skyn idee van "Community" kan bevind - wat hy 'n "Pseudo-Community" noem - as ons nie kans sien om weerloos voor mekaar te lewe nie, as ons net eerlik is oor die mooi goed (as ons harder probeer om goed te lyk as om goed te wees).



die onbrood het vermeerder
ons leër gelaat
die ondors het oorspoel
droogte gereën
ons onseker gemaak
 

soos dik donker
so dik
soos masker
dikke mistroostigheid - soos laster -

mistigheid
 

só maak die onbrood
die ondors
die reën




18/12/2013
Ek sit in Howick op 'n rusbank in my skoonfamilie se restaurant en probeer iets skryf. 'n Ent voor my sit 'n ou wat dit moeilik maak om te konsentreer -  hy trek heeltyd my aandag af - 'n ouerige man met brille, ek kan nie sien wie sit saam met hom by sy tafeltjie nie. 
    Die ou lyk heel normaal, behalwe vir die foelie teen sy agterkop. Dis soos 'n reuse agterstevoor bril, maar te laag om sy bles te verberg. Ek neem my voor om vir Leana (my skoonsus) te vra wat fout is met die ou. (Sy sal waarskynlik ook nie weet nie en wyer om hom te vra) 
    Dalk is hy bang iemand skiet hom met 'n lazer-gun van agter af? Ek weet nie. 
    'n Tannie met 'n string goue streamers stap by my verby na die kleedkamer en skielik besef ek dis amper weer kersfees. Die foelie-ding is seker die ou se poging vir 'n kroon. 
    Dit inspireer my om te hou by my besluit om die jaar Jesus se verjaarsdag op 'n ander dag te vier as 25 Des - net ek en hy sonder krone, streamers, klappers en al daai ander stront. 
    Op Kersdag gaan ek net presente oopmaak, drink en party.


13/12/2013

 Lelike goed het al gebeur in die naam van sogenaamde “goeie teologie” . . . lees my rubriek oor die illusie van "goeie teologie" in die week se Rapport solank hier




13/02/2014

'n Woordsom vir die ooms en tannies op gemeentes se finansiële- en eiendoms kommissies:

Krummels” is daai stukkies wat oorbly na ons almal klaar genoeg gehad het, reg?
Sou 'n mens kon sê 'n goeie voorbeeld hiervan is daai tiende - van mense se tiendes wat in offergawe mandjies gegooi is vir “die uitbreiding van die koninkryk” - wat uiteindelik uitkom by die sending of diens van barmhartigheid? Met ander woorde, dít wat gegee word ná al die mense wat hierdie betrokke “fiktiewe gemeente" (want hierdie is net 'n woordsom) bedien en die gemeente se geboue ens. betaal is. Dit wat met ander woorde oorbly?
  Ek is nie baie goed met somme nie, so, kyk of u  met my saamstem:
n Tiende van 'n tiende is een persent, reg?
En ons almal weet, meeste mense gee nie tiendes nie, maar eerder “twintigstes" of “vyftigstes”, wat die gemeente se tiende, 'n tiende van van twintigstes en vyftigstes maak, reg?
Hier is die vraag: Watter persentasie van hierdie (fiktiewe) gemeente se omset gaan WERKLIK vir die “uitbreiding van die koninkryk”? (Vat 'n raai!) Van die bietjie, wat ingaan hoeveel kom uit? Is hierdie gemeente nie 'n bietjie swaar op “over-heads” nie?
Sou dit wys wees, van u of my, om gemeentelede met 'n passie vir “die nood daar buite” en die “uitbreiding van die koninkryk” aan te raai om dit te doen via die strukture van hierdie gemeente? Waarom sê u so?
  


(Ps - as die bogenoemde u ontstel, gaan u heeltemal uit-freak as u sien
wat Luk 16:19-31 hieroor te sê het)


Gedagte vir die dag:

Jesus het nie veel te sê gehad oor tiendes nie . . . maar hy het 
wel kom wys hoe ware omgee lyk, toe hy homself kom gee het.

Die alternatief vir, “krummels gooi vir die armes”, 
is nie om brode te gooi nie, maar om 'n maaltyd te deel.


vir meer oor hierdie onderwerp, lees hier
(Skatryk Kerke in 'n Brandarm Wêreld)



“You must have chaos within you to give birth to a dancing star.”
― Friedrich Nietzsche




Tussen die velle van ʼn frons het sy oë grys gehang. Toe ek nader skuif, sien ek net die weerkaatsing van myself wat probeer inloer.  
    Die man is nie hier nie, sê die kyk in sy oë, hy't uitgegaan vir ʼn droom . . .
 
... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

Echo Community, you're my guru - in following Jesus
What an inspiration to see you move!

..... . . . .... . .. .   .  ...  .


14/05/2014
Soms as ek die evangelies lees voel dit of Jesus kom sê het dat van die Ou Testament skrywers verkeerd was oor God. God hou byvoorbeeld nie van oorlog nie. Hy wil hê ons moet lief wees vir ons vyande - en dat Hy self ook lief is vir sy vyande . . . (onder andere)
    Dalk is my koppie net te klein om te begryp hoe God een oomblik kan sê, “plunder en maak dood”, en die volgende oomblik, “draai die ander wang, vergewe, wees goed vir jou vyande, maak vrede.”?
    Hoe dit ook al sy, ek kan nie dink dat Hy kwaad gaan wees omdat ek wou glo dat Hy eintlik nog al die tyd goed was nie - eerder as dat hy wreed, bloeddorstig en inkonsekwent is . . . Ek redeneer dikwels soos 'n ongelowige filosoof, maar ek vang myself dat ek steeds soos 'n kind bid (veral nou die dag met 'n insident met 'n haai in Mosambiek . . . lang storie).
    Dit is 'n misterie sê jy. Ek stem saam! Maar vir my deesdae nie so seer 'n misterie waarom God daai wrede goed in die Ou Testament gesê het nie, maar toenemend eerder 'n misterie of Hy dit gesê het.
    Sometimes religion is a beautiful mystery, sometimes the most ugly form of human creativity. Mag die Here ons help. 


"Julle het gehoor dat daar gesê is:`'n Oog vir' n oog en 'n tand vir' n tand. ' Maar Ek sê vir julle:Julle moet julle nie teen' n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie." "Julle het gehoor dat daar gesê is:`Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat. ' Maar Ek sê vir julle:Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen…”  Matt 5:38-45




het vandag weer van die personeel by Weskoppies verwar
met van die pasiënte – party keer moeilik om te weet wie's wie...

.   .   .   .   .   .   .   .

09/12/2013
 Nog 'n ou het my aangevat omdat ek iets mooi gesê het oor Mandela. As ons die tipe goed sê stel ons hom in die plek van Jesus,  help hy my reg .
   
Hy worry heeltemal verniet! Ek voel eintlik baie sterker oor Jesus. Juis daarom wil ek die mooi in ander probeer raaksien.
    Dit is belangrik om nie net 'n passie VIR Jesus te hê nie, maar ook die passie VAN Jesus . . . en Jesus se passie was mense (hy't sy lewe vir hulle gegee). 
    Die hele idee dat wanneer ons iets mooi van iemand sê, ons hom skielik in die plek van God stel, is soos om te sê ons moet opgewonde wees oor Jesus, maar nie doen wat Hy gesê nie.   

As 'n boom dan aan haar vrugte geken word, is dit sekerlik net so belangrik om te leef sóós Jesus, as om te praat oor Jesus? 
    Wat Mandela uniek gemaak het, was nie dat hy foutloos was nie, maar dat hy lief was vir sy vyande.
    Wat hy gedoen het is nie veronderstel om so uniek te wees in 'n wêreld met soveel Christene nie, maar dit is . . .  
- lees die res van die storie in Beeld

15/11/2013



Onderhoud met Heidi Baker
Ek het Iris Ministries se Villiage of Joy in Pemba, Noord Mosambiek, besoek, onder andere met die oog op 'n onderhoud met Heidi Baker. My enkel was erg geswel en steeds in 'n verband na twee operasies, maar ek kon darem die dokter (en my vrou!) ompraat om steeds te vlieg.

Was nogal iets om by 450+ woes Charismatiese Christene op krukke op te daag (bietjie soos 'n vuur wat uitbreek in 'n brandweerstasie). Laat ek net dit sê: Daar ís vir my voet gebid!  Hulle het meer as een keer op God geskree oor my enkel. Die een ou het gesê sy been het begin spring toe hy vir my bid. “Wrong leg!” het ek 'n grappie probeer maak. (Het dit eintlik baie waardeer. Beautiful mense).

Ek het 'n paar keer met Heidi kon gesels. Sy het 'n ongelooflike indruk op my gelaat. Sekerlik een van die mees fassinerende mense wat ek nog ooit raakgeloop het. ʼn Vreemde wese! Moeilik om te beskryf.

My onderhoud met haar het onder andere gegaan oor Moeder Teresa se invloed op haar lewe, met die oog op 'n artikel oor die ondenkbare ooreenkomste tussen twee mense uit totaal verskillende tradisies: die een 'n Katoliek en die ander so Charismaties as wat jy kry. Ek het gelees en gehoor hoe Heidi dikwels vir Moeder Teresa aanhaal in haar boeke en praatjies...

“We only do what we do for Him, in Jesus, through Jesus, with Jesus, to Jesus. We make ourselves totally available to Him. What joy to give one’s life for love!” - Heidi Baker


 . . ... ... . .. ... .. .. .  .. .. ... . .  .. .

16/11/2013

'n Eerlike vraag is 'n vraag waarvan jy nog nie die antwoord ken nie. Te dikwels vra ons vrae bloot om dit te bevestig wat ons dink ons reeds weet, of om iemand te "trick" - eintlik maar om ons ego’s te voer sê Richard Rohr. As ons besef wie ons eintlik is, hoe klein ons is en hoe deel van alles ons is en bewus word van die grootheid van die misterie, word ons vrae al hoe meer eerlik, want ons is dan toenemend meer "oop" . . . Eerlike vrae is belangriker as goedkoop antwoorde.



At the end of our life, we shall all be judged by charity.
- St John of the Cross
 
 . . ... ... . .. ... .. .. .  .. .. ... . .  .. .

. . . daar is dinge wat nie met ekonomiese krag en politieke mag reggebuig gaan word nie, dit gaan “reg gedien” moet word. Van onder af. Die kerk was selde in die verlede goed met mag, sy is op haar beste ʼn bediende! lees my nuutste artikel oor die Kerk en Mag - in die tyd van Zuma

 . . ... ... . .. ... .. .. .  .. .. ... . .  .. .


09/11/2013


 ek het al elke moontlike sonde gedoen - en ek's nou eers veertig . . .
oukei, ek het darem nie kinders gemolesteer, klein katjies doodgemartel, saam met 'n prostituut geslaap of 'n plaasmoord gepleeg nie (en ek het ʼn energy saving device op my geyser) . . . maar Matt 5:28, 5:22 . . .
#dankietogvirgenade!


.   .   .   .   .   .   .   .

“To children, to the poor, to all who suffer and are lonely, give always a happy smile—give them not only your care, but also your heart." —MOTHER TERESA

.   .   .   .   .   .   .   .
26/10/2013


ʼn Minder godsdienstige belewenis van God
Die Fariseërs en ander godsdienstiges in Jesus se tyd kon God hanteer solank Hy iewers in die geskiedenis was, in ʼn boek of in ʼn tempelboks, op godsdienstige feesdae . . . maar nie ʼn God wat asemhaal en rondloop nie - veral op minder godsdienstige plekke - en allermins nie ʼn kaal God aan ʼn kruis nie.
     Wanneer die godsdienstige instelling haarself begin verkoop as díe een wat op "sekere plekke" en "sekere tye” belewenisse van God se teenwoordigheid vir mense moontlik maak, kry sy skielik ondenkbare mag - g’n wonder politici is dwarsdeur die geskiedenis dikwels saam met godsdienstige leiers in die bed gevang nie.
     Om bewus te leef van God se teenwoordigheid is ʼn baie belangrike saak. Richard Rohr waarsku in sy boek, The Naked Now, dat sonder “belewenisse van God se teenwoordigheid”, die teologie leeg is en eintlik maar net nog ʼn magspel word - in ʼn magsbehepte samelewing.
     Baie gelowige mense beleef ʼn groeiende gaping tussen hulle godsdienstige lewe en die “groter wêreld daar buite”. Hoe ironies is dit nie dat die “godsdienstige wêreld” toenemend gesien word as die “kleiner, begrensde wêreldjie” nie?
     Die gevaar van georganiseerde godsdiens is dat dit God probeer vasvang - "sodat die mense kan kom kyk . . ."
     Jy kan natuurlik ʼn lewe maak uit 'n vreemde wese in ʼn hok. ʼn Mens kan geld maak met God!
     Maar laat ek nou nie weer op daardie band-wagon klim nie . . .
     Die waarheid is dit: God laat Hom nie vang nie! Daai wese in die godsdiens hok, hoe interessant of vreesaanjaend hy ook al mag voorkom, is nie God nie.
     Dit het die Fariseërs en ander "bestudeerders van God" byvoorbeeld erg ontstel toe Jesus se dissipels koring pluk en Hy siekes begin genees op die Sabbat; toe hy saam met sondaars begin uithang; toe Hy nie sy hande was volgens die godsdienstige gebruike van die Jode nie en nie die gebruiklike vasdag hou nie . . .
     Jesus het soveel anders gelyk as dít wat op daardie stadium in hulle godsdienstige hokke was.
     Maar, sou jy met reg kon vra, is dit nie ook waar dat God se teenwoordigheid op sekere plekke en spesifieke tye, sterker en duideliker beleef kan word nie?
     Ons glo tog byvoorbeeld dat die Bybel God se wil aan ons openbaar. Juis daarom sit ons spesifieke tye opsy om die Bybel te bestudeer. Jesus het homself dikwels gaan afsonder op “eensame plekke” om in die natuur te gaan bid. En selfs Paulus sê God openbaar Homself in die natuur (Rom 1:20).
     Alles waar, Jesus self het mense in sinagoges die waarhede van die ou geskrifte geleer, maar volgens Jesus word God ook veral beleef op minder godsdienstige plekke, daar waar mense lief is vir mekaar en omgee vir vreemdelinge en vir weerloses, Hy leer ons dat God ook saam met sondaars eet.
     Wat bly oor? Niks! God is oral.
     Die kerk het soms die manier om die Evangelie onnodig ingewikkeld te maak, veral deur belewenisse van God se teenwoordigheid te probeer skeduleer en formaliseer.
     Vreemde dinge gebeur wanneer mense bewus word van God se heilige teenwoordigheid ook op minder godsdienstige plekke - mense gedra hulleself eenvoudig oor die algemeen beter op heilige plekke.
     Die klassiek godsdienstige byeenkomste en die kerklike kalender kan dien as geestelike katalisators wat poog om hierdie ander groter, holistiese bewustheid te stimuleer. Die kerk word dan meer as net 'n plek waar mense “kan kom kyk hoe lyk God”, sy word 'n gemeenskap wat eerlik saam soek.
      Die groot funksie van die godsdienstige beweging is tog nie om God te probeer vang nie, maar om mense te bevry en te help om te ontdek, dat Hy toe al die tyd nader is as 'n hartklop.
     Paulus en Silas het Hom beleef in die tronk; Petrus het ontdek dat Hy by hom was toe hy in ongeloof begin sink het - selfs toe hy Jesus verloën; Paulus sien Hom tussen die heidene in Athene in die standbeeld van die “onbekende God” en selfs in die gedigte van Griekse skrywers (Hand 17 en Tit 1:12); die tollenaars en sondaars ontdek tot hulle verbasing dat Hy saam met hulle eet - en ʼn bruidegom dat Hy daar is toe sy wyn opraak . . .


... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......


"We're all first-timers at doing life. Teenagers struggle because it's new to them, it is their first time being teenagers" - Jacques Botes



.   .   .   .   .   .   .   .
 08/11/2013

The alternative to the metroman-forJesus/hipster-theology's "Iets look good for Jesus sake" idea, is not to shift to "looking bad for Jesus sake" . . . but not to give a damn!  
- 'cause looks is not supposed to be that important, is it?
(Matt 6:25 . . . )

 .  .. . .  ... . . .   . . ... . ..   .. . ...  . .  .



. . .... .  ... . .. . .... . .   ... . . ... . ... . .


Francois is nie my gelowigste vriend nie, maar hy is baie eerlik - en ek love hom vir dit.



“God is at home, it's we who have gone out for a walk.”
―Meister Eckhart

 
 17/06/2013

Contemplative Christianity seems to be more popular than ever. Everyone is reading about Francis of Assisi (I'm reading Chasing Francis by Ian Morgan Cron - awesome book). There is a new interest in beautiful thinkers like Thomas Merton and Thomas Keating. 
     Important to remember, Contemplative Christianity is not about escaping, but about a simpler life and a deeper awareness - which includes deeper empathy.
     Authentic contemplative Christianity will ultimately take us into the realities of this world, not away from it. It will bring about a deeper awareness - not one more way of escaping reality. The hope is that contemplative life will do to us what it did to St Francis of Assisi. That it will make us better servants, more grounded. But this tipe of contemplation (not the talk of it) is extremely rare in 2013. We simply have no St Francis.

.   .   .   .   .



The queen, for her part, is the unifying force of the community; if she is removed from the hive, the workers very quickly sense her absence. After a few hours, or even less, they show unmistakable signs of queenlessness...—Man and Insects (The secret life of bees)



wees marley, kleinboer, tolstoy . . . selfs moeder t
people who love the alien
- humans -
maar spaar my die praatjies
van "ooms in torings"
en belese geleerdes 

wat ʼn dooie fok voel vir lewendes
wat Jesus nie sal herken nie
al kom hy helder oor dag
reguit op hulle af
en vra vir kos



BEELD se proust vrae hierdie week en my antwoorde . . .



goeiegenugtigggg?! wat's fout met Afrikaanse musiek deesdae 
veral die lirieke?! meeste laerskoolkinders kan paarrym?!

... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

10/01/2013


daar was gate aan die bome
soos spieëls
met hol poorte
iewers aan die agterkant
poorte na ʼn vreemde lig
skitterende moontlikhede tussen takke
soet ronde holtes
van hopeloosheid en hoop

.. . . .... . .. ... . . . ..... . . .... . .. ... . . . ...

. . . en dit was November en amper almal was besnor . . .

.. . . .... . .. ... . . . ..... . . .... . .. ... . . . ...

Gavin in die maksimumeenheid in Weskoppies sê rasissme is amper geen issue daar nie. Toe ons uitstap kom groet 'n paar van sy swart pêlle. 'n Voorbeeld vir die res van die land!

 .. . . .... . .. ... . . . ..... . . .... . .. ... . . . ...

dit was nie asof die liggaam aspris links beweeg as die kop wou regs nie
nie meer nie
teen daardie tyd was dit onwillekeurig
amper soos ʼn stuiptrekking
so random soos konvulsies
onhanteerbaar
amper soos hallusinasies
wild - met skuim om die mond en als

maar elke nou en dan sou die lyf almal verbaas  
en (skynbaar per ongeluk) die regte bewegings maak
en dan
vir ʼn oomblik
sou alles stop
in totale verwondering
dan sou niemand kon raai daar is fout nie
want die liggaam dans saam met die kop
- soos die nek van ʼn swaan met die kop van ʼn swaan of ʼn engel met haar vlerke


 ... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

Te veel kerke bestaan - dalk nie in teologie, wel in praktyk - eintlik maar tot voordeel van predikante of pastore . . .   
... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

Ek wens hulle wil ophou karring aan Jesus. Ek hou van hom soos hy is - thank you very much - al maak hy my party keer bang en dikwels erg ongemaklik, al verstaan ek hom ook nie altyd lekker nie en wens ek party keer ook hy was nie ernstig met wat hy gesê het nie. 

. . . . . . . . . . . . . . . . . . .
jou linkerhand mag nie tweet wat jou regterhand doen nie
. . . . . . . . . . . . . . . . . . .

ʼn Kerktannie is al weer kwaad vir my oor een van my artikels, sê ek hang die social-gospel aan, en sy's reg - die “unsocial gospel” is bietjie “unJesuslike” vir my

 
... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

Die skare het die politikus uit sy kantoor gesleep en in die middel van die pad laat lê. Hulle het gedans en geskree en die pad met stokke geslaan, maar toe hulle die band om sy nek wou sit, het hulle vergeet om die Mercedes af te haal, toe ry hy oor hulle.
... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

Die meeste wonderwerke wat ons hier by ECHO beleef het, het gekom deur God se liggaam. Ons sou byvoorbeeld bid vir ʼn huis en dan het mense dit vir ons gegee - ook ons karre, meubels en die ECHO trok is nie uit die hemel uit gebeam nie. 
- God se gunsteling instrument om mense se gebede te beantwoord is . . . . . mense?!

.. . . .... . .. ... . . . ...
26/09/12
“The poor are always prophetic. As true prophets always point out, they reveal God's design. That is why we should take time to listen to them. And that means staying near them, because they speak quietly and infrequently; they are afraid to speak out, they lack confidence in themselves because they have been broken and oppressed. But if we listen to them, they will bring us back to the essential.” ― Jean Vanier

.. . . .... . .. ... . . . ...





.. . . .... . .. ... . . . ...

17/07/2012
Het gister ʼn onbekende tannie begrawe - ʼn klein begrafnis vol vreemde gesigte. Teen die einde van die diens het die een na die ander opgestaan en met oë wat blink van trane en verwondering verhale vertel van haar goeie hart, haar baie omgee, haar moeite met mense . . . hoe baie dit vir hulle elkeen beteken het. 
Ek kon letterlik sien hoe die mooi goed wat sy op aarde gedoen het nou in hulle voort leef. 
Wat ʼn getuienis - what a legacy - what a way to go!


 .. . . .... . .. ... . . . ..... . . .... . .. ... . . . ...
Hier's sewentig kerke
en die plek lyk glad nie soos die koninkryk van God nie  
.. . . .... . .. ... . . . ..... . . .... . .. ... . . . ...




One is ashamed to say how little is needed for all men to be delivered from those calamities which now oppress them; it is only needful not to lie. - Tolstoy

 .. . . .... . .. ... . . . ..... . . .... . .. ... . . . ...








'n Waarskuwing vir aliens:

hey vreemde wesens
van onbekende sterrestelsels
hou op wonder
ons bestaan!
daar is toe lewe hier buite
 
vrees ons
want as ons julle dalk op een donker dag ontdek
kook ons julle lyfies in potte
en braai julle boude op roosters
voor ons julle bruin uitkak
in die water
en die lug 
van julle heelal
 
maar slaap vir nou maar rustig
in julle vreemde klein wêreldjie
terwyl ons nog sukkel met ons tuigies 

 




no its not chaos, its "organic church" - and I love it




in die hemel sal ons op en af spring en baljaar
as ons hop
sal spokerige wit wolke ons vang
ons, die kleuters van God
met ou bekendes sal ons kamp en surf en braai en luidrugtig drink
en vergeefs probeer onthou van kanker, pedofiele en muskiete
en die voëltjies sal kwetter en die engele sal lag
en Hy sal vir ons kyk
  .. . . .... . .. ... . . . ...


13/07/2012
wonderlike aand gehad by NG-Lynnwoodrif se jeugsaamtrek met jongmense van reg oor die stad: Waterkloof, Garsfontein, Mamelodi, Sunnyside, Pen, Viva, ECHO . . .  - wens dit kan oral so wees. gisteraand @ Sesmylspruit, vanoggend saam met dominees van Oosterlig  . . .  - beautiful people all around. hierdie naweek 'n begrafnis(!) en praat by 2 groot events @ Youth Fest - Hatfield Portuguese Ministry en hoop om draai te maak by Viva se Art Festival in die plakkerskamp - besige tye!

... .. . ..  ..... . .. ... ..... . . ..   ... ..   .. . ......
was vanaand by New Beginning - 1200 mense woon saam in 'n stok ou tronk in Boksburg - die mooiste kerk wat ek in 'n lang tyd gesien het. vanaand wonderlike tyd gehad saam met hulle jongmense en die advokaat & landros wat die byeenkomste reël, ek het nog soooo baie om te leer
... .. . ..  ..... . .. ... ..... . . ..   ... ..   .. . ......

 
Gebed van die godsdienstige rassis 

O God wat my aanbid
dien my en my volk vandag
hou ons veilig
bewaar tog ons besittings en ons trots
laat ons nie aan groot stukke vleis verstik
lei ons op ons paaie en by die werk en by die kerk
gee ons vandag ons daaglikse gemak
vergewe ons ons haat
verstaan ons bitterheid
voel ons kwaad
donder tog die donker skelms op
- en stuur asseblief volgende keer iemand meer geweldadig as liewe Jesus
om U naams ontwil
Amen




Die kerk mag nooit die plek wees waar jongmense net gewaarsku, gepaai en vermaak word nie. Die evangelie is baie meer opwindend as dit! Dit bewaar nie net nie, dit beweeg! 
Jesus het nie gekom om ons in te perk nie, maar te bevry - nie net om ons te beskerm teen die wêreld nie, maar juis om ons  in die wêreld in te stuur. Die wêreld is so min die vyand van die kerk as wat die see die vyand is van vissermanne.
Wanneer ons praat oor jeugbediening, waarna streef ons? Jongmense wat getrou inskakel by kerkaktiwiteite, nie rook en drink nie, nie rondslaap nie, uitblink in sport en hulle huiswerk doen?! Dit is alles mooi en goed, maar ek dink ons is tevrede met te min.
'n Passie vir Jesus is nie genoeg nie, dissipelskap impliseer dat ons ook die passie van Jesus sal hê.  As ons nie by Jesus aansteek en sy passie ons passie word nie, mis ons die punt en loop ons die gevaar om meer soos "jappie-christen-skrifgeleerdes" as soos Jesus te lyk. In die hart van die evangelie is die oproep om soos Jesus, ook ons lewens te gee vir 'n stukkende wêreld. 
Die wêreld het meer as net 'n klomp soet jongmense nodig. Wat ons nodig het is dapper vredemakers wat die donkerste gate van hierdie wêreld sal opsoek om juis daar 'n lig te wees. Jongmense wat weet wat liefde is - en wat liefde kan doen.
Die evangelie wat ons aan jongmense verkondig is net vervelig as ons nie die hele storie vertel nie. 
Mense wat na Jesus geluister het, was of ontsteld of verwonderd - nooit verveeld nie.

... .. . ..  ..... . .. ... ..... . . ..   ... ..   .. . ......

19/05/2012 23:00
Het vanoggend amper die kar omgegooi toe ek teen ’n lamppaal in Duncanstraat sien daar staan iets oor "daardie blog post" van my op 'n Beeld-plakaat. 
Was glo ook in Burger in die Kaap - waar mense nou eers kwaad is vir my. 
Die Burger het letterlik net die deel waar Tony Campolo vloek, en die laaste paragraaf waar ek vloek, ingesit - alles in die middel uitgehaal! 
Met ander woorde, net ’n erg verskraalde artikel, uit Neels se artikel in Beeld, oor my blog post, is geplaas. 
Nou lyk dit nog erger. . . ai toggie. 
Ek het geen probleem met kritiek nie, maar sou graag wou hê dat die wat nie saam stem nie, die ding ten minste een keer self kon lees - kritiek is fine, ek haat dit egter om mis verstaan te word. 
But what to do? (Hoop maar weer die Here slaan 'n reguit hou met 'n krom stok) 

- ten minste was vandag alles behalwe boring!


 
... .. . ..  ..... . .. ... ..... . . ..   ... ..   .. . ......

mag silhoeëtte kom drink
waar geel gedrogte hang
mag die wind hier huil
en mag alles skielik stop


... .. . ..  ..... . .. ... ..... . . ..   ... ..   .. . ......
bedien more 05h00(!?!) nagmaal by 'n mannegroep; 06h00 Echo bid-aksie; 07h30 praatjie by hoërskool - en ek is nie ’n oggend mens nie
... .. . ..  ..... . .. ... ..... . . ..   ... ..   .. . ......


Ek was saam met een van ons seuns op die begrafnis van sy ma. Dit was die eerste keer in baie jare dat hy naby haar was.
   In graad drie het sy gereeld met hom seks gehad.
   Sy pa was ʼn bietjie van 'n teleurstelling. ʼn Verrimpelde armblanke oompie met 'n snor - glad nie die monster wat ek my voorgestel het nie. Hy en sy vrou het destyds in die tronk gesit vir wat hulle aan hulle eie kinders gedoen het. Sy suster was ook daar (die enkele kere wat sy die afgelope paar jaar kom kuier het, wou sy elke keer by hom geld "leen").
   Hulle was vriendelik met hom en hy met hulle. Hy was eintlik heel oukei. Ek het ʼn groter issue met die hele affêre gehad as hy.
   Ons was nie by die after-party nie - ek het sommer vir ons McDonalds gaan koop.


elke oggend vlug ek
van die vryheid van my drome
na ʼn wêreld van swaartekrag
en onmoontlikhede


TIENERS MET PROBLEMOUERS (re-edited, dumbed-down version)
Vergewe my as dinge hier 'n bietjie kras raak, ek is waarskynlik nie baie objektief nie en het heel moontlik ietwat van 'n skewe beeld - mense kom klop nou nie eintlik hier by ECHO aan om te brag oor hoe wonderlik ouers na hulle kinders kyk nie . . . 


... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

One can insult an honest man or an honest woman, but to tell a thief that he is a thief is merely la constation d'un fait   - Leo Tolstoy


 20/05/2010
Dis genade dat drome nie waar word nie:
 As onskuldige laerskool seun het ek gereeld gedagdroom. Aanvanklik was dit heel onskuldige drome. Ek onthou hoe ek heel aan die begin van my laerskool loopbaan gedroom het dat ek eendag as ek groot is, 'n honderd lucky-packets gaan koop en dit alleen in my huis gaan sit en oopmaak, of ʼn hele emmer Kentucky by myself opeet.
     Ek het ook besluit dat ek eendag baie ryk gaan wees en ʼn hele lot van die game-masjiene wat in die kafees staan, in my eie sitkamer gaan hê – en dan elke aand na werk, speel ek en my vrou tot in die vroeë oggendure Pac-Man, Space Invaders en Street Fighter!
     Later het my drome minder onskuldig begin raak.
     Ons asbes laerskooltjie se atletiekheld was heelwat ouer as ek. Hy het om een of ander rede niks van my gehou nie en my gedurig voor die ander kinders geboelie en verkleineer. Die ou bullebak was dan ook die hoofkarakter in baie van my minder onskuldige drome.
     Ek het byvoorbeeld in my geestesoog gesien hoe ek twintig jaar later ʼn body-builder is, met ʼn Kung-Fu agtergrond. Ek loop hom een aand raak in ʼn stil donker stegie. Hy herken my nie. Vir ʼn paar oomblikke kyk ek hom vreesloos stip in die oë. Hy word bang en soek verskrik rond. Daar is niemand om hom te help nie. Dit is net ek en hy. Ek gryp hom om sy nek en gooi hom op die grond neer en terwyl ek sy neus in sy kop inslaan sê ek: “Onthou - jy – wat – jy – gedoen – het – toe - ek – in – standerd – een – was?!” en dan huil en soebat hy dat ek hom asseblief nie verder moet seermaak nie.
     Ek het ook gedroom dat ek eendag vyf keer ʼn dag, op sewe verskillende maniere, seks met my vrou gaan hê. Ook maar goed drome word nie altyd waar nie…
.. . . .... . .. ... . . . ...




11/06/2011
Sy is ʼn enkelma met twee kinders. Elke oggend staan sy vyfuur op om die bus te haal. In die aande kom sy eers na ses by die huis. Geen mediese fonds. Sy vrees die dag dat een van haar kinders ernstig siek word. Daar is nie geld vir mooi maak en ontspan nie. Alles vir die kinders. Sy is ʼn wonderlike ma, ʼn eensame vrou, ʼn engel, maar meeste mense sien net ʼn ousie.


.     .      .
It is terrible when people do not know God, but it is worse when people identify as God what is not God. - Leo Tolstoy
.     .      .

Greatest racial divide of the week here in South Africa: 
Sundays, between 09h00 & 10h00
By 11h00 things start to settle down a bit again . . .



oop en vry soos ʼn kruis
meer soos vlerke as soos kerke
leeg en lig
meer soos vrede as soos werke
wat sweef na buite
en wegraak op die gees se wind
tussen herfs se ligte blare
stof en stere
en hierdie eienaardige nuwe vorm van lewe




.   .   .   .   .   .   .   . 
SKRYWERS SKRYF
. . . . . . .

SLEGS GELOWIGES KAN TWYFEL
. . . . . . .

“What do I think of Western civilisation?" 
"I think it would be a very good idea.” - Mahatma Gandhi



16/03/2013
is ons die Indiese spreeus wat die duiwe en die mossies verjaag

wat raas as die pasiënte in Eugene Marais wil slaap

wat  op dokters se karre skyt - en nou en dan ʼn karwag se kop

is ons die aliens oor wie bygelowige Zoeloe kinders honderde jare gelede reeds nagmerries gehad het 

of is ons die brandweermanne wat net ʼn vuur wou blus 

maar toe (per ongeluk) ook die enigste lig?


... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

was late last night at our new Centurion house - realized how many dreams came true in the past year - what a motivation to dream on. feel so blessed in so many ways. our greatest effort totaly minute compared to the enormity of the need on the ground though - showing many kids away every week. it really sucks. constant feelings of guilt. new houses full even before we start. always these mixt emotions of gratitude and guilt. we're all a bit spiritually-bipolar I guess!  
#echo_community

                                                .   .   .   .   .   .   .   .

As daai outjie by die fakulteit daarop aandring dat jy hom doktor noem, doen dit maar – en bid vir sy fragile ego. Dieselfde vir jou dominee en pastoor. Shame man! 
- Jesus het afgekom aarde toe, dalk moet 'n paar van sy gesante dit ook probeer? 
#watsetwakisditdie
(lees niemand meer Matt 23:6-12 nie?!)



09/05/2015
some say truth is black and white, 
it may be . . . but I think love is grey
(or
multicoloured!
... . . . . .. . . .. .
for example:
The TRUTH is you and I don't deserve grace,
but we still get it!
(get it?)


14/04/2010
Julius Malema is te veel soos PW Botha en te min soos Nelson Mandela. Ek moet bely, ek is nie mal oor hom nie - hy klink te veel soos my Vrystaatse ooms om die braaivleisvure wat almal in die see in wou jaag... Enige vorm van nasionalisme lyk vir my na 'n narsistiese oefening van selfbevrediging. Maar nou noem ons onsself Christene, volgelinge van Jesus . . . what to do?
Lees my artikel vanoggend in Beeld:
Die Malema dilemma - Beeld 14/04/10

 
22/03/2011
Gisteraand moes ek by ʼn plek praat en toe onthou ek weer van die lesse wat ek geleer het op ʼn  roeitrip - en toe besef ek, ek moet seker iets daaroor skryf . . .  

Daar was nog altyd hierdie ding in my wat wil vry hardloop. ʼn Paar jaar gelede - toe ek dit nie meer kon hou nie - besluit ek om seetoe te roei: die Vaalrivier tot by Douglas en van daar af die Oranje tot by die see. Dit was ʼn naïwe poging. Daar was nie veel tyd vir fiks word nie, ek was eintlik heel onervare en ek het met die goedkoopste toerkajak wat in Suid-Afrika vervaardig word geroei.  Dit was wonderlik, beautiful . . . en dit was tough. Die hele trippie seetoe het meer as ʼn maand gevat.

 Daar was veral 2 groot uitdagings - en 2 groot lesse:
 
1)    Stilte. Dit was ʼn solo trip - 32 dae se stiltetyd. Soms was daar interessante mense langs die water saam met wie ek kon oornag, maar die meeste van die tyd moes ek iewers alleen op ʼn sandbank of eiland slaap. Ek onthou volle dae wat ek nie ʼn enkele mens gesien het nie. Geen iPod, geen radio, net ʼn selfoon ('n  Nokia 3210, sonder musiek en dit was voor selfone op die internet kon gaan) - daar was soms vir dae aan een geen selfoonopvangs.
Die geestelike kant van die toer het sy eie uitdagings gehad.
The most difficult journey, is the journey inwards.
In die stilte moes ek myself face. Dit was aanvanklik meer goed as lekker. Soms het ek soos ʼn mal ou hardop met myself gepraat, later het ek geleer om die stilte te embrace. Ons het stilte meer nodig as wat ons besef. Daar's goed wat in stilte gebeur wat moeilik is om te beskryf. ʼn Ware misterie. Dit is assof jy God diep in jou hart voel praat, sonder woorde.
 
2)    Hindernisse. Damwalle, strooversnellings, watervalle, groot afstande . . .  Daar is niks erger as wanneer ʼn rivier verander in ʼn dam nie, skielik moet jy roei sonder die hulp van die stroom en jy weet iewers voor lê daar ʼn damwal en jy gaan of jou kajak moet omdra, of teen die wal moet afsak met ʼn tou. Dieselfde met watervalle – waarvan daar gelukkig min was.
Ek het egter gou agter gekom dat die grootste geveg eintlik nie teen die hindernisse is nie, maar teen myself. Daar was elke keer hierdie ding in my kop wat ek moes wen.
My lyf sou gaan waar my kop sê - maar my kop was lui en bang en moeg . . . 
Later het ek ontdek dat hoe meer onmoontlik die hindernis lyk voor die tyd, hoe groter is die vreugde na die tyd. Ek het geleer om ʼn oorwinning oor ʼn hindernis te vier – deur ʼn klein dansie uit te voer of ʼn energybar te eet.
Ek het ook geleer om met hindernisse te praat. Ek sou byvoorbeeld vir ʼn damwal vertel van al die ander damwalle wat ek al oor is; en ʼn groot stroomversnelling van ander white water wat ook probeer het om my bang te maak.
 
Hierdie uitdagings is nie uniek aan ʼn roeitrip seetoe nie - net bietjie moeiliker om te fokus hier in Suburbia. 
Omdat ek nie vriesgeriewe gahad het nie, was ek redelik afhanklik van vis om die two-minute-noodles af te wissel. Nodeloos om te sê, ek was redelik dik vir vis toe ek uiteindelik in Alexanderbaai aankom. Vriende van my het my deur die nag terug geneem na Pretoria.
Die eerste aand terug by die huis het Marina vir my ʼn verrassing: Sushi vir aandete!






Ek glo God is ʼn goeie God, maar ek verstaan Hom nie. Goed soos, waarom Hy toelaat dat ʼn hottentotsgot wyfie haar man se kop afbyt net na seks, pla my.  Ek voel dom. Maar vir nou hou ek tussen al die misteries vas aan die beeld van God wat Jesus ons gee. Dis asof Jesus kom sê: moenie dink net omdat jy nie alles van God kan verstaan nie, dat jy nou skielik niks van Hom kan verstaan nie. Daar is so baie van God wat buite ons bereik is, maar dalk is die bietjie info wat ons wel kan verstaan via Jesus goenoeg vir ʼn leeftyd? Iemand het eenkeer gesê dat die goed wat hom die meeste omkrap in die Bybel is nie so seer die goed wat hy nie verstaan nie, maar eerder die goed wat hy wel verstaan.





15/08/2014

Om swaar te trek omdat iets slegs gebeur het, in moeilike tye, is een ding. As jy bietjie af is, want jy is heeltemal platsak, hartseer, want jou ma is dood, jou hondjie is raakgery of jy is moedeloos want jy skryf byvoorbeeld more eksamen.
    Maar daar is 'n erger vorm van swaarkry. 
Wanneer jy down is terwyl dit oral om jou eintlik heel goed gaan. Wanneer jy baie het om voor dankbaar te wees en jy voel steeds crap - jy het genoeg om te eet maar word nie versadig nie.     
    Twintig jaar gelede sou jy nie kon glo dat dit eendag so goed sou gaan met jou nie. Maar dis twintig jaar gelede, nou jaag jy nuwe groter goeters na.      
    While winning the rat race your mind suddenly opens, one day, and all you see is rats - even in your own little mirror.
    Hopelessness, a luxury of the fortunate.
Affluenza, what a beautiful, impressive disease.    

   
    it can steal the beauty from the rising sun 
    the sung of the morning bird
    to the setting sun 
    the night fowl’s song  
    die hele lied vir die 
    vollemaan



Vanoggend het ek amper verdrink. Na 'n halfuur se gespook het die branders my 'n kilometer verder op die rotse uitgespoel. Ek het vir ʼn ruk lank net daar op die sand gelê en kots en bewe, te moeg om op te staan.
    Twee vriendelike ouens het my kajak gekry waar dit uitgespoel het op die strand. Die visstokke was nog vas aan die boot. Marina is kwaad omdat ek op die rowwe see in die mis gaan roei het. Sy sê iemand met twee klein kindertjies is veronderstel om meer verantwoordelik op te tree. Sy moes glo al te veel kere planne in haar gedagtes maak vir die dag as ek nie terugkom nie.
    Ek het vir 'n hele ruk in 'n warm bad gaan lê, die vreemdste gevoel het oor my gekom. Daar is niks soos ʼn nabydood-ervaring om ʼn mens weer lewendig te laat voel nie!
    Die see bly die mooiste plek op aarde (sy's die wildste wese wat ek ken).


'n paar gedigte en stories

 


32 DAE SOLO SEETOE ROEI

Jaco strydom ECHO Jeug